Doelwitte Strek jou geloof

Elke keer wanneer jy ‘n doel vir jouself stel, sê jy, “Ek glo dat God wil hê ek moet dit doen deur ‘so en so op hierdie datum,” en dit is ‘n verklaring van jou geloof in die saak.

As jy ‘n groot doelwit stel vir jouself, sal God op ‘n groot manier deurbraak bewerkstellig. As jy ‘n medium-grootte doelwit stel, sal God in ‘n medium manier deurbreek. As jy ‘n klein doelwit stel, dwing jy God om op ‘n klein manier deur te breek vir jou.

So nou weet ons mos. Dis eintlik eenvoudig ons kan nou self sien hoe grooter die doelwitte hoe sterker of grooter is jou geloof. Die wyse waarop jy jou doelwitte stel bevestig hoe jy God vertrou, maar hulle is ook verklarings van hoeveel jy God vertrou onthou dit. In die Bybel sê Jesus self: “Laat dit dan wees volgens jou geloof” Mattheus 9: 29b.

doelwitte

Dit beteken dat as jy dan geen doelwit vir jouself gestel het nie dat daar na regte geen doel is wat kan verstrek nie. Met ander woorde, as jy nie ‘n doelwit stel nie, het jy reeds ‘n doelwit, en die doelwit is om dieselfde te bly.

Sien dis hoe dit werk:

  • As ek jou vra, “Wat is jou doelwit ten opsigte van jou gesondheid?,” en jy sê: “Ek het nie een nie,” dan is jou doelwit om dieselfde te bly.
  • As ek jou vra, “Wat is jou doelwit ten opsigte van jou persoonlike verhoudings?,” en jy sê: “Ek het nie een nie,” dan is jou doelwit mos dat jou verhoudings met die waarvoor jy lief is nie gaan beter raak nie, maar wel dieselfde gaan bly.
  • As ek jou moet vra, “Wat is jou doelwit vir jou finansies, en hoe gaan jy jouself uit jou skuld kry?,” en jou antwoord is: “Ek het nie een nie,” dan is jou doelwit mos eenvoudig, jy hou van finasieële druk en wil dan in die skuld bly.
  • Dan ook selfs as ek jou vra, “Wat is jou doelwitte vir jou loopbaan of jou besigheid?, en jy sê:” Ek het nie, “dan is jou realiteit dat jy net soos dryfhout saam in die stroom van die lewe vloei en tevrede is met die normale loop van die lewe.

Dis hoekom die Bybel ons leer om vir jouself doelwitte te stel. Doelwitte is geestelike dissiplines. Doelwitte daag ons uit om ons geloof te strek. Doelwitte ontwikkel ons karakter, en hulle gee ons hoop.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s