Lei in Deernis en Besorgdheid

Hoe moet ons reageer wanneer ons gekoesterde ideale, uit die bloute, ons gesin se huidige en toekomstige veiligheid en ook alle ander lewensdrome waarvoor ons gewerk en waarin ons belê het, skielik bedreig word? Terwyl ek oor hierdie vraag nagedink en gebid het, het dit vir my duidelik geword dat daar tog antwoorde is.

Eerstens, moet ons met deernis en besorgdheid reageer teenoor diegene wat ly en diegene wat seer het. Sedert die koms van sosiale media is ons nie meer omstanders of verbygangers nie. Ons het deel geword van deurlopende gebeure en spelers wat deel van die aksie is. Hierdie medium kan ons ten diepste beïnvloed en deernis in ons wek wanneer ons sien hoe ander in ons wêreld swaarkry. Daar moet egter ‘n groter rol vir ons wees as om net diep geroer te word deur dit wat ons deur die luggolwe sien en hoor. 

Wat is ons verantwoordelikheid? 

Wanneer ons teenspoed ervaar, is dit gerusstellend om iemand te hê wat die pad saam met ons stap. Dit is vertroostend om te weet dat ons God, “die God [is] wat ons bemoedig” (2 Kor. 1: 3-5), wat belowe het om ons nooit te versaak of in die steek te laat nie. Een van die dinge wat ons te midde van tragiese omstandighede kan doen, is om met deernis en begrip na ander uit te reik — om mense in nood by te staan en hulle te vertroos (Matt. 5: 4). Ons moet in moeilike tye na ander uitreik. Deernisvolle mense is diegene wat die pyn van ander ervaar en optree om daardie pyn op enige manier te help verlig. 

Terwyl ons in vertroosting na ander uitreik, wil ek jou egter ook daaraan herinner dat God ons grootste bron van troos is en altyd sal wees. Hy identifiseer met ons in ons hartseer en pyn, omdat sy Woord ons leer dat “Hy ‘n man van lyding is wat pyn geken het” (Jes. 53: 3). Hy verstaan ​​ons unieke omstandighede, onsekerhede en vrese beter as onsself. Terwyl Hy ons in die moeilike tye van ons lewens vertroos, is ons dan beter toegerus om ander op ons beurt te help vertroos. 

Mag ek vir jou wat ly, wat diep bedroef en seergemaak is oor die verliese in jou lewe, sê dat God jou bron van vertroosting en krag sal wees.

Hy treur saam jou terwyl jy die laste van jou verliese dra en Hy deel die erge gevoel van leegheid en hulpeloosheid wat jy mag ervaar. Nietemin, te midde van daardie smart, verlaat Hy jou nie. Hy bly aan jou sy en bied jou Sy genade in die donkerste dae, want dit is Sy begeerte om jou hart te vertroos (2 Kor. 1: 4).

Jy Kry Wat Jy Verheerlik

Het jy al ooit gekyk hoe ‘n dogter deur haar ma “opgemaak” word, hoe sy bekendgestel word aan grimering, blosser, oogomlyner en lipstiffie terwyl sy nog ‘n kind is? Dan word sy vertel hoe pragtig sy is, nie omdat sy eintlik is nie, maar omdat sy (of haar ma) so hard probeer.

Was jy al ooit by ‘n junior rugby wedstryd en gekyk hoe ‘n pa met vreugde skreeu oor sy seun se uitmuntende lopie of oor die drie wat hy gedruk het? Palms word oral in hoë-vyfs (High-Five’s) teen mekaar geslaan soos hy ingly en punte aanteken.

Ek het al lank genoeg gelewe om te sien hoe van hierdie jong seuns en dogters mans en vroue geword het, en ek het tot die slotsom gekom dat jy kry wat jy verheerlik

Wanneer ons ure en baie rande bestee aan klere vir ons kinders en adolessente, veroorsaak ons dat hulle grootword as mense wat oormatig bekommerd is oor die dra van modieuse klere. As die enigste ding waarmee ons ons seuns verheerlik, ‘n sportsprestasie is, gaan ons sportbehepte mans kry wanneer hulle grootword.

Daar is niks verkeerd met klere of grimering nie, en daar is niks verkeerd met sport nie.

Maar wees bewus van wat jy in jou kinders verheerlik.

In my woordeskat kan die woord “verheerliking” geruil word met die woord “prys.” Wat jy in jou kinders prys, is wat hulle vir hulself sal nastreef soos hulle grootword.

Oorweeg dit om jou kind se vriendelikheid teenoor ander te verheerlik. Sien dit raak wanneer hulle iets vir hulle broer of suster doen. Prys hulle daarvoor. Verheerlik hulle omdat hulle bid, die Bybel lees, uitvra oor Jesus en geld gee aan die kerk, liefdadigheid of die armes.

Onthou, jy is elke oomblik besig om te lei. Die vraag is waarheen.

Vraag: Sal jy op so wyse lei deur te verheerlik wat jy hoop om te kry wanneer jou kinders tot volwassenheid groei?

Wie kan ek vertrou?

Ons is gemaak om deel uit te maak van die kamaraadskap van ‘n groep. Daarom, selfs wanneer ons nie meer lede van die hoërskool rugbyspan, netbalspanne of militêre eenhede is nie, soek baie van ons steeds die samesyn van antieke motorklubs of ‘n Saterdagoggend se gholf viermanskap of net ‘n damesoggend tee sessie.

Maar selfs in die geselskap van hierdie groepe, selfs met dosyne vriende, leef die meeste mense nog steeds ‘n eensame lewe.

Daar is ‘n verskil tussen ‘n vriend(in) met wie jy ‘n stokperdjie deel, of ‘n verlede, of ‘n paar koffie sessies en die soort vriende met wie jy jou daaglikse uitdagings en geheime deel. Ek dink beide soort vriende is belangrik.

Ons vraag vir vandag is: Wie kan ek vertrou?

Die kweek van die soort vriendskap waarin jy teenoor ‘n vriend(in) kan erken dat jy onlangs die versoeking gehad het om na jou verkeerde gewoontes te te keur, kom natuurlik nie maklik vir die meeste van ons nie. Dit moet ‘n baie goeie vriend(in) wees. Maar vandag se vers in Prediker vertel vir ons hoekom dit die moeite werd is om so ‘n vriend(in) te vind. Wanneer die sonde jou na die randjie van ‘n verskriklike besluit lok, is hy/sy die man wat sal help.

Die versoeking van sonde onvermydelik.

Weet jy egter wat wag vir jou as jy die moed geskep het om jou stryd met ‘n vriend te deel? Hy/sy sal sê: “Ek ook.” Wie is daardie vriend(in) vir jou?

PROBEER DIT VANDAG DOEN

‘n Betroubare vriend(in) sal nuuskierig wees oor jou lewe sonder om te kompeteer. Hy/sy sal jou aanmoedig en jou veilig laat voel om jou geheime te deel. Kan jy aan iemand dink wat hierdie eienskappe het? Indien wel, reik vandag uit na hom/haar.

God Gebruik Ons Werk Vir Sy Doeleindes

Na baie jare van beproewings, het Josef se drome goeie vrugte afgewerp. Farao het nie net die hele Egipte se werksaamhede aan Josef toevertrou nie, sy broers het na hom gekom om voedsel te soek toe die hongersnood hulle getref het en hulle het voor hulle broer gebuig, alhoewel hulle nie dadelik geweet het dat dit hy was nie. Dit was al die tyd God se bedoeling om die sewe jaar van oorvloed en sewe jaar van hongersnood te gebruik om sy volk na Egipte te lei waar hulle hul toevlug sou neem.

God het die omstandighede gebruik om Josef voor te berei om Sy plan uit te voer.

Toe Jakob gesterf het, was Josef se broers bevrees dat hy uiteindelik sy wraak sou neem. Maar Josef het op God se doel bly fokus en so gereageer: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen […] die redding van baie lewens” (Genesis 50:20). Josef het net ‘n klein gedeelte gesien van hoe hy inpas by God se groter plan, wat ons vandag kan sien. Eendag sal Josef presies sien hoeveel lewens hy help spaar het. 

Jakobus 1:2-3 sê: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” Wanneer ons getrou is in tye van beproewing, maak ons die deur oop vir God om wonderlike dinge deur ons te doen. Dit is belangrik om te vertrou dat God ons werk kan en sal gebruik om karakter te bou, ons te versterk en uiteindelik resultate te lewer wat ons nooit anders sou bereik het nie. 

Wanneer ons op Jesus gefokus bly, kan ons die vertroue hê dat God ons werk op groter maniere gebruik as wat ons kan dink. Ons mag dalk sien hoe God ons werk in die groter prentjie gebruik, soos Josef het. Eendag sal ons almal sien watter rol ons getrouheid in God se plan gespeel het. 

Daag jouself uit om toe te laat dat God jou deur moeilike omstandighede louter en die betekenis van jou werk vir sy doel en sy heerlikheid verhoog.