Glo

C. S. Lewis het iets besonders gesê: “Ek glo in die Christendom soos wat ek glo dat die son opgekom het: nie net omdat ek dit nie kan sien nie, maar omdat ek as gevolg daarvan al die ander dinge sien.”

Ware hoop vereis ‘n ferm, standvastige fondasie.

Soos die skrywer van Hebreërs verduidelik: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebreërs 11:1) Sonder ons geloof in die karakter van God – en ons verhouding met Hom – as ons fondasie, kan ons net sowel hoop op Kersvader of een of ‘n ander mens. 

Ek besef dat al hierdie abstrakte idees, net so ook geloof, kan begin voel of dit verwyderd is van die vlees-en-bloed, rekeninge-en-bankrotskap beproewinge waardeur jy mag gaan. Maar miskien is geloof nie abstrak nie. Miskien is dit die enigste fondasie wanneer alles geskud word. Die Apostel Paulus stel dit so: “Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou. En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om ’n sterk Christelike karakter te vorm. En ’n sterk Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo dat God se nuwe wêreld op ons wag.” (Romeine 5:3-4) 

Hier is my siening van Paulus se vordering van lyding tot intimiteit met God:

Wanneer ons deur die moeilike tye ly, neem ons God op Sy Woord en glo dat Hy steeds in beheer is, met ‘n spesifieke doel in gedagte. Ons druk dus deur, terwyl ons op Hom staatmaak. Soos wat ons aangaan, uur na uur, dag na dag, week na week, word ons sterker. Ons geloof groei, ons volwassenheid groei, ons vertroue in God groei. Soos wat ons sterker word, glo ons in God se goedheid, meer as in ons omstandighede. Ons leer om te glo in God se beloftes.

Geloof in God kan jou stewige fondasie wees.

As jy steeds wil glo, sal God jou ontmoet te midde van jou pogings om te glo. Selfs al gooi jy jou Bybel eenkant en swaai jou vuis na God of bevraagteken Hom, soos Habakuk gedoen het, sal God die passievolle opregtheid van jou strewe eer. As jy regtig God se nabyheid en omgee vir jou wil ervaar soos jy deur jou beproewinge gaan – en jy smag meer na Hom as net ander omstandighede – dan sal Hy langs jou wees met elke treë wat jy gee. 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s