Ek kies dissipline oor Spyt..!

career-mistakes-you-will-regret-672x372Probeer gou dit saam met my. Dink gou na oor waar jou gebeds, fisiese, finansiële, of gesinslewe is tans. Nou goed dan, dink dan nou oor waar wil jy wil hê moet dit wees. Wat is nou tans in die middel van die twee gedagtes? As jy normaal is let wel, dan is daar ‘n gaping. Dit is dieselfde gaping wat ontstaan wanneer ons buitekant van ons voorkoms of lewe nie ooreensetm  met ons binnekant nie. Die gaping wat veroorsaak word tussen die wete dat die waarheid en die integrasie van die veranderinge wat ons nodig het in ons normale leefwyse met ander woorde; Die gaping tussen dissipline en spyt.

Toe my oudste dogter sewe was, het ek die voltydse bediening genader vir ongeveer 10 maande. Ek wil wel noem dat dit vir my ‘n droom was wat waar geword het want toe kon ek al my energie en dryfkrag daarin stoot want dit was nog altyd vir my belangrik om die bediening my lewe te kon maak maar wat ek nie besef het op daai stadium [dadelik] nie was dat my “werk” bediening my weg gedryf het van myself om sodoended ‘n deel van my lewe wat baie meer belangriker was as my werk as ‘n pastoor: my gesin. Wegdryf is die teenoorgestelde van dissipline. Om niks daaraan te doen sou gewees het om die spyt van nog ‘n prediker net die statistiek van nog ‘n “Pastorie Storie” te gekies het.

Ek het nie wakker geword elke oggend met die gedagtes, “Ek wil ‘n slegte pa/man wees nie.” Maar, ek het ook nie wakker geword elke oggend en besluit om die gaping toe te maak in die vervalling van waardes as pa/man te vul nie. Ongelukkig het ek nie die beste storie om te verstel omtrent dit nie, want ek sou graag wou sê dat ek die beste rol model pa/man wou wees, maar ek het met spyt dit te laat agtergekom. Basies toe ek ‘n besluit neem om my vrou en my kinders eerste te stel het ek ‘n massive prys betaal, die kostes was meer as wat ek ooit sou wou betaal maar danksy God se genade het ek dit agter my gesit en kan ek nou 6jaar later, eerder dissipline kies bo my spyt. Ek het besluit om elke week iets te doen vir die res van my lewe om te minste een ding individuel te doen saam met al drie my kinders en my vrou. Dit mag dalk ‘n ete, ‘n briefie, ‘n woord van bemoediging of selfs ‘n storie wees wat ek saam hul kyk, maar beslis moet dit iets wees wat vir my uit my pad uit moet wees. Hoekom? Want dit is moeilik om in hul lewens betrokke te wees/bly as ek net saam vloei in die lewe sonder om my rol as pa/man vol te staan teen die stroom.

Spreuke 25:28 BD spel dit mooi uit Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ’n groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek.

Vandag is al drie van my kinders lief vir Jesus en is lief vir die kerk. Hulle stem nie noodwendig saam altyd dat ons so baie tyd by die kerk spandeer nie maar hulle is nog almal jonk en ek wil nie die kerk as ‘n verskoning gebruik dat ek te besig is vir hulle nie, so ek is dankbaar die Heilige Gees geïnspireer en bemagtig my om dissipline oor spyt te kies.

Iets om oor te dink: Waar is die leemtes in jou lewe? Wat se dissipline is die Heilige Gees besig om jou in te lei om ten einde die veranderinge wat nodig is te maak?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s