Wat is ek werd?

Wie bepaal hoeveel ‘n mens werd is? Wie het die reg om jou te oordeel, te veroordeel, oor jou verlede? Waar is vergifnis?

Ek is op die oomblik in ‘n ongelooflike moeilike posisie in my lewe. Aan die een kant wil ek weghardloop, ‘n muur bou om my hart, en aan die ander kant wil ek soos ‘n leeuwyfie staan en baklei vir my reg om weer te probeer. My reg om die verlede te vergeet, en aan te beweeg. My reg op ‘n beter lewe, ‘n beter toekoms en onvoorwaardelike liefde. Die wete dat ek genoeg is, nes ek is.

wat is ek werd

Ek is op die oomblik in ‘n ongelooflike moeilike posisie in my lewe. Aan die een kant wil ek weghardloop, ‘n muur bou om my hart, en aan die ander kant wil ek soos ‘n leeuwyfie staan en baklei vir my reg om weer te probeer. My reg om die verlede te vergeet, en aan te beweeg. My reg op ‘n beter lewe, ‘n beter toekoms en onvoorwaardelike liefde. Die wete dat ek genoeg is, nes ek is.

Ek kan nie meer baklei teen onverwagte, onbeplande aanvalle nie. Die aanhoudende pyle, wat juis op die tye wanneer ek op my gemak is, val. Die swaard-steke wanneer ek sonder my skild, ontbloot, staan. Die aanval word geloots uit ‘n kamp waar ek veilig moet voel, waar my hart beskerm moet wees. Die absolute grusame aanval op my hart het sy oorsprong in die spanningsveld van onsekerheid. Woorde wat as goeie intensies, vrae, uit die boogskutter se boog lanseer, verander telke male op die een of ander wyse in brandende pyle van veroordeling, die gevoel dat ek nooit genoeg sal wees nie, is ongelooflike seer. My onvermoë om die aanval te neutraliseer, myself te beskerm en te verdedig, my aksies en verlede te verduidelik, kry my onder.

Ek is nie kwaad nie. Dit wat dalk op die oog af lyk soos woede is sterk gegrond in ‘n ongelooflike gevoel van teleurstelling… ‘n hartseer van enorme proporsie.

Ek is wie ek is. Of ek dit kan verduidelik of nie. My verlede is onomwonde deel van my, maar dit bepaal nie wie ek is of wat ek kan wees nie. Elke mens het ‘n keuse om die stukkies van homself wat verlore geraak het in die pad van die lewe op te tel, en weer heel te word.

My waarde word nie bepaal deur die opinie van mense nie, maar deur die alomteenwoordige liefde en vergifnis van my hemelse Vader. HY is die een aan wie ek moet verantwoording doen, aan wie ek moet verduidelik.

Onvoorwaardelike liefde. Dit is seker te veel vir ‘n mens om te begryp, behalwe as dit by jou kinders kom. Die liefde, slegs die liefde, kan vergewe en vergeet, dien sonder om diens terug te verwag, onvoorwaardelik beskerm, en absoluut (nie relatief nie) aanvaar.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s