Besig vs Rus

Rus is moeilik vir my omdat my natuurlike neiging is om haastig te wees en na meer te streef. Ek het lank genoeg met my foute geleef om te verstaan dat, diep in my wese glo ek, dat as ek nie werk nie, misluk ek. En as ek misluk, is ek waardeloos. Maar met dieselfde asem glo ek dat ons God in ons werk kan dien, en ek glo dat ons Hom eer wanneer ons rus.

Ons moet rustig raak, tyd in die Woord spandeer (belê) en stil genoeg wees om God se stem te hoor, sodat ons beter toegerus is om die werk te doen wat Hy ons vra om te doen. As ek 24/7 probeer om sonder rus te gaan, brand ek nie net uit nie, verwaarloos ek nie net my gesin nie of is ek nie net ‘n swak rentmeester van my gesondheid nie, maar begin ek haastige besluite neem op grond van my agenda en drome, in plaas daarvan om na God se stil leiding te luister.

Charles Swindoll het geskryf: “God het ons nooit gevra om aan die druk en eise van die lewe toe te gee op eie voorwaardes nie, of deur op ons eie krag staat te maak nie. Hy het ook nie gevra dat ons Sy guns wen deur ‘n indrukwekkende portefeulje van goeie dade nie. Inteendeel, Hy nooi ons om in Sy rus in te gaan.”

God het hard gewerk, gerus en dit heilig genoem.

Ons word genooi om saam met Hom in daardie rus in te gaan, want in daardie oomblikke kan ons ons laste neerlê, in Hom bly en doen wat Hy ons geskep het om te doen om ons siele vir die toekomstige dae te verfris.

Volgens my begrip was rus altyd iemand wat op die bank sit en sinneloos peuselhappies verorber terwyl hy televisie kyk. Ek het gedink dat ek daardie aftyd verdien het, dat om niks te doen die manier was waarop ek moes ontspan. Maar ek het dikwels meer uitgeput gevoel, naar van al die suiker wat ek verorber het, en heeltemal ongemotiveerd om enigsins iets te doen. 

Mag ek ‘n mite vir jou ontrafel? Vir elkeen lyk rus anders. Ek het vriende wat energie opbou deur ‘n lang oggenddraffie, waar hulle alleen kan wees met hul gedagtes, gebede en die sypaadjie. Ek het ander vriende wat verfris word deur mense na hulle huis te nooi vir lekker kos en goeie gesprekke. En jy kan vind dat jy op jou beste rus wanneer jy ‘n boek lees, kuns skep, musiek speel of tuinmaak.

God het ons met soveel sorg geskep dat dit geen verrassing behoort te wees dat ons rus so uniek soos ons werk kan wees nie.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s