Die Weerkaatsing in die Spieël

Dis moeilik om nie in ‘n spieël te kyk nie, nie waar nie? As jy by ‘n spieël verby loop, gaan jy noodgedwonge daarin kyk. Ons almal doen dit. 

Hierdie gewoonte is ook waar in ons verhoudings. Ons kyk voortdurend na ander om te sien hoe ons moet lyk. As ons dit doen, laat ons mense, ons besittings en ons werk toe om ons selfbeeld te vorm. As die beeld goed is, voel ons goed. As die beeld sleg lyk, voel ons onseker oor onsself. 

Die weerkaatsing in die spieël maak dat ons alles om ons laat draai, al is dit nie so nie. Dalk groet ‘n vriend jou nie by die werk nie, en jy aanvaar dat hy kwaad is vir jou. Dalk is die kassier by die winkel onbeskof en jy neem dit persoonlik op. Miskien het jy aangebied om met iets by die kerk te help en jy voel seergemaak as niemand vir jou dankie sê nie.

As jy mense soos spieëls behandel, skep jy ‘n wêreld wat net om jou draai.

Kyk na sosiale media. Studies bewys dat Facebook ‘n direkte invloed het op jou persoonlike bevrediging, want gebruikers sien die “hou van” en kommentare as ‘n maatstaf van hulle waarde. Dit is so maklik om jouself te vergelyk: Hoekom hou mense nie so baie van my foto’s nie? Is my kinders nie oulik nie? Hou mense minder van my? 

Dit stop egter nie daar nie.

Kyk maar na huwelike en verhoudings. Het jy al ooit jou wederhelfte gedwing om iets te doen, of om op ‘n sekere manier op te tree, omdat dit saak maak hoe dit jou laat lyk? Het ‘n ongesonde verhouding jou selfbeeld gevorm? Wat van vriendskappe? As ‘n vriend jou nie terugbel nie, of nie ‘n boodskap antwoord nie, hardloop jou gedagtes met jou op hol met vrae soos: “Wat het ek verkeerd gedoen?’ Dalk was hy net eenvoudig te besig, maar nee, jy kom tot valse gevolgtrekkings oor jouself. Dis omdat al ons verhoudings soos spieëls kan werk.

Toe ek besef dat ek my verhoudings en bediening net om myself laat draai het, het ek gesien dat my selfvertroue afhanklik was van hulle suksesse of mislukkings. ‘n Suksesvolle bediening het beteken dat ek waarde gehad het. Suksesvolle vriendskappe het beteken dat ek geliefd was. Die teenoorgestelde was egter ook waar, en dit het my teneergedruk en onseker oor myself laat voel. 

Dit is die natuurlike uitvloeisel van afgodery.

As ons enige iets bo God stel, is dit net ‘n kwessie van tyd voor dit ons in die hakskeen byt. 

Wat is iets in jou lewe waaroor jy onseker voel? Waar dink jy kom daardie onsekerheid vandaan? Hoe laat dit jou op jouself fokus?

Christus Gesentreerd

Dit is baie belangrik dat jy doelgerig op jou verhouding met Jesus fokus. Maar hoe doen jy dit nou eintlik? Wel ek is nie ‘n kenner nie maar hierdie is wat ek sovêr geleer het in my lewe.

Stap 1: Besluit en Wees Toegewyd

Gesels met jouself om seker te maak jy het dieselfde doel. Christus-gesentreerd beteken dat jou verhouding ten volle toegewyd is aan Christus. Die res is ondergeskik. Probeer om ‘n paar geloofsverklarings te maak wat uitlig dat Christus die middelpunt van jou lewens sal wees. “Ek het besluit, wat my lewe betref, dat ek die Here sal dien.” “Ek sal die Here vertrou.” “Ek sal myself aan die Here oorgee.” “Ek sal die Here volg.” 

Stap 2: Soek God

Om God vir jouself te soek, is ‘n vereiste om saam ‘n Christus-gesentreerde verhouding te hê. A.W. Tozer het ‘n goeie voorbeeld hiervan gegee. Hy het gesê: “Het dit ooit by jou opgekom dat een honderd klaviere wat almal deur dieselfde vurk gestem is, almal outomaties met mekaar ooreenstem? Hulle is almal ingestem, nie die een met behulp van die ander nie, maar volgens ‘n standaard waaraan elkeen individueel moet voldoen.” Om in Christus verenig te word, moet ons onsself in lyn bring met Christus en nie met mekaar nie. Wanneer ons ons verhouding met God ernstig opneem, bring Hy die eenheid.

Stap 3: Soek Saam na God

Jy moet elke dag as ‘n vernootskap tyd maak om geestelik te verenig. Dit is waar dit prettig word. Daar is verskeie dinge wat jy kan doen om op Hom gefokus te bly. Jou verhouding kan versterk word deur gebed. Jy kan saam op ‘n gereelde basis by die kerk van diens wees of jou gemeenskap dien. Gaan voort met die passie wat God vir jou as ‘n individue gegee het! 

Ons kragtigste geestelike verbintenis is om God se Woord te bespreek. In die Bybel kan ‘n mens leesplanne saam met vriende doen en ons werk elke dag saam aan ‘n plan. Dis wonderlik om te bespreek wat God vir ons individueel openbaar en waar Hy ons saam heen lei. 

Wanneer Christus die kern van julle verhouding is, sal Hy meer kan doen as wat jy ooit op jou eie kan doen. Neem dan nou ‘n besluit om Hom eerste te plaas.

Onthou om te onthou

In ons wandeling deur die Bybel om in elke boek een blommetjie te pluk en dit te deel, het ek vandag by Deuteronomium uitgekom.

God gee aan Moses die opdrag om ’n bepaalde lied aan die volk te leer – ’n lied met ’n bedoeling. Elke keer wanneer hulle die lied sing, sal hulle in hul gewete geruk word omdat hulle besig was om hul God te vergeet. Hier volg God se opdrag aan Moses: “Teken hierdie lied vir julle op en leer dit vir die Israeliete. Laat hulle dit sing sodat die lied my getuie teen hulle kan wees” (Deut 31:19).

Moses se tyd op aarde is byna verstreke en soos dit maar dikwels gebeur wanneer ’n groot leier sterf, sal daar ’n inploffing van wet en orde plaasvind. Dié lied sou hulle help om te onthou wie hul God is, waar hulle vandaan kom en waarheen hulle op pad is.

Waarom dan juis ’n lied daarvoor gebruik?

Miskien is dit omdat ’n goeie lied die hartsnare roer soos dit op geen ander manier gedoen kan word nie. Om met jou hart te sing, is soms meer werd as om met jou verstand te bid.

As ek sekere liedere hoor, sweef ek in my gedagtes na my kinderjare toe, hoe ons as familie bymekaar gekom het en Oupa het gewoonlik dit ingesit met onder meer: “Heer, waar dan heen? Tot U alleen . . . Dank Vader, dank vir U genade. Dis onverdiende guns alleen.”

Op die bedkassie was gewoonlik ‘n bruin leer Bybel gele, die stille getuies dat hier ’n goeie gewoonte vasgelê is. Maar wat my die meeste aangegryp het, was as oupa in die vroeg oggend ure my soms wakker gebid het sonder om eers te weet hy doen. Die oggendgebed was soos brandstof wat die dag se reis moontlik sou maak.

Hoe sal ek ooit die dag ná my oupa se begrafnis vergeet toe ek wegstap by die graf, met die wete dat dinge nooit weer dieselfde sal wees nie. Wat sou oupa se sieninge gewees het vandag, terwyl die trane oor my wange rol: “wonder ek soms of ek ooit so inpak sal kan maak in my kinders se lewens soos wat my oupa in myne gemaak het . . .”

Nou verstaan ek vandag so goed waarom God vir Moses ’n lied gegee het vir die volk om te onthou wie hul God is en waar hulle wortels lê.

Onthou om te onthou!

Wat as ek dit nie kan deursien nie?

Het jy dalk ‘n paar goeie doelwitte in gedagte en vertrou jy dat die Here jou sal lei maar, wat daarvan as jy nie daarin slaag nie? Jy is dalk bang dat jy dit nie sal kan deursien nie, die moontlikheid dat jy dit dalk sal verbrou is tog groot en nou is jy dalk bang dat jy God sal teleurstel.

Welkom, jy is nie al een wat so voel nie, dit vreet soos ‘n kanker aan my! Wat nog gepraat van die wat reeds vir jou vertel het jy is die rede vir….

Daar is ‘n gewilde spreekwoord wat lei: “Hy het geglo hy kon en hy het.”

God se Woord onthul egter aan ons ‘n dieper, bevrydende waarheid: Hy het geglo hy kon nie, daarom het God. Vriend(in) jy hoef dit nie alles alleen te doen nie. God verwag nie van jou om perfek te wees nie. Dit is waarom Hy Jesus gestuur het om ons te red – Hy het geweet ons het ‘n Redder nodig om ons krag te wees wanneer ons swak is, om ons te lei, om ons die weg te wys, en om die straf vir ons sondes op Hom te neem.

Die Evangelie dien as aanmoediging tot God-geleide doelwitte, en motiveer ons om weer op die regte pad te kom indien ons val.

Waar jy nie kan nie, kan God. In werklikheid het Hy dit reeds aan die kruis gedoen. Dit maak nie saak wat jy bereik of nie bereik nie, God het reeds die uiteindelike oorwinning oor die dood behaal vir jou en vir my! Daar is niks wat jy so kan verbrou dat Hy nie iets moois daaruit kan skep nie.

Kom ons bring alles bymekaar:

  • Soek God se wysheid in God-geleide doelwitte en wyse beplanning. Hy sal dit vir jou gee!
  • Neem stappe in geloof, in die groot doelwitte, maar ook in die skynbaar alledaagse stappe tussen-in.
  • Vertrou God om Sy genade oor jou uit te giet in die tye waar jy droogmaak op die pad – want droogmaak, sal jy! Maar, indien jou doelwitte na God wys, sal jy nie die skip verlaat nie. Jy sal na Hom keer vir krag en wysheid, wetende dat hoe jy die doelwit bereik nie soveel saak maak as hoekom nie.

Dalk is dit nodig om dalk saam te bid en te vra: Here, wat ‘n avontuur was dit uit u lewe-gewende Woord! Help my om iets te doen van wat ek geleer het en, meeste van alles, help my om u Goeie Nuus van Jesus te deel. Laat al my doelwitte, klein of groot, lei na U voete. In tye waar ek faal, herinner my aan U veranderende genade. Laat die genade my voortdryf om my doel vir my lewe uit te leef! In Jesus se Naam. Amen!