Onthou om te onthou

In ons wandeling deur die Bybel om in elke boek een blommetjie te pluk en dit te deel, het ek vandag by Deuteronomium uitgekom.

God gee aan Moses die opdrag om ’n bepaalde lied aan die volk te leer – ’n lied met ’n bedoeling. Elke keer wanneer hulle die lied sing, sal hulle in hul gewete geruk word omdat hulle besig was om hul God te vergeet. Hier volg God se opdrag aan Moses: “Teken hierdie lied vir julle op en leer dit vir die Israeliete. Laat hulle dit sing sodat die lied my getuie teen hulle kan wees” (Deut 31:19).

Moses se tyd op aarde is byna verstreke en soos dit maar dikwels gebeur wanneer ’n groot leier sterf, sal daar ’n inploffing van wet en orde plaasvind. Dié lied sou hulle help om te onthou wie hul God is, waar hulle vandaan kom en waarheen hulle op pad is.

Waarom dan juis ’n lied daarvoor gebruik?

Miskien is dit omdat ’n goeie lied die hartsnare roer soos dit op geen ander manier gedoen kan word nie. Om met jou hart te sing, is soms meer werd as om met jou verstand te bid.

As ek sekere liedere hoor, sweef ek in my gedagtes na my kinderjare toe, hoe ons as familie bymekaar gekom het en Oupa het gewoonlik dit ingesit met onder meer: “Heer, waar dan heen? Tot U alleen . . . Dank Vader, dank vir U genade. Dis onverdiende guns alleen.”

Op die bedkassie was gewoonlik ‘n bruin leer Bybel gele, die stille getuies dat hier ’n goeie gewoonte vasgelê is. Maar wat my die meeste aangegryp het, was as oupa in die vroeg oggend ure my soms wakker gebid het sonder om eers te weet hy doen. Die oggendgebed was soos brandstof wat die dag se reis moontlik sou maak.

Hoe sal ek ooit die dag ná my oupa se begrafnis vergeet toe ek wegstap by die graf, met die wete dat dinge nooit weer dieselfde sal wees nie. Wat sou oupa se sieninge gewees het vandag, terwyl die trane oor my wange rol: “wonder ek soms of ek ooit so inpak sal kan maak in my kinders se lewens soos wat my oupa in myne gemaak het . . .”

Nou verstaan ek vandag so goed waarom God vir Moses ’n lied gegee het vir die volk om te onthou wie hul God is en waar hulle wortels lê.

Onthou om te onthou!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s