Die krampagtige Hercules

Ek het onlangs oor hierdie gedagte baie gedink. Ek het daaroor al gedink nog lank voordat ek Manage Your Day-to-Day gelees het, maar daardie boek het dit op ‘n enkele sin behoorlik By mekaar gebring: “We tend to overestimate what we can do in a short period, and underestimate what we can do over a long period, provided we work slowly and consistently.”

Dit is ons begeerte/wens om in alle areas van die lewe: te soek na die vinnige oplossing, om te kyk vir die een of self ‘n paar groot oomblikke wat meer as die honderde of duisende kleiner geleenthede sal kan bereik. “Anthony Trollope, die negentiende-eeuse skrywer wat daarin geslaag het om ‘n produktiewe romanskrywer te wees, het ook die Britse posstelsel rewolusie waargeneem: ”n Normale daaglikse taak, as dit daagliks is, sal die arbeid van ‘n krampagtige Hercules verslaan. Oor die lang termyn bevorder die gebrek aan glansryke gewoontes die frekwensie van beide produktiwiteit en kreatiwiteit.”

Die krampagtige Hercules: dit is hoe baie van ons optree. Ons verbeel ons dat ‘n oomblik van baie aktiwiteite en selfs deelname in somige gevalle, die duisend oomblikke van onaktiwiteit kan oorkom, asof wanneer ons dalk net soos die ou grappie lui, (die donkie met terpentuin smeer) daardie oomblik van aksie sal wees, wat dan sommer al die vermorsende oomblikke sal oorwelding en dink dit sal soos mis voor die son verdwyn. Die gebrek aan daai glansryke gewoontes se frekwensies is wat soveel van die lewe se vordering uitmaak. Tog word ons voortdurend versoek om ons hoop in die kort en die glansryke te stel.

Ek sien dit in die werksplekke:

Ons is geneig om te glo dat, tensy ons nie ‘n beduidende tyd kan afstaan om te werk aan daardie boek of projek en selfs taak nie, kan dit ons ook nie eens pla nie. Dus, in plaas daarvan om ‘n bietjie aan dit te werk, en ‘n stap of twee te vorder, laat ons dit dormant lê en mors ons daardie tyd wat ons reeds aan dit toegegee het. Ons is geneig om te oorskat wat ons in ‘n kort tydperk kan doen, en onderskat wat ons oor ‘n lang tydperk kan doen, mits ons stadig en konsekwent werk.

Ek sien dit in ouerskap:

Ons maak baie staat op daardie groot oomblikke, die naweek weg met die kinders of die spesiale aand uit. Maar ons kan daardie honderde aande verwaarloos waar ons net kon praat terwyl ons die skottelgoed was of waar ons net ‘n paar oomblikke voor die bed kon bid. Ons is geneig om te oorskat wat ons in ‘n kort tydperk in hul lewens kan bereik, en onderskat wat ons oor ‘n lang tydperk kan bereik, mits ons bereid is om stadig en met konsekwentheid voorrentoe saam te gaan.

Maar meeste van alles sien ek dit in geestelike groei:

Ons word dikwels versoek om te glo dat een oomblik van groot geestelike intensiteit groter en meer blywende verandering sal bewerkstellig as die allerdaagse gewone genade. Ons kan meer vertroue hê in die enkele drie-dag-konferensie as in die daaglikse dissipline van Skriflesing en gebed, die weeklikse toewyding tot die prediking van die Woord en openbare godsdiens. Ons is geneig om te oorskat hoeveel ons in ‘n kort tydperk kan groei, en onderskat hoeveel ons oor ‘n lang tydperk gaan groei, mits ons eenvoudig God se gewone middele vasvang.

Dit is waar so baie Christene hul vertroue verloor – hulle wil vinnige groei en meetbare resultate hê, en gee te gou op. Hul vertroue is nie in God wat deur Sy Woord werk nie, soos hulle dit elke oggend oopmaak of soms net Sondae, maar in die groot konferensie later in die jaar, of in daardie nuwe toewyding, of in daardie nuwe studiemetode. Hulle is afgelei en spasmodies eerder as konsekwent en gedissiplineerd. Wel of dit blyk dan so indien ek jou “offend” het. In plaas van as om net te volhard in die middele wat God voorskryf.

Die feit is, die meeste groei in die lewe – en geestelike groei is geen uitsondering nie – word gemeet in centimeters, en nie in kilometers nie. Die grondgebied waarop ‘n weermag stadig oorwin, is dikwels veiliger as die grondgebied wat dit verdien deur daaroor te hardloop. Geestelike groei is nie minder werklik nie, bloot omdat dit stadig kom en moeilik is om te meet nie. Trouens, die teenoorgestelde is waar.

My mede Christen broer of suster, volhard. Volhard in die gewone genade. Gaan selfs, en veral wanneer die groei te stadig blyk. Hou vol vertroue dat dit die middele is wat God vir jou goed gee, vir jou groei, vir Sy glorie.

Ons Swakheid

Wanneer ons met ons swakheid gekonfronteer word, kan ons saamstem met die veroordeling van die aanklaer, of met die getuienis van Jesus se bloed gegiet vir ons aan die kruis. Die apostel Paulus veg die vyand se soeke na ons eie haat en diskrediteer ons onsself met die waarheid van God se getrouheid aan ons te midde van versoeking om ons onberispelik voor te stel as Sy kinders. Om die goeie stryd te stry, lyk dikwels soos om volhardend te wees deur ons mislukkings en vas te hou aan die goedheid en getrouheid van Jesus. Dit bou ‘n blywende geloof.

In 2 Korintiërs 12:7 beskryf Paulus ‘n doring in sy vlees wat die Here nie sou verwyder nie – om die apostel in nederigheid te bind. In Romeine 7 het hy erken dat hy voortdurend dinge gedoen het wat hy nie wou doen nie. Die Here het Paulus geheilig en sy begeertes was dikwels in teenstelling met sy vlees. Paulus het sy sonde nie verskoon nie. Hy het sy sonde nie verberg nie. Paulus het sy sonde bely en die swakheid van sy vlees gevier as ‘n middel vir God se magtige genade om in hom volmaak te word. Ons wat van Jesus afhanklik is vir verlossing, heiligmaking en volwassenheid in Christus, kan nie ons dae spandeer met die aanklaer van die broeders nie. Ons moet ten volle op die integriteit van God se Woord staatmaak en aan die beloftes wat in Christus aan ons gestel word, bymekaarkom en ons verlossing met vrees en bewing bewerk (Filippense 2:12).

Die waarhede van die Evangelie moedig ons aan, bemagtig en bekagtig ons om deur beproewinge en selfs persoonlike mislukkings te volhard. Kom ons vra God om ons moed te gee om ons ongeloof te verloën en eerder elke dag op Hom in Christus te glo.

Watter soort doelwitte dra se God seën?

Nie elke doelwit wat jy vir jouself stel, is ‘n goeie doel en een wat God sal seën nie.

So, hoe weet jy watter doelwit God sal seën? Vra jouself die volgende vrae:

Sal my doelwitte God eer?

Watter soort doelwit bring eer aan God? Enige doel wat veroorsaak dat jy Hom meer moet vertrou, meer van Hom moet afhanklik wees, meer lief vir Hom sal word, om ander mense meer lief te hê, God ten volle te dien, ander te dien, om meer onselfsugtig te wees.

Die Bybel sê in 1 Korintiërs 10:31, “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.“. Alles kan gedoen word om God te eer. Jy kan die vullis uitneem om God te eer. Jy kan skottelgoed was om eer aan God te bring. Jy kan self leer vir ‘n toets om God te eer. Maar Hoe? Deur dit met die regte motief te doen: dankbaarheid. Indien jy wil hê dat jou lewe eer aan God moet bring, sodat jou doelwitte jou moet help om die beste te wees wat jy vir God se glorie kan wees.

Is my doelwitte gemotiveerd deur liefde?

God sal nie doelwitte wat word deur gierigheid, afguns, skuld, vrees of trots, seën nie. Maar Hy eer jou doelwit wat gemotiveer word deur ‘n begeerte om liefde aan Hom en ander te bewys, want die lewe gaan alles oor hoe om lief te hê.

Hoekom is dit belangrik vir jou om doelwitte te hê wat op liefde gebaseer is? Want as jy liefdelose doelwitte stel, gaan jy mense as projekte behandel. Jy gaan heeltemal oor hulle hardloop om jou doel te bereik. Jy gaan oor jou huwelik, jou vriende en ander mense hardloop terwyl jy op die leer van sukses klim. God sê, “Nee. Jy het dit alles verkeerd. Dit gaan nie oor prestasies nie. Dit gaan oor verhoudings. Dit gaan oor hoe om lief te hê.”

“Laat alles by julle in liefde geskied.” (1 Korintiërs 16:14). Die eerste doel in jou lewe moet wees om te leer om regtig lief te hê – jou familie, bure, onaangename mense, en diegene wat moeilik is om lief te hê.

Dit maak jou meer soos God, want God is liefde.

Gedrag beide: Vreemd en Lelik!

Ek is ‘n sondaar. En as sondaar vertoon ek alle vorme van gedrag, beide vreemd en lelik. Hoe meer ek myself leer ken, hoe meer sien ek die maniere waarop ek ‘n produk van my sonde is, waarin ek die wêreld deur die lens van my sonde beskou. Wanneer ek na buite kyk, en as ek na ander kyk, sien ek hulle deur sondige oë en interpreteer hulle deur ‘n sondige gees. Soos ek dit doen, val ek in die val van die sondeprojeksie.

Sondeprojeksie is wanneer ek my sonde op ander uitprobeer, met die veronderstelling dat hulle geneig is tot dieselfde sonde en daarom soveel as wat ek is. Ek is nie die enigste wat dit ook doen nie.

Die owerspelige man wonder of sy egbreker owerspel pleeg. Die kind wat leuns loop en vertel, veronderstel dat hy deur sy onderwyser belieg is. Die ongelukkige ouers is vinnig om hul kinders te beskuldig dat hulle ongelukkig is met hulle. Die mag-geobsedeerde pastoor meen die geassosieerde predikant beraam planne om hom te verplaas. Die jong man met die wellustige oog het moeite om te vertrou dat sy meisie se oë nie ewe geneig is om te dwaal nie. Die dief kan nie ander vertrou nie omdat hy aanneem dat hulle van hom sal steel, net soos hy van hulle sal steel. Die jaloerse musikant neemaan dat ander mededingend musiekante teenoor hom of haar is.

En so kan mens aanhou en aanhou. Ek sien die wêreld deur my eie sonde en projekteer my sonde op ander. Ek sien my sonde in hulle, selfs waar dit nie bestaan nie. Ek onregverdig en gooi beskuldig na hulle van my eie sondes.

Ek is ‘n sondaar. En as ‘n sondaar is dit net een van daardie vreemde en lelike gedrags patrone wat binne my is.

God se Onbewuste Teenwoordigheid.

Aanvanklik het Jakob niks gevoel nie. Hy het pas die huis verlaat terwyl hy op vlug was omdat sy broer, Esau, vasbeslote was om hom dood te maak. Jakob het geweet dat hy alles verkeerd gedoen het. Waar was God in dit alles?

Jakob het ‘n “sekere plek” bereik. Daar was niks spesiaal aan die plek toe hy daar aangekom het nie. Hy was moeg en bang, let wel. Hy nee ‘n klip vir ‘n kussing, plaas dit onder sy kop en raak so aan die slaap, sonder enige waarskuwing stap God in met ‘n droom.

Die onbewustelike teenwoordigheid van God beteken net dat ons niks voel wanneer Hy teenwoordig is nie. God se teenwoordigheid is inderdaad baie eg, eintlik baie meer realisties as wat ons werklik verwag. Op ‘n manier kan God, Sy teenwoordigheid van ons onbewustelik deel maak van ons allerdaagse lewe en ons voel dit nie eers nie, maar soms sonder waarskuwing ervaar ons ‘n gevoel van Hom wat ons bewaar diep binne ons en meeste van die tyd kan ons nie verwoord wat ons gevoel het nie. Meeste van die tyd voel ons niks, maar Hy is steeds daar saam met ons elke tree, elke asemhaling en selfs elke gedagte.

Ons moet dit onthou in alle aspekte van ons lewens. Dit is selfs waar wanneer ons aanjaag en ‘n gemors van alles maak dat selfs ons naaste vriende of geliefdes wat ons so baie misverstaan ons verwerp, en soms net verlaat, dan is Hy deur alles nog die heeltyd saam ons.

Ons moet leer om God eer te gee selfs as ons niks voel nie. Ons moet Hom aanbid wanneer ons moeg en bang is. In ons swakste oomblik – ja, selfs in ons grootste verleentheid wanneer ons voel ons het alles verkeerd gedoen en niks reg nie – God is daar saam ons. Ons moet dit net besef, en rus vind in Hom.

Hoor net wat sê God vir Jakob in hierdie moeilike tyd wat hy deurgaan: En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het. (Génesis 28:15)

Wow wat ‘n amazing ervaring, hoeveel keer mis ons hierdie geleenthede waar God net onbewustelik opdaag en ons baie keer ervaar wat Jakob doen in (Génesis 28:16)Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.