Ek kies dissipline oor Spyt..!

career-mistakes-you-will-regret-672x372Probeer gou dit saam met my. Dink gou na oor waar jou gebeds, fisiese, finansiële, of gesinslewe is tans. Nou goed dan, dink dan nou oor waar wil jy wil hê moet dit wees. Wat is nou tans in die middel van die twee gedagtes? As jy normaal is let wel, dan is daar ‘n gaping. Dit is dieselfde gaping wat ontstaan wanneer ons buitekant van ons voorkoms of lewe nie ooreensetm  met ons binnekant nie. Die gaping wat veroorsaak word tussen die wete dat die waarheid en die integrasie van die veranderinge wat ons nodig het in ons normale leefwyse met ander woorde; Die gaping tussen dissipline en spyt.

Toe my oudste dogter sewe was, het ek die voltydse bediening genader vir ongeveer 10 maande. Ek wil wel noem dat dit vir my ‘n droom was wat waar geword het want toe kon ek al my energie en dryfkrag daarin stoot want dit was nog altyd vir my belangrik om die bediening my lewe te kon maak maar wat ek nie besef het op daai stadium [dadelik] nie was dat my “werk” bediening my weg gedryf het van myself om sodoended ‘n deel van my lewe wat baie meer belangriker was as my werk as ‘n pastoor: my gesin. Wegdryf is die teenoorgestelde van dissipline. Om niks daaraan te doen sou gewees het om die spyt van nog ‘n prediker net die statistiek van nog ‘n “Pastorie Storie” te gekies het.

Ek het nie wakker geword elke oggend met die gedagtes, “Ek wil ‘n slegte pa/man wees nie.” Maar, ek het ook nie wakker geword elke oggend en besluit om die gaping toe te maak in die vervalling van waardes as pa/man te vul nie. Ongelukkig het ek nie die beste storie om te verstel omtrent dit nie, want ek sou graag wou sê dat ek die beste rol model pa/man wou wees, maar ek het met spyt dit te laat agtergekom. Basies toe ek ‘n besluit neem om my vrou en my kinders eerste te stel het ek ‘n massive prys betaal, die kostes was meer as wat ek ooit sou wou betaal maar danksy God se genade het ek dit agter my gesit en kan ek nou 6jaar later, eerder dissipline kies bo my spyt. Ek het besluit om elke week iets te doen vir die res van my lewe om te minste een ding individuel te doen saam met al drie my kinders en my vrou. Dit mag dalk ‘n ete, ‘n briefie, ‘n woord van bemoediging of selfs ‘n storie wees wat ek saam hul kyk, maar beslis moet dit iets wees wat vir my uit my pad uit moet wees. Hoekom? Want dit is moeilik om in hul lewens betrokke te wees/bly as ek net saam vloei in die lewe sonder om my rol as pa/man vol te staan teen die stroom.

Spreuke 25:28 BD spel dit mooi uit Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ’n groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek.

Vandag is al drie van my kinders lief vir Jesus en is lief vir die kerk. Hulle stem nie noodwendig saam altyd dat ons so baie tyd by die kerk spandeer nie maar hulle is nog almal jonk en ek wil nie die kerk as ‘n verskoning gebruik dat ek te besig is vir hulle nie, so ek is dankbaar die Heilige Gees geïnspireer en bemagtig my om dissipline oor spyt te kies.

Iets om oor te dink: Waar is die leemtes in jou lewe? Wat se dissipline is die Heilige Gees besig om jou in te lei om ten einde die veranderinge wat nodig is te maak?

Advertisements

Ek Kies Belangrikheid oor Dringendheid

Wheeland Photography www.wheelandphotography.comWat is die belangrikste dinge in die lewe?

Wanneer jy hierdie vraag hoor, kom daar sommer ‘n paar dinge maklik na vore: God, familie, ‘n waardevolle bydrae tot die wêreld om jou, en dit is net om drie dinge te noem. Ons kan almal ‘n lys vorm en dit ook nog redelik vinnig – maar hoe dikwels kom ons lyste ooreen met die wyse waarop ons ons tyd bestee?

Stel jou voor jy vertrek op ‘n “road trip” wat jy al vir jare oor droom. Die reistog sal ongeveer 15 ure neem, en jy is gereed en super opgewonde oor dit. SO nadat jy al 15 ure op die pad is en dink die einde is nou baie naby, besef jy met eens jy het die pad ooste in plaas van die weste ingeslaan en dat jy jouself nou op die verkeerde plek bevind, en nou is jy baie verder van die “regte plek” af as wat jy ooit bestem het om te wees. Die bestemming was belangrik vir jou, maar omdat jy toegelaat het om jou aandag te laat aflei het jy die afrit gemis op hierdie kritieke rigting waarin jy tans beweeg.

Dit is ‘n seldsame “road trip” storie, maar dit is ‘n algemene lewensverhaal. Ons weet waar ons moet gaan, maar ons laat ons so maklik afgelei deur wat onmiddellik voor ons is dat ons dit mis, wat mis? die “onramps” en “offramps” op die regte pad waarop ons beweeg in die lewe. Ons kies om op te tree op die dringende en onbepaald verplaas ons die belangrikste.

Nou is die beste tyd om aksie te neem om die drang van afleidings te verjaag en dit teen te staan met alles binne jou. Miskien is dit tyd om terug te sny of neem ‘n breek van sosiale media dalk?. Dit is altyd ‘n goeie tyd om op te staan in die oggend om God se Woord te lees ALTYD. Miskien moet jy vir jou mede-werkers sê dat jou familie kom eerste, sodat jy duideliker grense tussen werk en lewe te maak. Miskien is dit nodig dat jy jou geld wat jy so mooi en versigtig belê in die markte van die wêreld sisteem dalk eerder nodig het om te verander en te belê in verhoudings van die mense naby jou die mense wat jou ondersteun en jou aanvaar vir wie jy is, om eerder tyd te spandeer in die dinge wat die lewe mooi laat lyk en voel. Wat dit ookal is, maak die belangrikste weer ‘n dringendheid, en maak eerder die verandering vandag as om nog ‘n week, maand of jaar so aantehou en jou moeg te maak vir wat?

Neem Aksie: Wat is die belangrikste ding in jou lewe vandag wat die minste aandag van jou geniet? Wat dringende (maar nie belangrik) ding is besig om te veel tyd van jou aandag te steel? Wat se stappe moet jy in plek sit om die draai te verseker? VANDAG!

Doelwitte Strek jou geloof

Elke keer wanneer jy ‘n doel vir jouself stel, sê jy, “Ek glo dat God wil hê ek moet dit doen deur ‘so en so op hierdie datum,” en dit is ‘n verklaring van jou geloof in die saak.

As jy ‘n groot doelwit stel vir jouself, sal God op ‘n groot manier deurbraak bewerkstellig. As jy ‘n medium-grootte doelwit stel, sal God in ‘n medium manier deurbreek. As jy ‘n klein doelwit stel, dwing jy God om op ‘n klein manier deur te breek vir jou.

So nou weet ons mos. Dis eintlik eenvoudig ons kan nou self sien hoe grooter die doelwitte hoe sterker of grooter is jou geloof. Die wyse waarop jy jou doelwitte stel bevestig hoe jy God vertrou, maar hulle is ook verklarings van hoeveel jy God vertrou onthou dit. In die Bybel sê Jesus self: “Laat dit dan wees volgens jou geloof” Mattheus 9: 29b.

doelwitte

Dit beteken dat as jy dan geen doelwit vir jouself gestel het nie dat daar na regte geen doel is wat kan verstrek nie. Met ander woorde, as jy nie ‘n doelwit stel nie, het jy reeds ‘n doelwit, en die doelwit is om dieselfde te bly.

Sien dis hoe dit werk:

  • As ek jou vra, “Wat is jou doelwit ten opsigte van jou gesondheid?,” en jy sê: “Ek het nie een nie,” dan is jou doelwit om dieselfde te bly.
  • As ek jou vra, “Wat is jou doelwit ten opsigte van jou persoonlike verhoudings?,” en jy sê: “Ek het nie een nie,” dan is jou doelwit mos dat jou verhoudings met die waarvoor jy lief is nie gaan beter raak nie, maar wel dieselfde gaan bly.
  • As ek jou moet vra, “Wat is jou doelwit vir jou finansies, en hoe gaan jy jouself uit jou skuld kry?,” en jou antwoord is: “Ek het nie een nie,” dan is jou doelwit mos eenvoudig, jy hou van finasieële druk en wil dan in die skuld bly.
  • Dan ook selfs as ek jou vra, “Wat is jou doelwitte vir jou loopbaan of jou besigheid?, en jy sê:” Ek het nie, “dan is jou realiteit dat jy net soos dryfhout saam in die stroom van die lewe vloei en tevrede is met die normale loop van die lewe.

Dis hoekom die Bybel ons leer om vir jouself doelwitte te stel. Doelwitte is geestelike dissiplines. Doelwitte daag ons uit om ons geloof te strek. Doelwitte ontwikkel ons karakter, en hulle gee ons hoop.

Die beste Gevoel in hierdie lewe…

635922321779285906-1867126625_happiness-07

Wanneer jy die gawes wat God vir jou gegee het gebruik, dan is ek oortuig dat dit ‘n vorm van aanbidding is.

Ek lees in Johannes 15:8 dat wanneer die invloed van Jesus in ons lewens gesien kan word die Vader dit baie geniet is dit nie awesome nie, mens moet tog die verkil kan sien man!

My oudste dogter het nou presies twee weke haar treinspore op en ek kan al klaar sien hoe haar tanne in plek begin skuif, die realiteit is dat sy dalk nog 2 jaar die spore gaan dra maar die invloed wat ek sien die drade reeds maak is vir my blywend.

Wat is dit wat God laat glimlag? Sommige mense dink God glimlag net wanneer jy bid of sing of dalk kerk toe gaan. Die waarheid is, God glimlag wanneer jy die gawes wat Hy ons elkeen gegee gebruik. Wanneer jy werklik begin doen waarvoor Hy jou ontwerp, geroep of self gevorm het, dink net God sê dalk , “Dit is so awesome! Ek het hom/haar ontwerp om dit te doen! ”

Onthou in “Chariots of Fire,” wanneer Erik Liddell gesê: “Wanneer ek harloop, dan voel ek God se plesier”? God ontwerp ‘n paar van ons om te hardloop, party ontwerp hy om motrorfiets te ry, ander weer kan vinnige motors ry, of dalk selfs surf, ons elkeen verskil en tog is daar party wat goed is in wat hulle doen. Ek dink tog as God so na ons almal kyk, sê hy dalk, “Dit is so cool! Ek het die brander gemaak, asook die surfer! Nou kan die surfer die branders geniet! Dit is cool. “Jy hoef nie noodwendig alles so te vir geestelik om God eer te bring nie, nee man geniet net vir ‘n slag wat jy goed kan doen en ek is oortuig God sal ook dan daarvan hou!

Die Bybel sê: “Wanneer julle veel vrug produseer, is my Vader vereer en verheerlik” (Johannes 15: 8). Wanneer jy jou gawes gebruik soos wat dit veronderstel is om gebruik te word, dan ontvang God mos die eer vir dit en nie jy nie, tog weet jy ook mos dat jy beslis nie God kan behaag met geskenke of optredes wat jy nie voor geroep is nie. Maar onthou ook dan dat God verwag nie van jou om in alles talentvol of begaafd te wees nie. Hy wil net hê jy moet gebruik wat hy jou gegee het en dit ten volle geniet.

In die Bybel word die woord “vreugde” en die woord “gawe” eintlik van dieselfde Griekse woord afgelei. Dit vind hulle oorsprong uit die woord vir “genade.” Wanneer jy jou geestelike gawes gebruik, dan bring dit blydskap vir God, en dit bring blydskap vir jouself. God sê dan, “kyk hy/sy doen wat ek vir hom/haar gesê het om te doen.” En jy sê dan dalk vir jouself, “Dis so ‘n amazing gevoel wanneer ek dit doen ek weet nie hoe om dit te beskryf nie!” Die beste gevoel in die wêreld is afkomstig van die gebruik van jou gawes wat jy van God ontvang het om Sy doel vir jou lewe te laat plaasvind, want dit werk, jy weet dit, en jy geniet dit.

Die grootste tevredenheid in hierdie lewe is om deur God gebruik te word. As jy dit nog nooit gevoel het  nie dan is ek jammer jy het nog nie. Ondersoek jouself vra God wat is jou geestelike gawes wat in jou is, ontwikkel dit dan sodat jy ook dit kan geniet en so doende jou lewe eer aan God kan bring. Daar is geen gevoel in die lewe soos wanneer jy deur God gebruik word nie, die wete dat jy doen wat Hy jou voor gemaak het om te doen natuurlik!