In die evangelie van Johannes, hoofstuk 5, lees ons van ‘n storie oor ‘n man wat 38 jaar lank verlam is, wat aan die bokant van ‘n stel trappe lê wat lei tot water wat vermoedelik genesende krag bevat het. Wanneer Jesus saamkom en die man vra of hy genees wil word, antwoord die man dat hy nie iemand het om hom in die water te help nie. Maar Jesus het nie gevra waarom die man nie genees is nie, en hy soek nie verskonings nie; Hy vra net of die man genees moet word.
Month: May 2017
Genoeg tyd in God se Woord
Naand sê jou uit verkiesde wenner!
Oor en oor gaan dit aan en aan. Ons wil almal na iets luister. En ons maak planne om na dinge te luister, ons koop dinge en gaan na plekke en maak seker dat ons nie uitmis van wat nuut is of waaroor almal tans praat nie.
So, hoe vergelyk al die dinge met ons tyd wat ons luister of spandeer met God se Woord? Luister jy daaraan? Maak jy selfs nog tyd daarvoor? Is jou leefstyl jou motor jou huis en van jou tv tyd gewy daaraan?
Ek het hierdie raak gelees en gedink ek wou dit dalk deel met jou sienende dat môre Maandag is kan jy dalk die verskil inbring van maandag af en dalk die tv, selfoon of die gejaag in die lewe bietjie stil maak en tyd spandeer in God se Woord.
http://www.desiringgod.org/messages/the-danger-of-drifting-from-the-word
Sterkte vir jou nuwe uitdagings wat hierdie week inhou en weet ek bid vir jou by jou naam!
Wees ‘n Wortel mens!
Môre fantastiese mens, dit is saterdagoggend en meeste van ons is rustig en vat ‘n breek dalk na ‘n week wat baie van ons vereis het.
In die lewe ervaar ons baie keer tye van bemoediging en dan weer tye van hartseer of teleurstelling, ons voel baie keer alleen en eensaam en baie keer opgewonde en tevrede met die mense om ons.
Ek kry vanoggend ‘n boodskap wat my weer laat dink het, weer opnuut laat fokus op my lewe deur wie daagliks saam my loop en wie deel is van my lewe vir ‘n tydperk en wie deelvorm van my.
Tyler Perry het dit mooi saam gevat en het gedink ek wou dit met jou ook deel wie is die blare, die takke en wie is die wortels in jou lewe?
Stuur dalk vandag vir die wortels in jou lewe ‘n boodskap om dankie te sê dat hulle daar is al kry hulle nie baie keer ‘n dankie van jou af nie.
You must be logged in to post a comment.