Jy kan leer om gelukkig te wees.

om_gelukkig_te_weesJesus gee ons nuwe betekenis aan ons lewens, daarom durf ons nie met lang, suur gesigte rondloop nie.

Soos ek al voorheen genoem het ons elkeen het ‘n keuse, ‘n keuse om die lewe van die vreugde en genotvolle kant te benader of om onvergenoegd en ontevrede te wees met jouself en almal deel te maak daarvan wat met jou in aanrakking kom.

Ek het die voorreg om deel te wees van ‘n groep Pastore, seker so 35-40 kerke sin en ek en my vrou is by vere van die jongstes hier, maar om te sien wat elkeen doen en net waar te neem is vir my ‘n belewenis. Daar is van hulle wat net vroom optree die heeltyd, sonder om te besef dat mens die plastiek aanplaksel kan sien nie.Dan is daar ander weer wat hulle self skaars maak, jy sien hulle bykans net as ons eet en dan verdwyn hulle, ek dink ek moet julle dalk meer in detail bietjie vertel van die groep mense in my volgende “post”.

Jy sien ons gee so maklik ook eksterne faktore die skuld vir ons droefgeestigheid, maar eintlik leer ons dit self aan. Kom ons begin om dankbaarheid aan te leer, om te leer om jou seeninge te tel, en te onthou dat Jesus graag wil he dat ons blymoedigige kinders sal wees. Selfs al was Sy lewe nie maklik nie, was Hy tog altyd opgeruimd.

Die vreugde wat in Hom is, wil Hy dus ook in ons raaksien. Gaan kyk bietjie wat staan in Johannes 15:11.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s