Die Weerkaatsing in die Spieël

Dis moeilik om nie in ‘n spieël te kyk nie, nie waar nie? As jy by ‘n spieël verby loop, gaan jy noodgedwonge daarin kyk. Ons almal doen dit. 

Hierdie gewoonte is ook waar in ons verhoudings. Ons kyk voortdurend na ander om te sien hoe ons moet lyk. As ons dit doen, laat ons mense, ons besittings en ons werk toe om ons selfbeeld te vorm. As die beeld goed is, voel ons goed. As die beeld sleg lyk, voel ons onseker oor onsself. 

Die weerkaatsing in die spieël maak dat ons alles om ons laat draai, al is dit nie so nie. Dalk groet ‘n vriend jou nie by die werk nie, en jy aanvaar dat hy kwaad is vir jou. Dalk is die kassier by die winkel onbeskof en jy neem dit persoonlik op. Miskien het jy aangebied om met iets by die kerk te help en jy voel seergemaak as niemand vir jou dankie sê nie.

As jy mense soos spieëls behandel, skep jy ‘n wêreld wat net om jou draai.

Kyk na sosiale media. Studies bewys dat Facebook ‘n direkte invloed het op jou persoonlike bevrediging, want gebruikers sien die “hou van” en kommentare as ‘n maatstaf van hulle waarde. Dit is so maklik om jouself te vergelyk: Hoekom hou mense nie so baie van my foto’s nie? Is my kinders nie oulik nie? Hou mense minder van my? 

Dit stop egter nie daar nie.

Kyk maar na huwelike en verhoudings. Het jy al ooit jou wederhelfte gedwing om iets te doen, of om op ‘n sekere manier op te tree, omdat dit saak maak hoe dit jou laat lyk? Het ‘n ongesonde verhouding jou selfbeeld gevorm? Wat van vriendskappe? As ‘n vriend jou nie terugbel nie, of nie ‘n boodskap antwoord nie, hardloop jou gedagtes met jou op hol met vrae soos: “Wat het ek verkeerd gedoen?’ Dalk was hy net eenvoudig te besig, maar nee, jy kom tot valse gevolgtrekkings oor jouself. Dis omdat al ons verhoudings soos spieëls kan werk.

Toe ek besef dat ek my verhoudings en bediening net om myself laat draai het, het ek gesien dat my selfvertroue afhanklik was van hulle suksesse of mislukkings. ‘n Suksesvolle bediening het beteken dat ek waarde gehad het. Suksesvolle vriendskappe het beteken dat ek geliefd was. Die teenoorgestelde was egter ook waar, en dit het my teneergedruk en onseker oor myself laat voel. 

Dit is die natuurlike uitvloeisel van afgodery.

As ons enige iets bo God stel, is dit net ‘n kwessie van tyd voor dit ons in die hakskeen byt. 

Wat is iets in jou lewe waaroor jy onseker voel? Waar dink jy kom daardie onsekerheid vandaan? Hoe laat dit jou op jouself fokus?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s