Wat is my storie?

Vir mans is dit ‘n eer om littekens van vorige gevegte te dra – die mank loop wat kom van jare se rugby speel, of die skewe neus, van gevegte met ‘n boelie op die speelgrond. Hierdie nagevolge herinner ons aan ons vorige glorieryke tye.

Ons dra ook letsels van oomblikke in die verlede wat nie so glorieryk was nie. Dalk is dit ‘n afwesige pa, ‘n saketransaksie wat sleg verloop het, of ‘n vriendskap wat jou in die moeilikheid laat beland het.

Hierdie draaipunte in jou lewe of in verhoudings, kan ‘n letsels laat waarvan jy nie eers bewus is nie. Maar net soos daardie mank loop, kan dit jou verhinder om ‘n vol en vry toekoms in te gaan.

Ons vraag vir vandag is: Wat is my storie?

Hierdie vraag is ‘n herinnering dat die verduideliking van sommige van jou huidige omstandighede, in die verlede te vinde is.

Om in ‘n gebroke gesin groot te word het jou dalk geleer dat jy nie op geliefdes kan staatmaak om altyd daar te wees nie. Die bagasie wat jy as gevolg daarvan saamdra, kan in jou huwelik insluip; jy vrees dat jou vrou jou sal verlaat as julle twee ‘n argument het.

Johannes, sê dat die waarheid jou sal vry maak – in hierdie geval beteken dit dat jy die verband raaksien tussen die verlede en die hede. Dit gee jou die geleentheid om te vergewe. Dit maak jou vry van bitterheid. Jou verlede herinner jou, maar definieer jou nie.

Om terug te kyk na jou verlede, mag jou help om jou hede te verduidelik en sal verseker jou toekoms vrymaak.

PROBEER DIT VANDAG DOEN

Kies een keerpunt in ‘n verhouding of oomblik in jou storie. Help hierdie ou omstandigheid jou om jou huidige probleme of optrede te verduidelik?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s