Waar is U, Here?

Philip Yancey sê: “Onvolmaaktheid is die voorvereiste vir genade. Lig kom slegs deur die krake in”.

Dwarsdeur ons lewens bereik ons almal ‘n punt waar ons met geestelike kwessies worstel. Ek het ‘n man geken, wie se egenoot van agtien jaar, noodlottig beseer is in ‘n ongeluk waar die bestuurder van die motor onder die invloed van drank was. Na die ongeluk, in ‘n gesprek met hom, het hy uitgebars: ” ‘n Goeie God sou nie toelaat dat ‘n dronk idioot my vrou vermoor en die idioot laat lewe nie! Ek is nie eens meer seker dat God wel bestaan nie, en indien wel, wil ek nie enigiets met so ‘n tipe God te doen hê wat so iets toelaat nie!” 

Ek het nie hierdie man se verlies ervaar nie, maar ek kry nogtans seer vir sy part. Wat meer is, ek kon sien dat, onderliggend aan sy pyn, hy eintlik wel op God wou vertrou. Hy kon net nie op daardie oomblik die pyn wat hy beleef vereenselwig met die beeld van God waarin hy wil glo nie. 

Wanneer jy deur ‘n vallei strompel is dit moeilik om die lig te sien.

Jy wil glo, maar vind dit moeilik om die hoop-gevulde boodskap van die Christelike geloof te vereenselwig met wat jy om jou sien en beleef. Meer as 2 600 jaar gelede het Habakuk baie van dieselfde vrae gevra wat mense dwarsoor die wêreld vandag nog vra. In God se genade het Hy Habakuk tot ‘n mate van sy angs verlos terwyl Hy sekere vrae steeds onbeantwoord gelaat het.

Aan die ander kant van sy twyfel het Habakuk gegroei tot ‘n persoon met ‘n ryker geloof, ‘n geloof wat moontlik nie so ten volle sou ontwikkel indien hy nie deur sy twyfel gestoei het nie. Lees dalk bietjie deur sy storie die volgende paar dae. Dink daaroor. Indien jy alles ten volle verstaan het sou jy nie geloof benodig het nie, sou jy?

Sonder geloof is dit onmoontlik om God tevrede te stel. (Heb 11:6) Hoekom? Want geloof en vertroue moet ontspring vanuit liefde en nie vanuit ‘n besigheidsverhouding, ‘n transaksie of ‘n situasie waarin ons geen keuse het nie.

  • Is jy gewillig om eerlike vrae te vra?
  • Om te stoei met God? 

Meer belangrik, is jy gewillig om te luister na God se antwoord? 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s