My Weergawe

Die skrywer van die boek Hebreërs, sê dat Jesus die Begin en Voleinder van die geloof is. Hy was nog altyd die Een wat ons kom soek het. Hy het ons nie net gesoek nie, maar skryf ook ons storie van verlossing. Net soos stukkies papier wat weggegooi word terwyl ‘n skrywer aan ‘n storie werk, sal sommige stories nie realiseer of ondervind word nie. Jesus is egter produktief en omvattend in sy soektog. Vir elkeen is daar ‘n verlossingsplan.

Jesus het alreeds jou storie beplan, ook die dele wat nog moet plaasvind. Dit is meer as net ‘n storie. Dit is eerder soos ‘n bloudruk, ‘n reisprogram, of ‘n plan — God se plan — vir jou. Ek het dit al so dikwels gehoor, dat dit nie vir my waar klink nie.

God het ‘n plan vir jou lewe.

Maar Hy het regtig ‘n plan. Ek weet nie alles van jou plan af nie, maar ek weet daar is ‘n oomblik waar jy kan kies om God se vergifnis te aanvaar en ‘n volgeling van Christus kan word. As dit nog nie met jou gebeur het nie, kan jy dit nou kies.

Fiksieskrywers skryf dikwels hoofstukke wat nie in die finale konsep opgeneem word nie. Soms stel ‘n skrywer verskillende weergawes van ‘n hoofstuk op. Net een sal in die finale boek opgeneem word.

Op God se tafel lê daar verskillende weergawes van jou storie, en Hy wag vir jou om te sien watter een in die “gepubliseerde” weergawe van jou lewe opgeneem gaan word. Hy is die skrywer van jou geloof en ook die een wat die einde bepaal. In die Bybel lees ons dat “Hy wat ‘n goeie werk in jou begin het, sal dit end-uit voer en voleindig.”

Dit is vreemd dat ‘n God wat alles van ons af weet, vir ons wag om te besluit watter storie ons gaan kies, maar dit is hoe broos die wêreld is waarin ons leef. Elke dag gebeur daar verskriklike dinge, omdat God vir die mens die mag gegee het om self ‘n keuse te maak. Ons kan kies tussen sleg of goed, en aksie of onaktiwiteit. God weet alreeds wat jou keuse gaan wees, maar dit maak nie jou vermoë om te kies tot niet nie.

Hoe gaan jou storie eindig? Gaan daar ‘n hoofstuk wees waar jy vergifnis, vrede en vreugde ontdek, wat vir jou wag? Of sal die einde hartseer en ironies wees, met jou wat naby aan verlossing gekom het, maar dit nie wou aanvaar nie, omdat jy bang was vir die risiko om soos ‘n gek te lyk?

Is dit nie dalk tyd dat ek dalk God vra om my te vergewe omdat ek nie dapper genoeg is om na U toe uit te reik nie. Help my om slim genoeg te wees om dit te kies wat u vir my beplan. Ek wil die beste weergawe van U storie vir my lewe leef.

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s