Swierige Misleiding

Die vyand van ons siel het ‘n mooi plan uitgewerk om ons huidige verslawing na ‘n goeie lewe te laat lyk en ons vryheid soos ‘n offer te laat voel. Dit is moeilik om iemand wat verslaaf is vry te maak as hy nie besef dat hy verslaaf is nie. Die sluier van die realiteit moet eers gelig word, sodat hulle die waarheid kan raaksien.

Christene het deesdae dieselfde uitdaging. Ons leef in ‘n samelewing waar ons geloof outyds en leeg voel. Die wêreld verblind ons sodat ons nie kan sien hoe min tyd ons oor het nie. Ons bou weelderige kastele op die dek van ‘n sinkende skip, terwyl ons terugstaan en ons prestasies bewonder, wat binnekort onder die yskoue deinings van tyd gaan verdwyn.

Jy voel dalk nie soos ‘n slaaf nie. Dit is dalk moeilik vir jou om die Bybel te verstaan en godsdiens staan jou nie aan nie. Maar iets binne in jou laat jou hierdie “blog” lees. Jy het dalk nog nooit in ‘n kerk tuis gevoel nie, maar jy besef daar is ‘n krag groter as jouself wat alles in stand hou.

Doef – Doef, Doef – Doef; Jou hart klop in jou borskas. Jy voel dit, maar jy sien dit nie. 

Jy is nou in dieselfde situasie met God. Jy voel iets, maar jy kan dit nie verduidelik nie.

Toe Jesus in Sy tuisdorp se sinagoge kom, het hulle vir hom ‘n boekrol van Jesaja se profesieë gegee. Hy het ‘n gedeelte gelees van gevangenes wat vrygelaat word en gebroke harte wat genees word. Toe Hy klaar gelees het sê Hy: “Vandag het al hierdie woorde uit die Bybel waar geword, reg voor julle oë.” Eintlik het Hy vir die mense kom vertel dat Hy gekom het om mense vry te maak.

Sy opdrag het tot vandag toe nog nie verander nie. As iets nou in jou binneste knaag, of jy onrustig voel, hou aan met lees. Ek hoop dat jou oë sal oopgaan vir die waarheid en dat jy Jesus sal sien vir wie Hy werklik is… jou Verlosser.

Vra God bietjie, dat jy Hom op ‘n nuwe manier sien. Dat Hy jou die wysheid sal gee om die ware toedrag van sake raak te kan sien en verby satan se misleiding te kyk. Vra God dak ook dat jy Hom wil leer ken vir wie Hy is, ongeag jou vorige ondervindinge met godsdiens en geloof.

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s