Moet nie Merimnate wees nie!!!

pp

Hierdie wêreld van ons is gevul met soveel dinge wat ons kan oorweldig dit veroorsaak vrees, verdeling, hartseer en tonne ander dinge net om jou ‘n idee te gee. As jy jou eie lewe onder ‘n vergroot glas-lens plaas om bietjie dit te ondersoek, kan jy dit sien, wanneer jy ‘n sy stap kant toe neem en dalk vir ‘n slag met ‘n wye hoek kyk na wat ander van jou dalk sien sal jy gou agterkom jy kan dit self ook sien. Jy hoef nie ‘n geleerde persoon, ‘n politikus, of ‘n neurochirurg te wees om dit te kan opmerk nie. Solank as wat jou oë en hart is oop, sal jy alles wat verkeerd, ontstellend, of angswekkend en uitdagend is sien.

As ons hierdie angs toelaat sal dit in beweeg en ons versmoor, deur die verloop van slegs een dag, kan ons dan ten minste tien dinge sien wat jou angstigheid laat groei:

Let wel: vir my kan ‘n dag my verteer met angs deur die volgende:

  • Om ons vier Luche (13), Hanlu (9), Elune (3)  by die deur uit te kry elke oggend teen 7: 05- wat selde gebeur, die meeste dae is ek gelukkig om dalk weg te trek by 07:20! Daar is meeste van die oggende nie ‘n massive tyd issue nie tog, hoewel ek dit weet, is dit nog steeds veroorsaak dit soveel angs, en dan begin my dag met ‘n edgy gevoel en dit is nooit goed nie.
  • ‘n Onverwagse negatiewe teksboodskap kan my ook omkrap of soms laat rattle
  • Die opmerking van ‘n individu of klient wat nie tevrede is met ‘n diens wat ek gelewer het, of dalk produk wat ek verskaf het kan my laat wonder oor hoe ek besigheid doen of laat dink oor hoe ek sake hanteer wat op my pad kom daagliks.
  • Onverwagte vergaderings | afsprake maak my soms benoud.
  • ‘n Oproep of e-pos van die baas: “Ek moet jou sien in my kantoor dadelik”. sjo-sjo
  • Wanneer die skool skakel en daar iets fout is met een van die kinders, maar ek nie daar wees binne 10 min nie.
  • Om oppad huis toe, te wonder of almal ‘n goeie dag beleef het want dit kan die hele aand se “vibe” beinvloed, jy weet mos nie almal se dag kan elke dag awesome wees nie.
  • Die groot vraag: Wat eet ons vanaand?
  • Die oopmaak van rekeninge, maak nie saak of die dokument moet aflaai op my iPad nie en of ek die mes soek om die koevert te open nie..seez!
  • Dan die nice een: Slaap – gaan ek slaap?

Hierdie is net ‘n blik op sommige van die dinge wat my kan oorweldig daagliks en dit maak my soms angstig ! Ek is op ‘n punt in my lewe waar ek glo dat ek worry my lewe weg en die lewens van ander rondom my deur bekommer te wees oor dinge wat ek nie eers kan verander nie.