Ontdek jou passie

Die ontdekking van jou passie is ’n noodsaaklike bestanddeel in die proses om jou roeping uit te leef. Passie is ’n baie sterk voorliefde of begeerte. As ons passievol is oor iets, sal dit die innerlike motivering wees wat jou deursien, ongeag die situasie of omstandighede. Selfs al is jy nie bewus van wat jou passie is nie, is dit ’n pêrel wat verborge bly totdat jy dit ontdek.

Jou passie is iets wat jy baie graag doen en wat jou energiek laat voel – as dit nie jou passie is nie, sal dit jou uitgeput laat voel. In Spreuke 22:6 lees ons dat ons aan ons kinders leiding moet gee volgens hul individuele gawes.

  • Wat omtrent jou?
  • Hoe kan jy jou passie ontdek?

As jy iets doen waaroor jy sterk voel, sal jy so ’n vervulling ervaar dat lofbetuigings onnodig word. Die resultate wat jy behaal, sal jou beloning word, jou met ’n gevoel van verwondering en tevredenheid vul.

Staan tyd af om die volgende vrae te beantwoord. (Dit sal jou lei om te sien wat jou passie is:)

1. Wat is jou belangstellings? Vind eendersdenkende mense met dieselfde belangstellings en laat hulle jou inspireer.

2. Wat geniet jy om te doen – wat maak jou opgewonde?

3. Wat gee jou soveel bevrediging dat jy dit sou doen selfs al word jy nie daarvoor betaal nie?

4. Watter ervarings in jou lewe was hoogtepunte, en hoekom staan dit vir jou uit?

5. Wat, en hoe, geniet jy om te gee?

6. Watter dinge of situasies is vir jou moeilik?

7. Waarvan hou jy nie, en wat wil jy beslis nie doen nie?

8. Met watter groepe mense verkies jy om mee te werk en geniet jy om by te wees?

9. Wanneer jy na jou antwoorde kyk, sal jy jou passie te voorskyn sien kom. Som nou jou passie in twee of drie sinne op.

Ontdek wie jy is

Die belangrikste ding wat in jou denke moet gebeur, is ’n paradigmaskuif. ’n Paradigma is ons kaart wat bestaan uit ons oortuigings, waarnemings, gevoelens, gesindhede en stereotipes. Wanneer ons ’n paradigmaskuif maak, verander hierdie ingewortelde kaart en ontvang ons nuwe ideale, gesindhede, hoop en drome.

Die manier waarop jy oor dinge dink – jou paradigma – bepaal die volgende:

  • Jou optrede
  • Jou besluite
  • Jou mate van geloof

As jy dink jy is ’n mislukking, sal jy besluit om nie enigiets wat die moeite werd is te probeer bereik nie, omdat jy in jou gedagtes reeds misluk het. As jy dink jy het nie genoeg geloof in jouself om iets te bereik nie, sal jy dit eenvoudig nie doen nie.

Die kern van ’n paradigmaskuif gaan oor vernuwing van die denke; nuwe ideale en gesindhede. Sien af van wat agter is – die ou paradigma. Sien af van die verlede – daardie pyn en vrese en assosiasies. Begin om jouself anders te sien en begin om jou sterk punte te verwoord. Dit sal jou in staat stel om God se wil vir jou lewe te leer ken.

Dink aan die mense wat tans in jou lewe is en jou inspireer. Hulle kan almal Goddelike verbindings in jou lewe wees. Bring tyd in hul geselskap deur, leer by hulle, koester en herken die rolle wat hulle op jou reis na jou roeping speel. Vra hulle om jou vir jou te sê wat hulle as jou sterk punte beskou en skryf dit neer. Begin om jou sterk punte te vier.

Vra vir jouself bietjie die volgende:

  1. Wat sien jy as jou sterk punte? Vra ’n vertroude vriend of leier om jou te sê wat hulle as jou sterkpunte beskou. Was enigiets wat genoem is ’n verrassing vir jou? Watter, en hoekom?
  2. Noem die persoon wat jy die meeste bewonder. Wat bewonder jy omtrent daardie persoon? Dink nou daaroor na, en indien nodig, vra jou vriend weer wat hy of sy dink. Watter van daardie eienskappe het jy in werklikheid ook?
  3. Wat is jou persoonlike waardes?
  4. Hoe kommunikeer ek/hoe maak ek kontak met mense?
  5. Vier jou sterkpunte. Noem elkeen van jou sterk punte, en dank God dat jy so wonderlik en uniek gemaak is.

Verwerp Passiwiteit

Die grootste gevaar van om nie aan die stuur te wees nie, is die passiwiteit wat jou wil bekruip.  Ek het dit in my eie lewe en leierskap gesien.  Wanneer ek nie in beheer is nie, bestaan die gevaar om uit beheer te voel.  Wanneer ek uit beheer voel, raak ek passief. Ten einde invloed te kultiveer sonder outoriteit, het ek en jy nodig om die passiwiteit te verwerp wat so aansteeklik is in die rolle waarin ons staan.

Wanneer ek uit beheer voel, raak ek passief.

In my vroeë twintigs was ek in `n seisoen waar ek van een internskap na die volgende geskuif het.  Tydens daardie seisoen het ek in byna elke internskap deels die taak gehad om `n kas uit te sorteer.  Ek besef nou dat in elke kerk of organisasie, selfs by `n huis, is daar `n kas waarin al die gemors net opbou.  Wanneer jy nie weet wat om met iets te doen nie, gooi jy dit eenvoudig in daardie kas.  In die meeste organisasies is daar `n dag in elke jaar, skynbaar toevallig wanneer die interns daar begin werk, wat daardie kas uitgesorteer moet word.

Nou dat ek aan die anderkant van die kas-leegmaak-vergelyking staan omdat ek leiding aan interns kan gee, is ek mal daaroor as ek sien hulle neem die insiatief daarmee nog voordat hulle gevra word om dit te doen.  Elke organisasie het só `n kas. Die kas verteenwoordig alles wat gedoen moet word, maar wat niemand wil doen nie. Daar is projekte, probleme en prosesse wat net verwaarloos word.  Hulle mag dalk eens op `n tyd gewerk het, maar het oor tyd vergete of verwerp geraak.  Tydens `n krisis is sommige dinge laat val en nooit weer opgetel nie.  Hierdie dinge is dikwels die langtermyn beplanningsitems, die praktyke en gewoontes wat `n organisasie gesond maak op die lang duur.  Maar dit sal tyd neem om dit weer te gaan uitsoek en af te stof.

Wat kan jy doen om jouself te aktiveer om dié dinge op te tel wat niemand anders gewillig is om aan aandag te gee nie?

Die tussen kritiese denke…

Om maar net te kies vir positiwiteit sal nie invloed kultiveer by jou werkgewer en die mense om jou nie. Alhoewel, `n positiewe houding gekombineer met die vermoë om krities te dink is `n kragtige kombinasie.  Kritiese denkers voeg waarde toe tot enige posisie en situasie waarin hulle hulself bevind.  Die gevaar, egter, is dat kritiese denke kan oorgaan in `n kritiese gees.  Die lyn tussen kritiese denke en `n kritiese gees is bitter fyn.

Jesus het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie; Hy’t gekom om die wêreld te red.

Kritiese mense dra `n notabord saam waarop hulle ander kan gradeer, maar kritiese denkers dra `n handdoek waarmee hulle ander wil help.  As daar enige iemand is wat die reg het om ander te gradeer, is dit die perfekte, sondelose Seun van God, maar Jesus het nooit `n notabord gedra nie. Hy het `n handdoek gedra.  Jesus het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie; Hy’t gekom om die wêreld te red.  Hy was vêr meer geïnteresseerd om ander te help as om hulle te gradeer.

So dink positief.

En wees `n kritiese denker daarby.  Wees bekend as `n waarde-toevoeger, `n probleemoplosser.  Soos wat jy die vermoë om krities te dink najaag, hou die beeld in jou gedagtes, die prentjie van Jesus op Sy knieë, handdoek in die hand, besig om die vuil voete van Sy naaste navolgers te was.  Die Skepper van sterre en sterrestelsels het vir ons `n prentjie gegee van wat ons die mees nodigste het — om gedien en skoongewas te word in ons hart van harte.

Jesus het vir ons gedoen wat ons die meeste nodig gehad en die minste verdien het.

Hy kon ons gegradeer het, uitgewys het waar ons misluk en die merk gemis het, maar Hy het nie. In plaas daarvan, het Hy ons bekend gestel aan die radikale konsep van diensbare leierskap deur `n handdoek te gryp en die notabord te laat val.  Om krities te dink is noodsaaklik om `n leier te word wat lei, wanneer jy nie aan die stuur is nie.  En soos wat jy leer om krities te dink, moet nooit vergeet dat die handdoek die manier is waarop God ons lei, en dat dit altyd meer kragtig is as die notabord.

Dink dalk bietjie hieroor:

  • Wat doen jy wat waarde toevoeg tot die span waarvan jy deel vorm?
  • In jou pogings om `n waarde-toevoegende, kritiese denker te wees, het enige deel van jou al sinies, negatief of pessimisties geraak?

Indien jy voel jy wil dalk jou gedates ruil, los dalk ‘n comment onder sal graag wil weet wat is jou siening oor hierdie gedagte..