Die Verhouding tussen God se Glorie en die mens se vreugde.

Terwyl ek nie die ware toestand van enige iemand se hart kan ken nie, wat nog gepraat van iemand wat ek nog nooit eers ontmoet het nie maar wel van weet bv. ‘n akteur of politikus, dit tref my dat selfs die owerhede in Jesus se dag die heerlikheid van die mens meer lief gehad het as die heerlikheid van God. Ten spyte van die feit dat Jesus, die Seun van God, tussen hulle geloop het, was hulle verblind deur hulle vrees en liefde vir die mens se glorie.

42Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. 43Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God. Johannes 12:42-43 (1933-53)

Hoeveel in hierdie wêreld glo tot ‘n mate dat daar ‘n God is en dat hy selfs gesag het, maar hul liefde vir die glorie en vrees van die mens het hulle blind gemaak vir hoe verlore hulle werklik is? Dit is tragedies, dat die grootste deel van die wêreld rondom ons daagliks so leef.

Om hierdie rede kan ‘n mens praat asof hulle God ken, maar nog steeds ‘n lewe leef wat gekenmerk word deur trots, selfsugtige wins, afguns en dwaasheid.

Eerder as wat ons as gelowiges trots is, moet ons eerder op ons knieë in gebed vir hierdie verlore en sterwende siele (wat ons eens was) in die gebed tree. Dit moet ons ook laat besin oor ons eie harte en ondersoek waar ons ook ons eie glorie bo die van God plaas.

DIE GLORIE VRAAG

As ‘n gelowige, spreek my lewe meer van ‘n liefde vir die heerlikheid wat uit God kom of die heerlikheid wat van die mens af kom?

Terwyl dit blyk dat die meeste van die owerhede waarna Johannes verwys het, nooit tot ‘n reddende geloof in Christus gekom het nie weens hul groot liefde vir hul gesogte posisies en die glorie en lof van die mense, wonder ek hoeveel liefde vir die heerlikheid van die mens kan ook subtiel voorkom in ‘n gelowige se lewe.

Terwyl ons in die vlees lewe, sal ons daagliks die begeertes van die vlees moet beveg.