God Gebruik Beproewing

Soos ons deur die uitdagende tye in ons lewens gaan, kan ons een van twee dinge doen: groei of stagneer. Daar is ook geen veroordeling as jy teenoor God ontsteltenis voel wanneer moeilike tye jou pad kruis nie. Ons het almal al so gevoel, maar as ons Hom soek, sal ons Hom vind. Een van die maniere hoe ons weet dat ons geloof gedurende die moeilikhede groei, is wanneer die “hoekom” vrae verander na “hoe” vrae. 

Hoe gaan U dit in my lewe gebruik?
Hoe gaan U ander beïnvloed deur hierdie beproewing in my lewe?
Hoe gaan U deur hierdie verwoesting die goeie na vore laat kom?

Daar is ‘n baie gewilde gesegde onder Christene wat lui: “God laat alles ten goede meewerk.” Dit is ons algehele, hoopvolle waarheid. Ongeag of ons in ongewensde, uitdagende omstandighede beland het; of dit ons eie keuse was wat ons daarnatoe gelei het; God sal elke krieseltjie daarvan gebruik om ons lewens los te koop, ander te beïnvloed en eer te ontvang. Kom ons bespreek wat God met ons pyn doen.

Hy Verander Ons
Wanneer ons deur uitdagende beproewings gaan wat ons diep seermaak, wil ons meestal net “daaroor kom.” Om egter werklik oor iets te wees moet ons eers daardeur gaan. Ons moet deur die pyn werk, dit wat ons harte breek, hanteer om by die genesing aan die anderkant uit te kom.

Soos ons deur storms in ons lewe gaan sal ons sterker word. 

Hy Verander Ander
Baie mense gaan deur uitdagings in hul lewens wat uiteindelik aan hulle die ondervinding gee wat geen formele onderrig kan nie. Ons het dalk nie almal ‘n universiteitsgraad nie, maar ons is deskundiges in ons soort pyn. God sien dit en oorweeg ons as sy instrumente om ander te help. Paulus skryf in 2 Korintiërs 1:4 dat “Hy ons bemoedig sodat ons ook ander kan bemoedig.” Hy laat ons nie deur die diepste, donkerste teëspoed gaan net om te sê dat ons daardeur is nie. Nee, sy begeerte is dat ons die vertroosting wat Hy ons gee ook met ander sal deel. 

Romeine 8:28 sê dat God alles ten goede laat meewerk.

Nie net sekere goed nie maar alles.

God het die ergste ding wat ooit kon gebeur—Jesus se dood aan die kruis—laat meewerk om die verlossing van die mensdom teweeg te bring. Hoe erger die pyn, hoe groter is die geleentheid vir God se verlossing om pragtig vertoon te word. Met elke verhaal van verlossing ontvang God die eer omdat Hy die tragedies in ons lewens in oorwinnings verander. 

Dink dalk bietjie hieroor:

  • Wat was die mees uitdagende beproewing wat jy al deurleef het?
  • Hoe kan jy die pyn gebruik om die lewe van ander te beïnvloed daarmee?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s