Die wonder van ‘n nuwe begin

Dink daaroor – Sara was 90 jaar oud toe sy swanger geraak het! Ons lees in die Bybel dat sy al lankal verby die ouderdom was waarop vrouens kinders kon hê, so sy was sekerlik verby haar menopouse. Die feit dat sy dus op hierdie ouderdom ’n baba kon hê, was beslis iets wat God in haar lewe gedoen het. Die vervulling van God se belofte aan Abraham en Sara was ’n wonderwerk! 

Maar dink net aan die volgende: Om selfs ten spyte van die wonderwerk op 90-jarige ouderdom swanger te wees en ’n baba te kry! ’n Mens se energievlakke is nie naastenby dieselfde op 90 as op byvoorbeeld 25 of 30 nie. 

God het ’n verandering belowe, ’n nuwe begin.

God het dekades later eers daardie nuwe begin geskenk. Hy het geweet hoe oud Abraham en Sara sou word. Hy het presies geweet wat Hy doen. Hy het sekerlik vir hulle die krag en energie gegee om die eise van ouerskap te hanteer. En dalk nie net dit nie, Hy het vir hulle die seën van ’n nuwe begin gegee. God doen dinge nie halfpad nie.

Wanneer God ’n verandering in jou lewe bewerk, lei Hy jou daardeur.

Toe Naomi besluit het om terug te gaan Betlehem toe, het sy vir haar skoondogters gesê om terug te gaan na hulle eie families toe. Dit het sin gemaak. Naomi het geweet sy gaan sukkel om vir haarself te sorg, wat nog vir hulle ook sorg. Hulle was nog jonk en hulle families kon vir hulle ander huwelike reël. Hulle kon kinders kry en die lewe leef wat normaal was vir ’n vrou in daardie tye. Ja, dit het sin gemaak. Miskien was Orpa meer realisties oor haar omstandighede omdat sy na Naomi se raad geluister het, haar skoonma gegroet het en huis toe gegaan het.

Tog het Rut geweier om huis toe te gaan. Sy het gekies om haar familie en alles wat sy geken het agter te laat en saam met Naomi te gaan. Dit kon nie ’n maklike besluit gewees het nie.

Partykeer is die besluite wat voor jou is, verwarrend.

Dit is dalk moeilik vir jou om te weet watter besluit is die regte een, want – kom ons wees nou maar eerlik – soms is die regte besluit die moeilikste een. Dit kan dalk beteken dat jy jou geliefdes of ’n bekende plek moet verlaat, of dalk selfs dat jy van werk moet verander of ’n verhouding moet beëindig. Die regte keuse gaan wees om na die geheelbeeld te kyk en nie net na wat vandag gebeur nie. Rut het die regte besluit geneem en God se seën het haar lewe gevul.

In gemeenskap

Ons geloof is nie ons eie nie. In die 21ste eeuse individuele kulture, mag ons glo daar is net twee kritiese mense: God en onsself. Ons persoonlike dissipelskap word een waar ons glo, solank ons God het, het ons niemand anders nodig nie. Selfs ‘n terloopse lees van die Skrif, vernietig hierdie siening van die Christelike geloof. Die liggaam van Christus en die gesamentlike gemeenskap van geloof — of dit nou die Israeliete in die Ou Testament, die Jode in Jesus se tyd, of die heidene wat ingeënt is — almal is familie. 

Die teoloog N.T. Wright haal aan: ‘As God ons vader is, is die kerk ons moeder.‘ Hierdie woorde is dié van die Sweed, Johannes Calvyn … dit is net so onmoontlik, onnodig en ongewens om op jou eie ‘n Christen te wees, as wat dit is om alleen ‘n pasgebore baba te wees.

“Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” Prediker 4: 9-12

Die dissipline van gemeenskap begin met ‘n gewilligheid en oopheid om weerloos teenoor ander te wees.

Ons begeer almal om geliefd te wees vir wie ons is. In ‘n wêreld waar ons prestasies en toekennings geprys word, verlang ons na plekke van oorspronklikheid. As ons eerlik is, weet ons ons kan die vront lank volhou nie en het ‘n diepe begeerte om met ander wat ook so voel, kontak te maak. In gemeenskap, verbind ons ons daartoe om nie die goeie, die slegte en die lelike van dié wat saam met ons reis, weg te steek nie. 

In gemeenskap werk ons ook daartoe om ander in ons gemeenskap dikwels te ontmoet. Handelinge 2:46-47 is ons maatstaf: “Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind.” 

Elke dag! Kan jy jou dit voorstel? Waar soek ons in ons besige lewe gereeld gemeenskap om God te aanbid en te groei in ons verhouding met Hom as die liggaam van Christus? Ons moenie skuldig of skaam voel as ons nie daagliks ontmoet nie, maar ons moet gereelde gemeenskap met ander Christene opsoek, sodat dit ons kan laat groei en in ons geloof bemoedig. 

Die Skrifgedeelte in Handelinge 2 eindig nie daar nie. Daar is ‘n kragtige gevolgtrekking in vers 47: “En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.” Gemeenskap lei tot evangelisasie! Hulle aanbidding van God en opbouing van die geloof het gelei tot hulle harte wat oorgeloop het van God se goedheid op al die mense wat hulle ontmoet het! Petrus en Johannes spog hieroor in Handelinge. 4:20: “Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

Die evangelis D.L. Moody, het eenmaal gesê: “Wanneer iemand met die woord van God gevul is, kan jy die persoon nie stilmaak nie. As jy die woord het, moet jy praat of sterf.” 

Die geloof van ander inspireer ons en skuif ons om groter getuies te wees.

Die dubbele seën van gemeenskap is dat soos ons geskuif word om groter getuies te wees, sodat ons dan ‘n gemeenskap van mense wat saam met ons bly is oor wat God besig is om met ons getuienis te doen! Ware gemeenskap huil saam en is saam bly. Dit beweeg saam in ‘n eenheid met die enkele doel om God op alle moontlike maniere in ons en deur ons, bekend te maak. 

Hoe dikwels bring jy tyd met mede-Christene deur?

Is jy gewortel?

Die Sequoia boom is die grootste boom ter wêreld, met ʼn deursnee van 9 meter en ʼn hoogte van 76 meter. Vir so ‘n groot boom om stewig te staan, in die wind en deur storms, moet sy wortels goed in die grond geanker wees.

Paulus skryf in sy brief aan die Kolossense, terwyl hy nog in die tronk toegesluit was, dat die kerk gefokus moet bly op Christus. Geloof groei wanneer ons die waarheid aanneem wat in die Woord van God staan.

Geloof groei wanneer ons die waarheid aanneem wat in die Woord van God staan.

Die grootte van die Sequoia boom word nie bepaal deur wat ons aan die buitekant sien nie, maar deur die diepte van sy wortels. Daar is baie storms in die lewe waarteen ons te staan gaan kom, maar daar is net een Naam wat hulle kan kalmeer. Dit is dieselfde Naam wat ‘n vaste fondament is waarop Christenskap gebou is. Dit is die Naam van Jesus Christus.

“Laat jou wortels dieper groei, en jou lewe op Hom gebou wees. Dan sal jou geloof versterk word in die waarheid en jy sal oorloop van dankbaarheid.” (Kolossense 2:7)

Paulus praat van oorvloedige dankbaarheid. In sy situasie lyk dinge somber, en daar is nie iets om voor dankbaar te wees nie. Hy is opgesluit en vasgemaak, hy is fisies ingeperk. Sy perspektief oor die evangelie was nie gekoppel aan sy omstandighede nie; inteendeel, hy het dit as ʼn geleentheid gebruik om Christus bekend te maak.

Ons perspektief is beperk, en ons sukkel om dankbaar te wees, veral as ons net kan sien wat voor ons is. Wanneer ons op God se realiteit fokus, kry ons soveel goed om voor dankbaar te wees, en dit begin alles met die vernuwing van ons denke en perspektief.

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” (Romeine 12:2)

Verandering sal begin plaasvind wanneer ons anders begin dink, wanneer ons die Heilige Gees toelaat om ons denke te kom vernuwe. Ons almal gaan hierdie seisoen van inperking onthou. Wat is die een ding wat God vir jou in hierdie seisoen gedoen het wat jy altyd sal onthou?

Waarvoor is jy dankbaar, ten spyte van die inperkings rondom jou?