Etikette

Ek het al baie etikette in my lewe gehad — introvert, getrou, verantwoordelike middel kind, onseker, nie goed genoeg nie, verwaant, arrogant, hoogmoedig — en die lys gaan aan en aan. Ongelukkig het ek oor die jare alles wat my toegesê was geglo, selfs al het ek geweet dat party van dit nie werklik was wie ek is of waarvan ek gehou het nie. 

Die laaste ses jaar het ek ‘n moeilike pad geloop. Dit was die donkerste seisoen in my lewe en die vyand het my getreiter met allerhande etikette. Ek was gebroke, verlore, onbruikbaar en ‘n teleurstelling vir God en die mense na aan my.

Genadiglik het iets in my begin verander soos wat ek deur die gebrokenheid gewerk en toegelaat het dat God my genees. Ek het dit wat God van my in Sy Woord sê, gebruik om die vyand te verslaan.

Ek het begin sien wie ek in Christus is en die reddende krag van die kruis in my lewe begin ervaar. 

Algaande het al die etikette begin weggeval. Ek het ontslae geraak van al die krenkende woorde en beskrywings wat oor dekades heen oor my uitgespreek was. Ek het my ware identiteit begin ontdek. Dalk het jy jou eie etikette: ouer, hulpeloos, verworpe, lewensmaat, vergete, werknemer, ongeliefd. Mense het dalk ook woorde oor jou uitgespreek of jy het letsels oor wat jou herinner aan ou wonde. Wat dit ookal mag wees, dit maal oor en oor in jou gedagtes en het begin om jou te definieer.

In werklikheid leef jy volgens daardie woorde in plaas van volgens God se Woord.

Vandag se gedagte is ‘n herinnering dat God sy liefde oor jou uitgestort het van die oomblik toe hy jou gemaak het, deur elke moeilike tyd en op hierdie oomblik. Ek wil jou graag help of verby die negatiewe etikette te kyk en jouself anders te begin sien. My gebed is dat jy vandag hierdie reis sal begin en jou identiteit in Christus vind. Alhoewel die verlede jou gevorm het, staan die feit vas dat dit jou nie definieer nie. Een etiket wat jy kan aanneem is “kind van God”.

Die definisie van wie jy is behoort aan die Skepper van die Hemel en Aarde en jy kan besluit wie jy gaan word.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s