Moenie laat toorn wortel skiet nie!

Woede is ‘n menslike emosie wat God nie veroordeel nie. Die Here verstaan dat dit kan gebeur. Jy is ‘n mens, nie ‘n superheld nie! Dus, woede opsig self is nie ‘n sonde nie. Die Here Self word soms kwaad (sien die Bybel, Romeine 1:18, Jeremia 10:10).

Die Bybel moedig ons egter aan om nie daaraan vas te hou nie. “Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie…“. (EfesiĆ«rs 4:26).

So, die Here, in sy Woord, moedig jou aan om hierdie gevoel, hierdie emosie, nie toelaat om langtermyn te hou nie. Woede wat jy weier om vry te laat, kan ‘n wrok of bitterheid binne jou veroorsaak, en dan tot onvergewensgesindheid ontwikkel. Dit word gevaarlik vir jou siel.

Hier is raad vir jou vandag … wanneer jou woede opstaan, plaas die situasie dadelik in God se hande. Vra Hom om Sy hand op jou hart te sit en jou te help om so gou moontlik deur hierdie woede te kom, sodat dit nie langer as die dag kan duur nie. Selfs dan kan Christus jou hart genees en die woede in jou laat stil raak.

 

Advertisements