Regtig:- Daar is HOOP!

HoopVanoggend 4:45 vra ek myself die vraag af wat dink jy doen jy? dit is Saterdagoggend dit is -2 grade buite en jy is saam met 6x ander Pastore van verskillende gemeentes buite besig om te bid voor die Munisipaliteit en hof geboue vir geregtigheid vir ons dorp en ons mense wat hier woon.

Die vrae stroom deur my gedagtes terwyl ek koud kry en luister na die gebede van my mede broers in Christus! Opreg, Nederig en in dankbaarheid teenoor wat ons ervaar!

Terwyl ek die oggend son sien wakker word, bid ons vir Herlewing van drome, voel ek die wind op my rug met die belofte van die herinneringe dat daar seëninge van lof wag vir die wat swaarkry asook vir ons elkeen wat dit dalk moet verduur!

Terselfde tyd brand daar ‘n nuwe lied binne-in my bors wat nie net brand nie maar binne my leef van die goeie nuus en goedheid wat net God kan gee, ek besef opnuut daar is hoop, lig op jou kop, laat toe dat jou geloof opstaan! Ons God is vir ons, Hy dra ons en versterk ons!

Jesus is voor my, Christus is agter my, ek is vasbeslote dat in Sy genade, is daar geen einde nie ek moet net myself herinner daaraan, en met eens onthou ek van die nuwe lied van Josh Baldwin – Get Your Hopes Up

Luister bietjie hierna en skep hoop ons God is op die troon en is altyd in beheer al voel dit soms nie so nie of al dink jy Hy het van jou vergeet:-

Daar is altyd HOOP! Vir die wat op Jesus Christus vertrou.