Onderdanigheid

Die Boek Habakuk eindig met ‘n kragtige uitdrukking van onderdanigheid: 

Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.” (Hab. 3:17-18)

Habakuk het geweet dat dinge nie goed verloop nie. Tog het hy nie van God weggedraai nie.

Verskeie millennia vroeër, het beide Job en Dawid iets soortgelyks gedoen. God se alom karaktertrekke gee Hom enersyds die reg om beide goeie en slegte dinge op almal uit te stort. Matteus 5:45 sê: “Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.” 

Die dissipline van onderdanigheid begin met ‘n erkenning van wie God is

 William Booth het eenmaal gesê: “Die grootheid van ‘n mens se krag, is die omvang van sy oorgawe.” Jesus is ‘n voorbeeld hiervan. In die tuin van Getsemane het Hy “met sy gesig teen die grond geval en gebid: ‘My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.’” (Matt. 26:39). Hy het Homself aan sy Vader onderwerp, wat Hy geweet het, almal se beswil op die hart dra. Hy het sy vertroue in die Een geplaas wat Hy geweet het, betroubaar is.

Ons kan ons onderwerp omdat ons onder die sterk hand van ‘n God, ons Redder, is. Onderdanigheid plaas ons presies waar ons behoort te wees. Psalm 91:4 gee ons ‘n lieflike beeld hiervan: “Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.” Ons is die skape van Sy weiveld, nie andersom nie. Dit is nie nodig om Sy beheer as Koning en Herder met geweld oor te neem nie, want by Hom is ons veilig en sonder Hom is ons niks nie. 

Ons houding van onderdanigheid herinner ons dat as Koning van ons lewens, God die een is wat opdragte uitreik. Onderdanigheid lei tot evangelisasie. Ons onderwerp ons aan God en is gehoorsaam in alles wat Hy ons vra. Evangelisasie is ‘n daad van liefde, maar is gegrond op ‘n opdrag wat gegee is: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels …” (Matt. 28:19). Die gedagte mag ons vreesbevange maak, maar dit is nodig om te onthou dat wanneer ons ons aan die God van almal onderwerp, is ons nooit alleen nie. “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matt. 28:20). 

Ons evangelisasie is Sy evangelisasie. Terwyl ons oor Jesus praat, is dit eintlik Sy Gees wat die werk doen. Ons onderdanigheid, wanneer dit uitgedruk word in die toon en bewys van Jesus se liefde aan ander, is ‘n nederige daad van aanbidding wat die Gees van God toelaat om binne-in en deur ons te beweeg.

Dalk kan jy dit goedvind en bietjie oor die volgende vrae nadink:

  • Maak onderdanigheid jou senuagtig of vertroos dit jou?
  • Wanneer jy aan onderdanigheid dink, wat kom in jou gedagtes op ten opsigte van jou lewe? 
  • Wat is die verhouding tussen onderdanigheid en om ‘n dissipel van Christus te wees?

2020 was…

2020 was vol uitstekende planne, verwagtinge en idees, wat deur ‘n wêreldwye pandemie belemmer was. Ongekende tye vra vir ongeëwenaarde toewyding. Wanneer ons deur probleme gaan en ons oorweldig word, moet ons onsself herinner aan wie Christus is.

Ongekende tye vra vir ongeëwenaarde toewyding.

Christus, die sigbare beeld van die onsigbare God, was al daar ​​voor enigiets geskep was, en is bo die hele skepping. God het Hom verhef tot die hoogste eer en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is. Die Naam van Jesus is kragtig, dit verander lewens en gee lewe. As ons ons oë op Jesus rig, verander ons perspektief.

Onthou dit altyd: toe julle Christene geword het, het julle saam met Christus ’n nuwe lewe gekry. Tree asseblief nou op soos mense wat saam en vir die Here leef.Julle moet al meer so leef dat Jesus daarmee tevrede sal wees. Onthou, Hy is die Een met die mag. Hy sit op die oomblik op die ereplek langs God self in die hemel.” Kolossense 3:1 (DB)

Paulus het een ontmoeting met Jesus gehad en was nooit weer dieselfde nie. Die blinde man se sig is herstel, die vrou met bloedvloeiing is genees. Al wat dit vereis is een ontmoeting met Jesus en ons lewens sal vir altyd verander.

Ons leef in ongekende tye, gevul met twyfel en onsekerheid, maar hier is die waarheid: as ons aan die Woord van God vashou, is ons hoop en vertroue op God, al weet ons nie wat die toekoms inhou nie.

Wêreldwye pandemies sal kom en gaan, maar Christus bly deur alles heen dieselfde. Hy is die Begin en Voleinder van die geloof.

God het Homself getrou bewys. 

Getrou aan sy Woord en getrou aan Sy beloftes. Ons hoop op Christus is vertroue in wie Hy is. Jy was miskien deur ʼn moeilike seisoen en het soms moedeloos gevoel, maar dit is in oomblikke van swakheid wanneer ons volmaak word in Hom. Jesus is die Naam bo elke naam. Daar is vryheid, genesing en vertroosting in Sy Naam.

Wat Jesus Oor Bekommernis Gesê Het.

In Matteus ses gaan Jesus voort met Sy bergrede wat in hoofstuk vyf begin het en strek tot aan die einde van hoofstuk sewe. In hierdie gewilde leering, gee Jesus onderrig oor gebed, woede, egbreuk, sowel as ander onderwerpe. Hy het pas oor geld en besittings gepraat toe hy die onderwerp van bekommernis aanroer. 

“Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie. Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?” Matteus 6:24-25.

Jesus het ons gevra om nie bekommerd te wees nie, want Hy weet dat ons versotheid op geld, ons geneentheid om God te dien, sal beïnvloed. Ons bekommernisse gaan dikwels verder as ‘n stryd oor geld. Daar is baie ander probleme waarmee ons daagliks te kenne is, wat skynbaar ‘n bekommernis is. Kom ons kyk waarom Jesus ons gevra het om nie bekommerd te wees nie:

Niemand Baat By Bekommernis Nie

Jesus het ons geleer dat bekommernis nutteloos is. Dit lewer geen vrugte op nie. Daar is absoluut niks wat daaruit voortspruit nie. Bekommernis sou sinvol wees as dit produktief was. Maar dit is nie. Om oor ‘n situasie bekommerd te wees, verhoed nie dat dit nie gebeur nie. Tog is dit wat ons gereeld doen in plaas daarvan om ‘n keuse daarteen te maak. 

Bekommernis Is Onnodig

Jesus het in Matteus ses vir ons gesê dat daar voorsiening gemaak word vir die voëls in die lug en die blomme in die veld. En dit is net voëls en blomme! Hoeveel te meer sorg Hy vir ons? ‘n Enorme hoeveelheid! Hy gee meer vir ons om as vir enige ander geskape dinge. Hy het nie vir hulle aan die kruis gesterf nie — Hy het vir ons gesterf! Dus, as daar voorsiening gemaak word vir hulle, hoeveel te meer sal Hy aan ons voorsien?

Bekommernis Ontbloot Ons Toewyding

Of ons oor ons geld, mense of loopbane bekommerd is, is ons tyd op bekommernis toespits, is dit waaraan ons ons toewy. Ons moet onsself eerder toewy aan die mense wat God in ons lewens geplaas het en ons beste doen in ons werk. Volgens Matteus ses moet ons die koninkryk van God eers soek, en daarna sal alles vir ons bygevoeg word.  

Daar is tye in ons lewens waar ons wettige bekommernisse het oor waarheen ons op pad is, of diegene vir wie ons lief is. Die apostel Paulus sê in Filippense 4:19: “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.”

God se voorsiening beteken nie ons kry alles wat ons wil hê nie of selfs alles wat ons dink ons nodig het nie. Om die waarheid te sê, Paulus was in die tronk toe hy Filippense 4:19 geskryf het! Tog het hy steeds erken dat al sy geestelike behoeftes in Christus bevredig is. Dieselfde is waar vir ons: as ons in Hom bly, sal ons alles hê wat ons nodig het.

Dink dalk bietjie hieraan:

  • Waaroor bekommer jy jou gewoonlik? (geld, loopbaan, gesondheid, ens) 
  • Watter negatiewe gevolge het bekommernis vir jou al veroorsaak?