Hoekom het ons hoop?

Het jy al gewonder hoekom ons kersies op verjaardagkoeke sit en hulle dan doodblaas? In geen ander oomblik in ons lewens waar kos betrokke is, moedig ons iemand aan om oor ons kos te blaas nie. Ek gaan nie na ‘n restaurant toe, bestel ‘n halfgaar kruisskyf en vra die kelner om sy asem daaroor te blaas nie, né? Halfgaar met ‘n druppel spoeg.

Dit is egter die belangrike aspek van verjaardagpartytjies. Daar is iets fundamenteels verkeerd daarmee. Ek het al grootmense koek sien eet waarop hulle vierjaaroue kind geblaas het. Dink ‘n bietjie daaroor. As jy ooit ‘n klein kindjie sien kersies doodblaas het, weet jy dis nie net skoon lug wat oor die gebak sweef nie.

Daar is nog ‘n tradisie wat deel vorm van verjaardagpartytjies wat net so verwarrend is soos om kersies dood te blaas en dit is om ‘n wens te maak. Het ons dit goed deurdink?

Ek het nog nie iemand ontmoet wat beweer dat ‘n verjaardagwens hulle drome laat waar word het nie.

Almal glo in hoop, ons waardeer hoop en bevorder hoop. Daar is niks daarmee verkeerd nie— Jesus se volgelinge behoort mense met hoop te wees. Kom ons wees nou eerlik. Hoe gaan hoop ons help? Hoe is hoop enigsins beter as ‘n verjaardagwens? Hoop alleen kan nie mismoedigheid oorwin nie. Hoop kan nie omstandighede verander nie. Het hoop arms en bene wat ons kan red? Eintlik is hoop nie regtig hoop nie.

Hoop is noodsaaklik vir die mens se siel, maar ons moet seker maak dat ons hoop op iets meer as wense gebaseer is. Hoop is net so kragtig soos dit waarmee dit geassosieer word nie.

Dit is wat ons hoop in Jesus so ‘n veilige plek vir ons siele maak. Hebreërs sê: “…en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ‘n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. Hierdie hoop besit ons as ‘n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek. (Heb 6:18-20)

As volgelinge van Jesus is hierdie hoop uniek tussen alle ander hoopvolle dinge op aarde. Ons emosies, planne, verhoudings of finansies het nie ‘n invloed op ons hoop nie, omdat dit in Jesus geanker is. Ons siele het ‘n vaste onwankelbare anker waarnatoe ons kan gaan.

Sy naam is Jesus en ons hoop in Hom sal nooit beskaam nie.

Dink dalk bietjie hieroor:

  • Wat is party dinge waarvoor jy gewens het wat nie gebeur het nie?
  • Het jy al ooit sonder hoop gevoel? Hoe het dit jou siel beïnvloed, veral oor ‘n lang periode van tyd?
  • Hoekom is Jesus die beste bron van hoop vir ons siele?
Advertisements

Geestelike Toutrekkery…

In die warrelwind van jou nuwe lewe saam met Jesus, mag die volgende ontwaking soos ‘n stap terug eerder as ‘n stap vorentoe voel. God bied aan jou iets wat jy wil hê en nodig het—’n welkome tuiste. Iets binne-in jou mag dit egter teenstaan. Dit mag totaal en al onwerklik voel vir iemand wat so vêr en lank verdwaal was om deur sy Hemelse Vader verwelkom te word in Sy gesin—sonder om vrae te vra.

Hierdie deel in jou reis word die ontwaking tot liefde genoem. Teen hierdie tyd sê jy: “Ek verdien dit nie.” God se aanvaarding is net te ongelooflik. Wat God sê en doen is so teenoorgesteld van wat ons dink ons verdien. Ons kom tot die besef:

“God het my werklik baie lief.”

Jy kom seker nou agter hoekom ons van ‘n geestelike toutrekkery praat by jou tuiskoms. Ons het een stel oortuigings oor onsself en God het ‘n ander een. Ons kyk na ons verlede, een gevul met mislukking en skande en Hy kyk met liefde en deernis na wie ons is.

Daarom is hierdie ontwaking ‘n groot deurbraak. Ons besef miskien vir die eerste keer dat ons nie ‘n tweede kans verdien nie. Ons verdien nie om vergewe te word nie en ons verdien regtig nie dat God ons onvoorwaardelik liefhet nie.

Maar ons is! Jy is! Jy verdien dit nie, maar God gee dit in elk geval vir jou.

As jy soos die meeste mense is, ken jy die wysie van skaamte. Skaamte fluister: “Jy beteken eintlik niks” en “Jy verdien nie iemand se liefde nie” Skaamte skree: “Geen kanse meer vir jou nie!” Skaamte bring self-veroordeling. Wanneer ons vir die eerste keer genade ontvang, sê ons vir onsself: “Ek verdien dit nie.”

Moenie toelaat dat jou foute en mislukkings jou definieer nie. Dit is skaamte se stem. Jy is nie wat jy gedoen of nie gedoen het nie. Jy is nie wat aan jou gedoen is nie. Jy is wie God sê jy is. Sy kind.

Voel jy ‘n geestelike toutrekkery wat binne-in jou aan die gang is? Indien dit so is, hoe sal jy dit beskryf?

Ek kan nie alleen dit doen nie.

Ons almal het dinge in ons lewe waaraan ons nog vasklou, ongeag waar jy jouself bevind op jou pad terug na God. Vir sommige is dit ‘n geheime aktiwiteit of gewoonte wat niemand van weet nie. Vir ander is dit heel duidelik dat ons nogsteeds jaag.

Wat is dit vir jou? Waarvan moet jy ontslae raak? God laat nie iets nuuts in jou lewe toe voor jy nie van iets wat stukkend of gebreek is ontslae geraak het nie.

Wat moet dalk gebeur volgende?

  • Moet jy dalk iemand ‘n lui gee, en dalk verskoning vra?
  • Dalk moet jy dalk jou trots sluk en gaan praat met daai persoon wie jy so vermy?
  • Het jy al oorweeg om deel te word van ‘n ondersteuningsgroep?
  • Dalk sal jy moet stopsit aan daab in glip in die laaste ry kerkbanke party sondae?

Wat so baie van ons val op ons knieë neer en roep uit: “God, as jy daar is . . . !”

Om weg te beweeg van vernietigende keuses en hulp te soek, is deel van berou. Jy gaan terug huis toe, terug van waar jy gekom het en waar jy behoort te wees. Om huis toe te gaan, gaan oor vergifnis. Dit gaan oor die versekering van lewe na jou lewe op aarde. Dit gaan ook oor ‘n nuwe doel en rigting vir jou lewe, wat jy nêrens anders kan vind nie. Dit gaan oor ‘n verhouding met God. Jy moet jou lewensroete herbeplan en terugkeer waarvandaan jy gekom het en waar jy behoort te wees.

As jy berou het, verander God jou. Jy is eenvoudig net anders. Die Bybel sê dat God se Gees in jou binneste kom lewe en dit veroorsaak ‘n beduidende en volgehoue verandering.

Hou dit in gedagte dat berou nie bedoel dat jy sleg moet voel nie. Inteendeel, die Bybel sê dat ware berou na “tye van verfrissing” na die Here toe sal lei. Berou is om weer te begin en sluit dan ook erkenning in: “Ek het hulp nodig”. Hierdie oproep vir berou en ‘n wegkeer van sonde en terugkeer na God, is vir ons almal bedoel.

Vandag kan die dag wees wat jy huis toe kan gaan. Staan op daar waar jy nou is en kom huis toe, waar jy behoort. Dit maak nie saak watter verkeerde besluite jy in die verlede gemaak het nie. God sê vir jou: “Wat jy ookal gedoen het, wat jy ookal geword het, dit maak nie saak nie. Kom net huis toe.”

Waaroor is jy vandag spyt? Hoe kan daai berou jou lei na “tye van verkwikking” by God?

Bly Positief…

Alhoewel ek nog nooit `n nag in die tronk deurgebring het nie, was ek wel al`n paar keer vir detensie gestuur toe ek op hoërskool was.  Ek onthou nog my gemoedstoestand. Ek was vir seker nie gereed om enige iets positief oor die wêreld te skryf nie. My siening van die wêreld was vol vrees en woede, en nogals negatief.  Nie vir Paulus nie. Paulus was in boeie toe hy die volgende verse geskryf het: “Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het. Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek ’n gevangene is. Deur my boeie is die meeste broers ook in hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die woord van God onbevrees te verkondig.” (Fil. 1:12–13, my beklemtoning).

Wat???  Op een of ander manier, was Paulus in staat om sy kop op te tel te midde-in hierdie donker situasie en die groter prentjie te sien van geleenthede wat voor hom was.

Hy was oortuig dat God besig was met iets groter, ten spyte van sy situasie.

Sy boeie het gespreek van nutteloosheid, `n soort doodloopstraat.  Maar hy het nie toegelaat dat die boeie sy visie bepaal het nie.  In stede daarvan, het hy sy boeie deur `n panoptiese lens te beskou.  In stede daarvan om die boeie as beperkings te sien vir sy bediening, het hy dit beskou as nuttig, `n aanduiding dat hy geseënd was en besig om vorentoe te beweeg in God se doel met sy lewe.

Die manier waarop jy kyk is belangriker as die tragedie daarvan.

Die manier waarop jy kyk is sterker as die ondergang daarvan.

Een van die grootste verantwoordelikhede as `n leier, ongeag of jy invloed het of nie, is om positiwiteit te kies met betrekking tot die situasie waarin jy is.  Niemand het vandag meer beheer oor jou gesindheid as jyself nie.  En soos wat jy `n hoopgevulde, vooruit-denke, kan-doen-houding kies, kan jy meer invloed kultiveer as wat jy ooit gedink het jy kan.  Dit begin egter met `n keuse vir positiwiteit, ongeag wat die situasie is.

Invloed is Leierskap

Maak dit van jou `n leier om in beheer te wees? Absoluut nie.  Outoriteit is nie leierskap nie. Invloed is leierskap. Alhoewel ons nie outoriteit totaal kan los maak van die leierskapsvergelyking nie, is ek oortuig dat ons nie dáár kan begin nie.  Op een stadium tydens Jesus se bediening het Hy sy navolgers gewaarsku dat hulle nie posisie moet verwar met die roeping om te lei nie.  Omdat hulle die gevaar loop om dit verkeerd te doen, maak Hy `n skielike onderskeid tussen hoe Hy wil hê hulle moet lei en die manier waarop dinge tipies in die wêreld gebeur, wanneer Hy sê: “Maar by julle moet dit nie so wees nie.” (Matt. 20:26).

Wat is die “nie so” van leierskap waarna Jesus hier verwys?

Dit is die tipe leier wat soek na outoriteit vir sy eie persoonlike gewin.  In stede daarvan, redeneer Jesus dat die beste leiers diegene is wat hulleself met Jesus se visie vir leierskap belyn, as dienaars lei, wat bewus is van hulle eie verantwoordelikheid en wat aan `n hoër roeping beantwoord.

Wil jy `n “nie so met julle” soort leier wees?

Ek hoop so.  Ek weet hoe dit lyk en voel om die “geweer” van outoriteit te gebruik om mense aan die beweeg te kry, maar Jesus vertel vir ons daar is `n ander manier – `n beter manier.  Selfs al het jy outoriteit en `n posisie van leierskap, het `n inspirerende leier nie nodig om die hefboom van outoriteit te gebruik nie.  “Nie so met julle”-soort leiers leer dat daar maniere is om invloed te kultiveer en vertroue te bou.  Jesus vertel vir ons dat dit `n meer kragtige manier is om te lei, een wat ons kan uitoefen ondanks die aan- of afwesigheid van outoriteit.

Wat doen jy om vandag invloed te kultiveer? 

My Keuse, My Menings en God…!

Besluite is een van die moeilikste dinge wat ons doen. As dit so moeilik is om te kies tussen die sjokoladeskyfies en die rotsagtige pad, hoeveel meer pla ons oor hierdie kerk of daardie kerk, hierdie skool of daardie skool, hierdie werk of daardie werk, hierdie persoon of daardie persoon? Ons bid, ons sweet, ons huil, ons lees, ons rolrond in die nag en dan baie keer wanneer daai eensaamheid inkruip in ons lewe, sjo dan raak dit rof.

Hoekom hierdie vrees? Hoekom hierdie woede? Waarom hierdie slapelose nagte? Dit is die onsekerheid daarvan, ek is seker. Dit is die onsekerheid van waar ons keuses heen kan lei.

As dit gaan om besluite, het ons die begeerte om onsself te beskerm teen die verkeerde besluite of, dalk net meer behoorlik besluite, wat die gevolge van die verkeerde besluite kan versag. Ek wil nie ‘n opvoedkundige keuse maak wat my kind se siel in gevaar stel nie; Ek wil nie ‘n keuse maak wat my lei tot huwelikse ellende nie; Ek wil nie ‘n beroepskeuse maak wat my lei tot werkloosheid nie. Ek doen nie … Ek wil nie ongelukkig wees nie, en wil verseker nie toelaat dat my keuses my daarheen lei nie.

Wat ek regtig wil hê as ek ‘n besluit neem, is om die toekoms te sien.

Wat ek regtig wil hê as ek ‘n besluit neem, is om die toekoms te kan sien. Ek wil nie net die opsies voor my sien nie, maar die resultaat van elkeen van die opsies. As ek na die toekoms kon kyk en my kind sien as ‘n groeiende, standvastige, volwasse Christene, sou dit die keuse van hierdie skool baie makliker maak. As ek na die toekoms kon kyk, en ek sien sowat sestig jaar in sekerheid saam met daardie vrou, sou ek weet dat sy ‘n goeie keuse sal maak vir ‘n vrou. As ek net die einde kon sien, sou ek weet. As ek net toegang gehad het tot die toekoms.

In plaas daarvan doen God iets baie beter: Hy gee ons ‘n siening van Homself. Ons hoef nie die toekoms te ken as ons die een ken wat die toekoms in Sy hand hou nie. God wil nie hê ons moet ons hoop in ‘n toekomstige uitkoms leef nie, maar in Hom. Ons het nie ons geloof in ‘n resultaat gemaal nie, maar in ‘n Persoon. As ons die toekoms kon sien, sou ons ons oë van Hom af kon wegneem. As ons die toekoms kon sien, sou ons geloof in die toekoms wees. Maar as alles wat ons sien, God is, moet ons vertroue in Hom wees.

God troos ons nie deur ons die toekoms te laat sien nie, maar deur Homself aan ons te openbaar. Hy wys Homself as die Almagtige, Alwetende God wat vir ons is, nie teen ons is nie. Hy toon Homself as veel meer toegewyd aan ons as wat ons aan Hom is. Hy belowe dat Hy ons nooit sal verlaat, of alleen los nie, dat Hy alles goed sal laat saamwerk, sodat Hy saam ons tot die einde toe sal vasstaan. Hy waarborg dat Hy ‘n doel met ons elkeen in hierdie wêreld het en dat niks hulle kan verander of onderbreek of dwarsboom nie. Hy verseker ons dat Hy verheerlik sal word. Hy sê: “Moenie na die toekoms kyk nie, kyk na my!”

Ons hoef nie die toekoms te ken as ons die Een ken wat die toekoms in Sy hand hou nie.

Besluite is moeilik omdat ons nie God vertrou met die resultate van ons besluite nie. Besluite is moeilik net omdat ons geneig is om ons troos te verbeur, om ons hoop in ‘n visie van die toekoms te vind, eerder as in die een wat die toekoms in Sy hand hou. Jou vertroue in die neem van besluite is direk verwant aan jou selfvertroue in God.

Transformasie is daagliks

Die kerk was dikwels vinnig om ongelowiges te veroordeel vir hul sonde en gedrag, maar dit mag dalk net juis jou nie verras, dat die mense wat God nie ken nie, optree asof hulle God nie ken nie. Daarom moet ons eerder onself bekommer, eerstens of ons heilige en getransformeerde lewens self leef. Terwyl ons nastreef om meer te wees soos Jesus, kan ons dan die wysheid vra om Sy vriendelikheid aan die wêreld rondom ons te openbaar op ‘n manier wat hulle uitnooi om hul eie transformasie in Hom te vind.

As kinders van God word ons in Christus herskep om so hard soos ‘n diamant te wees, maar nog steeds so sag soos ‘n veldblommetjie te kan optree.

Ons leef in ‘n wêreld wat vervul wat Paulus in Romeine 1 geskryf het. Baie van ons het die kennis en teenwoordigheid van God verlaat en kan nie meer die basiese beginsels van Sy ontwerp vir die mensdom herken nie.

Maar vra jouself af, het die ongeregtighede van ons daaglikse lewe twyfel enigiets verander? Ongelukkig is ons meer bekend vir wat ons teen is as waarvoor ons is. Die heiligheid en transformasie wat ons in ons kultuur soek, gaan nie deur ons oordeel en veroordeel word nie, maar wanneer ons eers ons eie probleme aanspreek en dan God se goedertierenheid, genade en hoop aan diegene wat dit nodig het, loslaat.

God se vriendelikheid is altyd ‘n uitnodiging vir ons om terug te keer na die waarheid, eerder as om ‘n aantekening van die sonde te maak. Daarom het ons wysheid nodig. Soms doen ons dinge om te sê dat sonde nie sonde is nie, want ons wil nie hê mense moet skaam raak oor dit nie. Ons moet egter bereid wees om sonde te noem wat dit is, maar doen dit op ‘n manier wat hoop vrystel in plaas van veroordeling.

Heiligheid in ons kultuur begin met ons om ons heeltemal oor te gee aan God. Daar is ‘n generasie wat desperaat is vir transformasie, en hulle wag om dit in ons te sien.

God sê dat Hy ‘n land sal genees wanneer sy mense hulself verootmoedig en bid, nie wanneer alles perfek in die land se regering uitkom nie. Wat beteken dit vir jou?