Die beste Gevoel in hierdie lewe…

635922321779285906-1867126625_happiness-07

Wanneer jy die gawes wat God vir jou gegee het gebruik, dan is ek oortuig dat dit ‘n vorm van aanbidding is.

Ek lees in Johannes 15:8 dat wanneer die invloed van Jesus in ons lewens gesien kan word die Vader dit baie geniet is dit nie awesome nie, mens moet tog die verkil kan sien man!

My oudste dogter het nou presies twee weke haar treinspore op en ek kan al klaar sien hoe haar tanne in plek begin skuif, die realiteit is dat sy dalk nog 2 jaar die spore gaan dra maar die invloed wat ek sien die drade reeds maak is vir my blywend.

Wat is dit wat God laat glimlag? Sommige mense dink God glimlag net wanneer jy bid of sing of dalk kerk toe gaan. Die waarheid is, God glimlag wanneer jy die gawes wat Hy ons elkeen gegee gebruik. Wanneer jy werklik begin doen waarvoor Hy jou ontwerp, geroep of self gevorm het, dink net God sê dalk , “Dit is so awesome! Ek het hom/haar ontwerp om dit te doen! ”

Onthou in “Chariots of Fire,” wanneer Erik Liddell gesê: “Wanneer ek harloop, dan voel ek God se plesier”? God ontwerp ‘n paar van ons om te hardloop, party ontwerp hy om motrorfiets te ry, ander weer kan vinnige motors ry, of dalk selfs surf, ons elkeen verskil en tog is daar party wat goed is in wat hulle doen. Ek dink tog as God so na ons almal kyk, sê hy dalk, “Dit is so cool! Ek het die brander gemaak, asook die surfer! Nou kan die surfer die branders geniet! Dit is cool. “Jy hoef nie noodwendig alles so te vir geestelik om God eer te bring nie, nee man geniet net vir ‘n slag wat jy goed kan doen en ek is oortuig God sal ook dan daarvan hou!

Die Bybel sê: “Wanneer julle veel vrug produseer, is my Vader vereer en verheerlik” (Johannes 15: 8). Wanneer jy jou gawes gebruik soos wat dit veronderstel is om gebruik te word, dan ontvang God mos die eer vir dit en nie jy nie, tog weet jy ook mos dat jy beslis nie God kan behaag met geskenke of optredes wat jy nie voor geroep is nie. Maar onthou ook dan dat God verwag nie van jou om in alles talentvol of begaafd te wees nie. Hy wil net hê jy moet gebruik wat hy jou gegee het en dit ten volle geniet.

In die Bybel word die woord “vreugde” en die woord “gawe” eintlik van dieselfde Griekse woord afgelei. Dit vind hulle oorsprong uit die woord vir “genade.” Wanneer jy jou geestelike gawes gebruik, dan bring dit blydskap vir God, en dit bring blydskap vir jouself. God sê dan, “kyk hy/sy doen wat ek vir hom/haar gesê het om te doen.” En jy sê dan dalk vir jouself, “Dis so ‘n amazing gevoel wanneer ek dit doen ek weet nie hoe om dit te beskryf nie!” Die beste gevoel in die wêreld is afkomstig van die gebruik van jou gawes wat jy van God ontvang het om Sy doel vir jou lewe te laat plaasvind, want dit werk, jy weet dit, en jy geniet dit.

Die grootste tevredenheid in hierdie lewe is om deur God gebruik te word. As jy dit nog nooit gevoel het  nie dan is ek jammer jy het nog nie. Ondersoek jouself vra God wat is jou geestelike gawes wat in jou is, ontwikkel dit dan sodat jy ook dit kan geniet en so doende jou lewe eer aan God kan bring. Daar is geen gevoel in die lewe soos wanneer jy deur God gebruik word nie, die wete dat jy doen wat Hy jou voor gemaak het om te doen natuurlik!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s