Erken ek dat ek tekort val?

Gister het ek ‘n algemene wanopvatting aangespreek oor wat God se guns is. Vandag wil ek kyk na ‘n wanopvatting oor hoe ons hierdie guns ontvang.

Die Bybel kon nie nog meer duideliker gewees het dat God se guns verdien moet word nie. Hy [God] sal elkeen vergeld volgens sy dade (Romeine 2: 6). Indien jy heerlikheid, glorie of vrede van God wil ervaar, dan moet jy goed doen, elke dag van jou lewe tot die einde. Dis dit; dis die transaksie. Maar as jy misluk, en jy self verheerliking soek, ongehoorsaamheid en onregverdig beoefen, wat gaan jy “wen/ontvang” verseker nie die ewige lewe nie, maar verseker toorn en verontwaardiging.

Dit is ‘n redelik eenvoudige stelsel, is dit nie? Doen dit en leef; doen dit en sterf As jy God se guns wil hê, verdien dit.

Ek trek nie jou been nie. En ook nie die apostel Paulus toe hy Romeine 2 geskryf het nie.

Paulus het ook nie gegrap toe hy later in ‘n hoofstuk onthul hoeveel mense hy verwag om die standaard te ontmoet en God se guns te wen nie. Kyk na wat hy sê: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nieDaar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.” (Romeine 3:10-12)

So hier is my punt tot dusver:

God se guns is nie ‘n speletjie nie, en dit is nie ‘n spesiale vergunde status wat goeie dinge in ons lewens in bring nie. Dit is die verhouding met God, en deur ons sonde en opstand teen Hom het ons daardie guns verbeur, daarbenewens kan ons dit nie terug verdien nie, en God kan nie en sal nie net geregtigheid opskort en in elk geval Sy guns gee omdat ons so mooi en reg voorkom nie. Nee, sy standaard moet nagekom word. Sy wet moet gehoorsaam word. Reg en geregtigheid moet vereer en bevestig word. Sy [God] se guns moet gewen en verdien word.

Maar hoe? As ons hierdie dinge nie kan doen nie, hoe sal dit ooit gebeur? Bly ingeskakel vir môre se blog inskrywing … Dink dalk solank eers oor hierdie vrae:

  • Het jy al ‘n punt bereik waar jy erken het aan jouself dat jy gevaal het om aan God se standaard te voldoen en nie Sy guns verdien nie?
  • Of vertrou jy nog steeds op jou nuttelose pogings?

God ken jou naam…

Gunstigheid in die Bybel is ‘n diep intieme en geweldige diep persoonlike verhouding tussen twee mense.

Byvoorbeeld, Moses bid tot God om saam met die mense te gaan terwyl hulle uit die woestyn sou uitstap. God sê vir hom:Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam. (Eksodus 33:17). Het jy dit gesien? God se guns teenoor Moses beteken dat God inverhouding met Moses staan. Dit is nie ‘n koue, meganiese reservoir van seëning wie se kleppe gemonitor moet word nie. Dit is ‘n verhouding tussen twee mense wat mekaar ken.

Ek hoop dat jy hierdie punt kan sien, want dit is belangrik dat ons die guns van God in so ‘n goeie ding kan in sien. Dit is nie net dat Gog ewe skielik begin om ‘n soort goddelike goudstof op jou lewe uit te gooi sodat goeie dinge met jou begin gebeur nie en so dan mense jou met meer respek kan begin behandel nie. Om in God se guns te wees, beteken dat Hy persoonlik met jou wil praat om met jou in verhouding te staan en selfs vriendskaplik na jou te kyk. Dit is in ‘n lieflike en intieme verhouding met die God van die heelal.

As jy ‘n Christen is, het jy al ooit opgehou om daardie denkbeeldige werklikheid te oorweeg, dat? Die Skepper van die kosmos, God self,  jou naam ken! Sy gesig kyk vol in jou eie, nie met woede of teleurstelling nie, maar met ‘n stralende glimlag. Omdat jy hom vreugde bring.

O, as ons daardie waarheid net kon begryp en dit diep in die grondslag van ons siele kon inbring, sou dit alles verander! In plaas daarvan om die lewe met vrees en bewing in die gesig te staar, sal ons met vertroue wandel deurdat ons weet dat God self oor ons kyk. In plaas daarvan om met trots op ons goeie dae ons op te blaas en dan weer met skuldgevoelens op ‘n slegte dag, oor ons mede broers en susters te staan, bly ons oë vas, vas op die ewigheid – en op die glimlaggende gesig van die God wat ons elkeen by ons naam ken.

Wat is moeilik vir jou om te aanvaar:

  • Dat God jou ken en presies weet wie jy is, of
  • dat die idee dat God jou ken en nogsteeds jou vriend wil wees?

Wat doen die gedagde aan jou, gee dit jou hoop en aanmoediging?

Selfbeheersing en Dissipline

Daar is twee verskillende lewens wat ek leef. Daar is die lewe wat ek liefhet, maar dit is so moeilik om in stand te hou, en daar is die lewe wat ek haat, maar dit is die lewe waarin ek so dikwels versoek word om uit te leef. Die eerste is ‘n lewe van dissipline en selfbeheersing, terwyl die tweede ‘n lewe van disorganisering en onstabiliteit is. Ek is lief vir die eerste lewe, maar skuif voortdurend na die tweede.

Die Bybel leer ons oor selfbeheersing en dissipline. Ons word geleer dat selfbeheersing ‘n vrug van die Gees is, ‘n afdruk van God se teenwoordigheid in ons lewens. Ons word beveel om onsself te ondersoek en te onderrug tot godsvrug, ons leer dit in die skrif wat sê Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.” (1 Timoteus 4:7), ons moet ons beywer om te werk vir gewoontes en patrone wat ons sal rig na heilige gedagtes, heilige begeertes en dan na ‘n heilige lewe.

Ek beskou selfbeheersing ‘n verlore “virtue”, ‘n kwaliteit wat ons so maklik ignoreer. Ek dink ons kan ongemaklik wees met die idee van selfbeheersing, want ons hou daarvan om genade te beklemtoon. Ek sien dit daagliks in my eie lewe en so dikwels in mense om my, op een of ander manier blyk dit vir my dat genade skouer aan skouer staan met vryheid, vryheid van struktuur, met vryheid van onbuigsaamheid. Ons ontvlam in die vryheid van die evangelie, terwyl ons nie besef dat die evangelie ons nie bevry van selfbeheersing nie, maar tog dwing na selfbeheersing. Omdat ons nie meer op ons gewoontes en patrone reken om ons tot redding te dissiplineer nie, kan ons hulle met vreugde mobiliseer om ons tot heiligmaking te dissiplineer.

Selfbeheersing en dissipline is geskenke wat ons kan gebruik om sonde te beperk en heiligheid te bevorder. Hulle is geskenke wat ons kan gebruik om ons ou gewoontes te voorkom en nuwe, beter patrone te bevorder.

Ek is lief vir my lewe van dissipline en selfbeheersing. Ek haat my lewe van verwarring en onstabiliteit. En tog wink daardie lewe altyd, dit is asof dit net nie wil verdwyn nie. Die oomblik wanneer ek begin afdwaal, dwaal ek weg van selfbeheersing en stuur ek direk af op chaos. Ek dryf weg van dissipline en dobber oor na disorganisasie.

As ‘n Christen word ek beïnvloed deur ‘n ou mens en ‘n nuwe mens, die mens wat ek was en die mens wat ek geword het. Die nuwe mens is lief daarvoor om elke oomblik as ‘n geskenk van God te sien wat goed bestuur moet word; Die ou mens hou daarvan om tyd te mors en geleentheid eerder uit te stel. Die nuwe mens sien die voordeel van ‘n gedissiplineerde lewe; Die ou mens dring daarop aan dat dit net nie die moeite werd is nie. Die nuwe mens sien dat patrone en gewoontes vernuwe kan word, oms bevry en geleenthede goed gebruik kan word; die ou mens skree dat dit swakheid is, ‘n kruk vir die persoon wat nie beter motivering het nie.

Soos die winter besig is om die pad aan te wys vir die komende lente – plaas die lente alles in plek vir die kommende somer se skedule wat plek plek soos chaos kan lyk – so terwyl die seisoen aan die begin van ‘n nuwe blyk is dit ook die einde van die vorige, ek strek my dan eerder uit om my verbintenis tot ‘n lewe van selfbeheersing in hierdie nuwe seisoen, ‘n lewe wat gedissiplineer word teenoor my godsaligheid, en dit te vernuwe. Dit is tyd vir my om my verbintenis tot ‘n meer lewendiger en meer selfbeheersende lewe vol van dissipline en net blote goedheid uit te leef, en dus my gewone waardes te hernu. Daar is geen beter tyd as nou nie.

7 dinge hoekom jou kerk jou nodig het.

Nie te lank gelede het ek die geleentheid gehad om te praat met ‘n byeenkoms van jong volwassenes van verskeie kerke regoor ons dorp. Ek het gekies om te praat oor hoe enige Christen (nie net jong volwassenes nie) ‘n kerk beter en sterker kan maak. Hier is ‘n paar van die dinge waarmee ek opgekom het: 7 dinge hoekom jou kerk jou nodig het.

Jou kerk het jou nodig omdat …

…Wees nederig

Daar is geen karakterkwaliteit belangriker as nederigheid nie. Terwyl nederigheid nie vanselfsprekend by enige van ons opkom nie, kan dit geleer word, want hier is die ding:

Blog Pop-Up's

Nederigheid is nie ‘n gevoel of houding nie – dit is aksie. As jy nederigheid wil leer, moet jy nederig wees.

Hier is drie vinnige wenke om nederig te word:

  • Vind volwasse Christene wat nederigheid uitbeeld en spandeer bietjie tyd saam hulle. Leer van hulle en leer om soos hulle te wees.
  • Melt-aan as ‘n vrywilliger vir die laagste van take. Moenie vra om in die publieke oog te wees wanneer jy dien nie, maar wees tevrede om agter die skerms te bly. Vind vreugde om die taak te verrig wat niemand wil doen nie en doen hulle wanneer en waar slegs Jesus jou sal kan sien.
  • Leer Jesus ken. Dit was Jesus wat gesê het: “Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.(Mattheus 23:12). En dit was Jesus wat Homself die meeste verneder het en wat tans die hoogste verhewe word.

… Prioritiseer Kerk

Elke kerk het mense wat die openbare byeenkomste van die kerk ‘n lae prioriteit maak. Dit is die mense wat eers in die kerk kom wanneer dit gerieflik is en wat enige verskoning gebruik om dienste te mis of ‘n geleentheid te vermy. Elke kerk benodig desperaat mense wat die openbare byeenkomste hul hoogste prioriteit sal maak. Vandag is die dag om te begin prioritiseer die belangrikheid van jou kerk se aktiwiteite in jou lewe.

Laat ek jou twee redes gee hoekom:

  • Eerstens het jy jou kerk nodig. God het vir jou deel van jou kerk gemaak. Jy kan nie die lewe op jou eie doen nie. Jy is nie sterk genoeg nie, jy is nie wys genoeg nie, jy is nie volwasse nie, jy is nie godvresende genoeg nie. Sonder die pragtig gewone genademiddel wat jy in die kerk ervaar, sal jy dit nie maak nie. Sonder die ondersteuning van jou broers en susters in Christus, sal jy dit nie maak nie.
  • Tweedens, jou kerk het jou nodig. God het jou deel van jou kerk gemaak vir die goeie van ander. (1 Petrus 4:10) sê: “Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.” God het jou begaafd om deel te wees van jou kerk, en daardie gawes moet vir die goeie gebruik word, van ander mense. So prioritiseer die kerk as ‘n uitdrukking van vrygewigheid teenoor ander.

… Oorweeg om God ‘n dag te gee

Hoekom oorweeg jy nie om ‘n hele dag van die week opsy te sit en dit op ‘n spesiale manier aan die Here te gee nie? Ons glo dat die Ou Testamentiese wet in Christus vervul is, alhoewel daar ‘n mate van meningsverskil onder Christene is oor die implikasies daarvan. Maar selfs as jy glo dat die Sabbats bevel nie meer vir ons bindend is nie, is daar nog steeds waarde in wat daaruit geleer kan word.

Dit verander heeltemal jou Sondag wanneer jy die hele dag aan die Here en sy mense gee. Nou hoef jy nie te besluit of jy daardie klas moet neem of by die klub aansluit wat Sondagmiddae ontmoet nie. Jy staan nie kerk toe tydens eksamentyd nie, want jy kan altyd rondom dit studeer waneer jy nodig het om dit te doen. Wanneer jy ‘n dag aan God gee veroorsaak jy dat al daai sorge van die lewe, en selfs baie van die vreugdes van die lewe, dan ‘n hele dag kan besit waar jy tyd belê om God te aanbid, die gemeenskap en ander te dien.

… Leef soos ‘n Christen die hele week lank

Dit is maklik genoeg om ‘n Christen by die kerk te wees, maar dan kom jy huis toe, baie gaan selfs na ‘n werk toe, baie gaan dalk ook skool toe. En dan is jy omring deur mense wat goddeloos optree, en selfs erger, jy word saam met jou eie gedagtes en jou eie begeertes oorgelaat. Tog moet ons soos ons in kerk ons hele week lank soos ‘n Christen lewe.

Nederig 1Elkeen van ons staan voor verskillende uitdagings en verskillende versoekings. Maar ‘n sleutel tot die lewe van ‘n Christen is, om die hele week elke dag tyd te spandeer in God se Woord en in gebed. Maak dit ‘n prioriteit, maak nie saak hoe besig jy is nie en maak nie saak hoe mal jou  lewe mag lyk nie. Maak dit iets wat jy doen, maak nie saak hoe erg jy gesondig het en hoe min jy daarvan hou om dit te doen nie. Bid daagliks nie net vir jouself nie, maar vir jou kerk. Neem daardie lidmaatskap letterlik op en bid vir jou kerk van A tot Z en begin dan weer. Maak jou lewe ‘n toegewyde lewe, iets wat jy nie net vir die goeie van jouself doen nie, maar vir die goeie van ander.

… Leer mense ken wat nie soos jy is nie

Kerke is onwillekeurige gemeenskappe. Ons kan nie kies wie na hulle toe kom nie, God doen. Dus, wat ons moet doen, is om hierdie mense te ondersteun en saam hulle te leer om ander mense lief te hê, selfs as hulle baie anders as ons is. “Want soos in een liggaam het ons baie lede, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie, so is dit met ons, alhoewel ons soms baie is, is ons een liggaam in Christus en individuele lede van mekaar.” As jou kerk so verdeel is dat al die jong volwassenes alleen eenkant kuier en al die ouer mense op ‘n ander plek alleen saam is, dalk party mense met aksente op een plek saam drom en al die ander mense sonder daai aksente hang saamuit op ‘n ander gebied, dit spreek nie van die ware evangelie dan nie, want die ware evangelie is kragtig genoeg om mense werklik lief te hê, al is hulle anders.

So poog om mense wat nie soos jy is, beter te leer ken. Daar is geen rede dat jy nie kan sê dat sommige van jou beste en naaste verhoudings met mense is wat baie anders as jy is nie.

… Leer vrygewigheid aan

Min dinge openbaar die hart beter as geld. Geld het ‘n wonderlike manier om te wys wat jy regtig glo en wat jy regtig waardeer. Maak nie saak wie jy is of watter stadium van jou lewe jy is nie, daar is geen beter tyd as nou om te leer vrygewig te wees met jou geld nie. Hier is wat die Bybel sê: Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief. (2 Korinthiërs 9:7) Jy moet gee, en jy moet leer om dit vrolik te doen.

Hier is net twee vinnige wenke:

  • Onthou dat dit nie jou geld is nie. Die geld behoort aan God – Hy gee dit net aan jou om dit te bestuur, en Hy gee dit vir jou om dit goed te bestuur tot Sy heerlikheid.
  • Gee eerste aan die Here. Ek ken mense wat sê dat hulle nie aan die kerk kan gee nie, en tog het hulle ‘n nuwe selfoon en koop elke nou en dan ‘n nuwe motor en hou drie keer per jaar vakansies. Die somme maak nie sin nie. Leer om die eerste en beste van jou geld aan die Here te gee. Hoe moeiliker dit lyk, hoe meer moet jy dit doen.

… Wees ‘n goeie lidmaat

Maak jouself van onskatbare waarde by jou kerk, en doen dit deur ander mense te dien. Ek hou daarvan om die gedeelte in Handelinge 9 te lees van Tabita (Wildsbokkie), die vrou wat Petrus uit die dood opgewek het, wat beskryf is as “sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.” (Handelinge 9:36b). “Toe Petrus daar aangekom het, het hy saam met hulle na die bokamer gegaan waar Tabita se liggaam gelê het. ’n klompie van haar vriendinne, almal weduwees, het daar om haar gestaan. Hulle was baie hartseer. Hulle het vir Petrus van die klere gewys wat sy gemaak het toe sy nog geleef het. Tabita was ‘n groot kerkmens. Sy het mense baie liefgehad, en sy het soveel goed gedoen, dat die hele gemeenskap getreur het toe sy gesterf het.

Sal die mense van jou kerk hartseer wees as hulle jou onthou vir al die goeie wat jy aan ander gedoen het?

Sou dit jy wees? Sal die mense van jou kerk hartseer wees as hulle jou onthou vir al die goeie wat jy aan ander gedoen het? Vind die plek waar jy by jou kerk kan dien, en sonder versuim daag op sonder gebrek, met lofprysing in jou hart daag op en dien. Doen dit vir die goeie van ander en vir die heerlikheid van God.

God sal jou nooit meer gee as wat jy kan dra nie.

Die uitgangspunt van hierdie spesifieke uitspraak dui daarop dat ‘n God wat ons liefhet nooit ons verby die breekpunt sal druk nie. Die werklikheid van die Skrif is egter dat Hy presies dit doen om ons te dwing na ware geloof en onderdanigheid in Hom.

Die laste waarmee ons opgesaal word, en bowendien hoe ons kies om hulle te dra, praat volumes van ons geloof in Hom asook ons toewyding om Christus te vertrou. Die Here herinner Paulus hiervan toe hy gesê het: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word volmaak in swakheid.” (2 Korintiërs 12:9). Daar is geen aanduiding hier of in enige ander Skrifgedeelte dat ons probleme en laste ‘n afsnypunt het nie.

So, wat moet ons doen as die laste van die lewe meer is as wat ons kan hanteer? Jesus beveel ons om na Hom toe te kom vir rus uit die lewe se laste – beide fisies en geestelik. (Matteus 11:28). As ware Christus-volgelinge word ons geroep om mekaar se laste in tye van stryd te dra. (Galasiërs 6:2) En die Psalmdigter herinner ons daaraan dat wanneer die laste van die lewe vir ons te veel word, ons hulle op die Here moet laai en dat Hy ons daardeur dan sal sien. (Psalm 55:22)

Die algemene goue draaitjie van hierdie drie verse is die idee dat niemand deur God of enige iemand anders verwag word om dit alleen te dra nie. Onthou ook dat God nooit in al ons beproewings en versoekings gesê het dat Hy ons nie meer sal gee as wat ons kan hanteer nie – net as ons op Hom vertrou, sal Hy ons die weg daaraan wys. (1 Korintiërs 10:13) Dankie ook aan God dat Jesus al die probleme wat hierdie wêreld bied, alreeds oorkom het natuurlik. (Johannes 16:33)

So dan moet die gesegde dan einlik gaan: “Die wêreld sal jou meer gee as wat jy kan dra, maar God sal jou help om dit te dra as jy net op Hom sal vertrou.”

Nee, ek sal nie vir jou bid nie.

Dit is die maklikste ding in die wêreld om te sê: “Ja, ek sal daaroor bid.” En dit is die maklikste ding om agterwee te laat of net eenvoudig te vergeet. Daardie lys van al die dinge wat ek gesê het, ek oor wil bid, maar dan van vergeet word omdat dit van hier na volgende jaar sal strek. Ek het dus begin sê, “Nee, ek sal nie vir jou bid nie.” Ek is nog steeds nie heeltemal gemaklik daarmee nie, maar ek dink dit is die regte ding om te doen.

Ons het so amper twee maande terug iemand gehad – ‘n vreemdeling – bel die kerk om te vra vir gebed. Sy het die oggend uit die bloute die kerk se kantoor geskakel. Sy het gesê sy voel siek en het mense nodig om vir haar te bid. Elke dag vir die volgende ses maande. “Kan ek op jou reken om vir my te bid?”

Vir die eerste keer in my lewe het ek totale vryheid gevoel. Ek het gesê, “Ek gaan een keer vir jou bid, maar ek sal nie elke dag vir jou bid nie. Ek sal nie vir ses maande vir jou bid elke dag nie. “Ek het verduidelik dat ek my eie kerk het om voor te sorg en dat ek vir daardie mense moet bid. Ek het gevra oor haar kerk en sy het my vertel waar sy bywoon. Ek het dit as ‘n goeie kerk herken, vol mense wat bid en pastore wat omgee. Ek het verduidelik dat God verwag dat haar kerk omgee vir haar en haar kerk vir haar moet bid en dat hulle al die kerke in Secunda roep om vir hulle te vra om gebede op te stuur vir iemand wat hulle nie ken nie, mag dalk net bygeloof wees.

Ek het gedink ek deur gedring na haar toe ek met haar gepraat het telefonies, Maar ‘n week later het die telefoon weer gelui en dit was dieselfde vrou. Sy het natuurlik vergeet om die naam van ons kerk uit haar lysie te skraap. Ek het haar herinner aan wat ek die vorige geleentheid vir haar gesê het en dat ek nie meer vir haar bid nie. Sy het toe eenvoudig net die foon in my oor neergestort.

Nou nadat tyd verloop het na die geleentheid lees ek ‘n boek tans waar die skrywer ‘n man van gebed is, en een wat veg teen die maklike “Bid vir my!” Hy verstaan dat sommige mense dink dat sy gebede baie sterk is omdat hy ‘n bekende persoon is; hy verstaan dat sommige mense hulleself ongehoorsaam om van die plaaslike kerk hul te verwyder het en nou op soek is na iemand, iemand, om vir hulle te bid; Hy verstaan dat sommige mense bygelowig is teenoor gebed. Hy het dus vertel hoe hy geleer het om “Nee” te sê. Hy het selfs geleer om te sê: “Ek sal nou vir jou bid, maar dan verwag ek dat jy na jou plaaslike kerk toe moet gaan en vra dat hulle vir jou moet bid.” Hy bid dadelik en bid een keer, maar nie meer nie.

God het my verantwoordelikheidsvlakke gegee en ‘n beperkte hoeveelheid tyd.

Ek leer deur dit wat hy skryf, en voel die vryheid om nie te bid nie. Ek voel die vryheid om nie te bid nie, omdat ek kan nie vir almal en alles kan bid nie. God het my verantwoordelikheidsvlakke gegee en ‘n beperkte hoeveelheid tyd. Ek moet die beste en die grootste deel van my tyd gebruik om te sorg vir diegene wat die naaste aan my is – my familie, my vriende, my bure, my kerk. Een van die maniere waarop ek omgee vir hulle is deur vir hulle te bid. Maar aangesien daar baie meer aan my lewe as gebed is, moet ek daardie gebedstyd goed gebruik, dit aan die dinge gee en die mense waarvoor ek die grootste verantwoordelikheid het. En dit is wat ek probeer om te doen-ernstig en herhaaldelik vir die mense waarvoor ek verantwoordelik is, te bid en om ander te laat bid vir die mense waarvoor hulle verantwoordelik is.

Ek voel op hierdie manier om NEE te se is beter. Dit gee my die geleentheid om vir mense oor gebed te leer, dit gee my die geleentheid om gebed te modelleer, en dit hou my daarvan dat ek sal doen wat ek se ek sal en nie wat ander op my afstoot om te doen nie, “want dit word van my verwag mentaliteit nie”.

Vat dit rustig, REGTIG!

Vat dit rustig, môre is nog ‘n dag! en dan sit hy sy iPhone terug in sy gatsak:

In hierdie lewe is daar baie dinge waaroor ek onsekerheid beleef, die onsekerheid van die onbekende, die onsekerheid van die petrol prys daai random vraag wat min oor praat “vriende” en dan nie eers gepraat van die onsekerheid van die mense die naaste aan jou, jou familie nie.

Maar hierdie afgelope paar weke is daar ‘n dringendheid binne myself en daai No.1 vrees in my lewe voel of dit my oorweldig, dit pla my tot in my diepste binneste. Jakobus was duidelik daar oor in Jakobus 3:1 “MOENIE baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ’n groter oordeel sal ondergaan.” maar wat is daai vrees dan werklik:

DAT daar wel mense is wat voor my sit sondag vir sondag met die gedagte dat hulle Hemel toe gaan maar in WERKLIKHEID gaan hulle nie, en hulle weet dit nie!

Miljoene mense wie sonder God gesterf het, op hierdie oomblik is in ‘n plek van Ongekende Smart, hulle besit tans sintuie wat ‘n 1000 keer of self meer skerper en sensitief is as in hierdie realiteit soos wat ons dit in hierdie lewe ken en ervaar…. Smarte so intens dat menslike verstand dit NOOIT op hierdie Aarde kan besef nie….’n Plek van Totale HAAT, GRUWELIKE ellende en pyn wat hierdie kant van die Graf NOOIT verstaan kan word en ervaar kan word nie.

Mense, wie ALLES wat hulle OOIT op hierdie Aarde besit het vir jou sal gee, om net 10 Sekondes van jou Asem te koop, om dit te gebruik om God te vra vir GENADE, dan vra ek myself, WAAROM sal ek en jy, hierdie Gunstige Oomblikke wat ons het, so Verniel en Verwaarloos.

Hoekom sal mense God se tyd gebruik, agterloosig wees met dit en dink dat hulle gaan wegkom met dit wanneer MILJOENE-MILJOENE voor ons nie daarmee weggekom het nie.

Hulle wie vanmôre in die HEL is en PLEIT vir EEN Geleentheid wat ek en jy het en dit so Verwaarloos, daai kerk dienste wat jy Sondae so maklik misloop, hulle wie ALS sou wou gee om EEN diens op jou lee plek te kan sit.

Een ding is seker:

As ek en jy nie ons Geleenthede gaan gebruik nie, gaan ons ook nie agterkom dat dit besig is om uit te loop nie, BIETJIE vir BIETJIE, kom ons SPEEL nie met GENADE nie.

Mense se TYD, mense se LOJALITEIT en mense se GELD word belê op plekke en dinge wat GEEN Ewigheidswaarde hetnie, Kerke sukkel om te Evangeliseer, hulle kan nie funksioneer omdat hulle Bitter Swaarkry (Ek noem hierdie in die Bree Spektrum van die Kerkesektor) Siele sterf by die Miljoene daagliks sonder God en die Kerk kan nie by hulle uitkom nie.

Elkeen gaan voor God staan, en dan gaan die dae van verskonings verby wees, gaan ons genoeg gehoorsaam gewees het of gaan Hy vir my sê gaan weg ek ken jou nie, (Matt 7:23) of sal ons moet aanhoor was jy nou maar net warm maar omdat jy lou is sal ek jou uit My mond spuug (Open 3:16)….