Liefde maak Onselfsugtige Opofferings

Die Tweede Wêreldoorlog fliek, wat ‘n “Academy” toekennnig gewen het, “Saving Private Ryan”, vertel die verhaal van ‘n jong soldaat (Manskap Ryan) wie se broers almal in ‘n veldslag dood is. Om sy familie die pyn van die verlies van al hulle seuns te spaar, beplan die regering ‘n reddingspoging om hom te red en huis toe te bring. Hierdie reddingspoging word gelei deur ‘n ernstige weermag kaptein wat klaarblyklik dink die hele ding is ‘n slegte idee.

In die finale toneel van die fliek, word die kaptein noodlotting gewond in die uitvoer van die missie. Met sy sterwenswoorde kyk hy die soldaat in die oë en sê: “Verdien hierdie! Verdien dit.” Die fliek flits baie dekades vorentoe en ons sien Manskap Ryan as ‘n ou man by die graf van die kaptein staan. Jy kan sien dat daardie woorde by hom bly spook het en dat hy sy lewe lank probeer het om dit te “verdien”, maar hy is nie seker of hy geslaag het nie. Hy pleit by die graf, op soek na goedkeuring, maar hy kry dit nie.

Baie mense glo dat hulle hul geloof in Jesus geplaas het, maar hulle glo ook dat hulle moet verdien wat Hy aan die kruis vir hulle gedoen het. Hier is die goeie nuus: toe Jesus aan daardie kruis gehang het, besig om te sterf om jou te red, het Hy nie Sy laaste woorde gebruik om te sê: “Verdien dit” nie. Weet jy wat Hy eerder gesê het?

Hy het gesê: “Dit is volbring!”

Verstaan jy dit? Dit is volbring. Dit beteken klaar, voltooid, geseël, afgehandel! Dit is God se geskenk van genade. Jesus het klaar al die werk gedoen. Jy kan dit nie naastenby verdien nie, al probeer jy ook met alles wat jy het, en God het dit nog nooit van jou verwag nie.

Die Bybel sê, dat as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en in jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. (Rom. 10:9) Dit is nie ‘n plig vir jou om te verdien nie; dit is ‘n geskenk wat jy in geloof ontvang. Reik uit na jou Verlosser en wees lief vir God, met jou hele hart, verstand, siel en al jou krag. Hy het reeds al die werk gedoen, en Hy het dit uit liefde vir jou gedoen. Dit is volbring.

Wat is die grootste opoffernig wat jy gemaak het vir iemand vir wie jy lief is?

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s