Hoekom ek kan kies…?

hoekom_ek_kan_kiesDaar is hierdie teologiese konsep genaamd vrye wil. Ek praat nie oor die vroeë 90s somer lokprent treffer oor ‘n walvis genoemd “Free Willy”. As jy egter die fliek gesien het, het jy waarskynlik daarvan hou. Ek dink ons maak en geniet stories oor vryheid as gevolg van iets wat God in ons harte geskryf het. Ek glo dat God die mens geskep het met die vermoë om keuses wat uitkomste het te verander. Abraham het gebid en Lot se familie is gespaar. Saggeus het in ‘n boom geklim, en Jesus het na sy huis vir die aand gegaan nie net om daar te gaan eet nie maar ook om deel te vorm van sy lewe vir ewig, terwyl Saggeus dalk net gedink het aan die ete. Adam en Eva het van die verbode vrug geëet en ontketen dan so doende die wet van die sonde en die dood.

Ek is amper 34 jaar oud, en ek het op ‘n paar realisasies oor keuse afgekom. Wanneer ek eendag sterf (want ons almal gaan-hou nou maar van dit of nie), sal my lewe op aarde grootliks (maar nie heeltemal) bestaan uit keuses. Sommige sal die keuses van mense om my wees, maar die meeste sal myne self wees. Die weefsels in my liggaam sal leidrade los dan oor wat ek gekies het om te eet en hoe dikwels ek besluit het om die dissipline van oefening toe te gepas het.

Die resultate van my loopbaan sal dan wys wat ek besluit het, was betekenisvol en belangrik in die wêreld. Die vertroue en geloof van my seun en twee dogters sal ‘n verhaal vertel van hoe dikwels ek my eie wil oorgegee het aan God of verdubbel op my eie gevoel van perfeksie en beheer. Die woorde van mense wat na my begrafnis toe sou kom sal die geheime prysgee oor die vraag of ek gekies het om my doel elke dag uit te geleef het of eerder na gewildheid gestreef het. My keuse om Jesus Christus as my Verlosser en Salligmaker te gemaak het sal dan al hierdie keuses beinvloed en dit sal bepaal waar my siel dan op daardie dag sal wees. (Asook vir ewig)

Ek sê nie dat ons keuses wat ons maak die enigste krag aan die werk is in ons wêreld nie. Nee, dit sou ons God gemaak het dan. Terwyl God dikwels deur ons werk, werk Hy ook op ‘n manier wat ons nie natuurlik kan verstaan nie. Ons veg teen die donker magte van die lug wat God probeer teenstaan en ons goddelike keuses ook dan teenstaan. Dit is die rede waarom keuse anders is as beheer. Regte keuses waarborg nie die gewenste uitkomste nie. Dit sou beheer word. God verstaan dit ook.

God kan nie fouteer nie, maar tog is daar so baie van die mense wat Hy liefhet wat Sy betaan ontken. Hoekom? Omdat Hy ‘n liefdevolle risiko op Homself geneem het en vir ons die vermoë gee om self te kies. As Hy nie gedoen het nie, sou ons almal in Hom geglo het en presies gedoen het wat ookal Hy van ons verwag het. Tog, as gevolg van sy uitvinding van keuse, kan ek nou self te kies, of ek wil glo in dit wat ek nie kan sien nie. Deur dit te doen aktiveer ek my geloof, en die Woord sê, sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.

Miskien is dit hoekom God die vryheid van keuse in my lewens verhaal toegevoeg het. Dalk is dit die almagtige God van Hemel en aarde dan aan ons keuse stel met die bedoeling om ons geloof moontlik te maak, en dan so doende skep hierdie geloof ‘n wedersydse verhouding met Hom wat dit geloofwaardig maak, en veroorskaak die geloof in Hom ‘n verhouding wat maak dat ons nader aan Hom wil wees. Eerlik, ek weet nie vir seker nie, maar ek kies om te glo dat God net die beste vir my wil laat gebeur en dat Hy my lief het soos ek is met al my tekorte en foute.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s