Kom verby jou vrese en vind jou plek.

Het jy al ooit by iets betrokke geraak, maar dit het ‘n onmiddellike treinwrak geword?

My eerste ervaring met die bediening by ‘n gemeente was rampspoedig. Die kerk was al vir jare gevestig en bedieningsopsies was beperk, daarom het ek besluit om gaste te groet by die deur en so my soektog begin na waar pas ek in.

Dit het nie lank gevat om te besef dat ek gemakliker sou gewees het in die jeug stoel, as om ongemaklik te voel wanneer ek mense ontmoet en groet by die deur. Gelukkig het die prediking, musiek en hulp van baie ander die besoekers in elk geval laat teruggekeer.

Dit was duidelik dat ek in die verkeerde sitplek op die bus was. Na die rotsagtige begin by die deur was ek huiwerig om in te spring en weer te dien. Miskien kan jy dalk voel hierdie situasie kan jou aan jouself laat dink.

Vind jou plek

Twee vrese wat jy kan oorkom om jou plek te ontdek:

1. Ek kan iets wat werk opskroef

Jy sal waarskynlik, en dit is OK. Daar is ‘n goeie moontlikheid dat iemand ‘n vraag sal vra wat jy nie kan beantwoord nie. Dit is ook goed.

My volgende poging om te dien, het baie meer gevoel na my tuiste, aangesien ek by die jeugspan aangesluit het. Dit het ‘n rukkie geneem om selfversekerd te voel, maar hoe meer ek in die ervaring van leiers en mede-spanlede geleun het, hoe meer het ek my nuwe span en bediening begin lief kry.

(Jakobus 1:5) spel dit uit wat om te doen as jy nie weet wat om te doen nie. Wenk: Vra die Here. God is getrou om ons wysheid te gee wanneer ons vra, ernstig glo dat Hy sal antwoord.

Jy sal nooit God se beste vir jou lewe kan ervaar totdat jy nie wegstap van jou vrese en met albei voete inpring nie.

2. Ek weet nie waar ek in pas nie

1 Korintiërs 12 is ‘n fenomenale uitkyk van die gawes wat die Here aan gelowiges gegee het om Sy wonderlike planne op aarde te bereik. As jy nie seker is waarom Hy jou geskep het nie, vra Hom. Vra mense wat jou goed ken, want hulle sien as jou sterk punte. Is daar aktiwiteite wat natuurlik kom en jou besig hou? Miskien is jy ‘n natuurlike gebore onderwyser, dienaar “servant” of aanmoediger.

Die “Ultimate Servant”

Jesus het ook opsies gehad. Hy kon gekies het om op te rol in ‘n koeëlvaste limo, omring deur ‘n gevolg om seker te maak dat elke moontlike luuksheid beskibaar op die tip van Sy vinger punte sou wees. Maar dis nie wat Hy gedoen het nie.

Jesus het alles gegee en niks terug gehou nie. Sy nederige drie-en-dertig jaar hier op aarde het alles gehandel oor die diensbaarheid, die was van voete, die genees van siekes en die liefdevolle kinders, wat nie bedien word nie. (Johannes 13: 1-17, Matteus 20:28).

Jesus het ons gemaak om dienaars te wees, soos Hy ‘n dienaar was. Efesiërs 2:10 sê: “Ons is God se handewerk, geskep in Christus Jesus om goeie werke te doen wat vooraf voorberei is vir ons om te doen.”

Jy sal nooit God se beste vir jou lewe ervaar totdat jy wegstap van vrese en met albei voete inspring nie – selfs as jy ‘n mislukkig van ‘n deurwagter is, soos ek. Jy hoef nie ‘n lewensverbintenis te teken nie; spring maar net iewers in!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s