Neem jy notas?

George Mueller noem iets interesant hy sê:

Indien ons begeer om ons geloof te versterk moet ons nie wegskram van geleenthede waar ons geloof getoets, en dus, deur beproewing, versterk word nie.

Hoe reageer jy wanneer die lewe op jou intuimel? Wat is jou natuurlike reaksie, die dinge waarheen jy hardloop vir vertroosting, verligting of om te ontsnap? 

Om ‘n situasie te probeer vermy, vererger sake en ons eindig meer gefrustreerd omdat niks verander het nie. Ons mag selfs skuldig voel omdat ons nie sterk genoeg is om die doring in ons vlees te hanteer nie. Die uiteinde is dat ons verder weghardloop van die enigste persoon wie ons werklik kan help. 

Totdat ons gewillig is om ‘n eerlike gesprek met die Here te hê, sal ons nooit vrede beleef nie. Die vraag is egter hoe? 

Habakuk begelei ons deur hierdie vallei, met drie spesifieke aksies. Eerstens het Habakuk die skynbare onregverdigheid van die Here bevraagteken. Daarna het hy besluit om die bevraagtekening te staak en na God te luister. Derdens het hy notas geneem. Die Here het vir Habakuk beveel: “Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees.” (Habakuk2:2)

Hoekom sou God wou gehad het hy moet dit doen?

God het in der waarheid vir Habakuk gesê: “Skryf dit neer, sodat wanneer Ek myself waar en regverdig bewys, almal kan onthou dat Ek ‘n God van My woord is.” Wanneer die Here vir jou iets sê, hou rekord daarvan, want jou geestelike vyand is bedrewe daarin om die saad van waarheid wat God wil plant, te steel. 

Dalk dink jy: ” Komaan Pieter! Ek hoor wat jy wil sê, maar ek is net nie juis ‘n skrywer nie. Dit is ‘n goeie idee, maar verwag jy regtig dat ek my foon, tablet – of selfs belagliker, pen en papier – moet uithaal om neer te skryf wat ek dink God vir my sê? 

Dit is presies wat ek sê.

Die handeling om woorde op papier of ‘n skerm te sit, lewer ‘n getuienis, verseël ‘n gedagte en help om jou verantwoordbaar te hou. Hou rekord van God se boodskap aan jou. 

Bedink ‘n plan hoe jy op ‘n gereelde basis gaan rekord hou van jou gesprekke met God. Begin sommer vandag al.  

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s