Wat ‘n Voorreg.

public-speaking-e1391765962528Ok so hier sit ek toe en wonder:

Ek het die voorreg om saam met baie gesiene mense die afgelope 4 dae te spandeer, gesiene mense ja dalk nie bekendes in die sin van sien mamma hiers daai oom en tannie van die huisgenoot nie nee nee, manne en vroue wat deur die storms van die lewe is, party nog steeds in storms en anders reeds deur dit.

Dit is manne en vroue wat Sondag vir Sondag die preek stoelle in Suid Afrika beman, die letsels van die lewe wys op elkeen se gesig en party loop selfs stadige as ander maar tog het ons almal dieselfde doel en gesamelike liefde wat ons aan mekaar bind en dit is die liefde vir God. Jesus wat ons eerste lief gehad het en nou ons lewens op die altaar plaas om die roeping wat God in elkeen van ons geplaas het in te volhard.

Ek en my liefde in my lewe, altans my lewe, sonder haar is die lewe nie kleur vol nie. Ons is seker so met 10 jaar average agter enige ander paartjie hier as dit kom met ouderdom en is nie seker hoeveel met die bediening nie, maar ons het ‘n passie om te leer en om te doen wat ons voel God ons in lei om te doen.

Ons voel bietjie eenkant van die groep, want dit is ons eerste keer dat ons deel is van so groot groep, hier is predikers van bykans reg oor die land bv: Kroonstad, Piet Retief, Ermelo, Bronkhorstspruit, Fogville, Springs net om jou ‘n paar te noem. Dit is voorwaar ‘n reuse voorreg is dit nie? die hoeveelheid wysheid en ondervindings in hierdie groep van omtrent 35 mense is verstommend.

 

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s