Aanbidding Sirkel

Aanbidding is iets persoonlik, maar ook iets wat ons saam doen.

Met ander woorde, ons reaksies van aanbidding tot God is persoonlik sowel as gesamentlik. En elke soort reaksie is verweef met die ander. Deur Christus is ons verhouding met God herstel en in Hom is ons ook met mekaar verbind. Elkeen van ons speel ‘n unieke rol.

Ek praat nie van georganiseerde godsdiens nie, maar van die organisasie wat ons kerk noem. As jy in God glo, het Hy jou deel gemaak van Sy liggaam, Sy mense. ‘n Deel van jou aanbidding is om kontak te maak met ander gelowiges rondom jou.

Die belangrikste doel van die kerk (God se mense) is aanbidding.

In sy kern, bestaan die kerk om God te verheerlik. Sonder jou lewe en stem, funksioneer die liggaam onvolledig.

Maar selfs in die gesamentlike omgewing, begin aanbidding nie met ‘n groepsaktiwieit nie. Dit begin met jou individuele reaksie op dit wat God oor Homself aan ons geopenbaar het. Die reaksie gebeur nie net een keer ‘n week nie…dit gebeur dag na dag.

Ons is nie ontwerp om volgens ‘n weeklikse aanbidddingsirkel op te tree nie, maar op ‘n oomblik-tot-oomblik verbintenis van persoonlike aanbidding, wat net so deel van ons lewe is as die lug wat ons inasem.

Wanneer ons met ander gelowiges saamkom om te aanbid, doen ons dit met dieselfde mate van fokus wat ons elke dag gehad het. Ons doen dit met dieselfde vasberade toewyding.

Vir die grootste deel van my lewe het ek gedink dat jy kerk toe gaan om te aanbid, maar nou besef ek dat dit beter is om aanbiddend kerk toe te gaan.

Wat sou gebeur as ons aanbiddend kerk toe sou kom, ons sal reeds bewus wees van God teenwoordigheid, selfs nog voor ons by die deur kom? Wel, een ding is vir seker; dat die aanbiddingsleier se werk baie makliker sou wees! En die intensiteit van ons gesamentlike offergawe sou die beste wees.

Kan jy dit sien?

Al ons persoonlike aanbiddingstroompies vloei ineen tot een bruisende rivier. Een magtige loflied. ‘n Pragtige mosaïk, wat ‘n selfs groter verhaal vertel van wie God is en wat Hy gedoen het.

Mense verlaat so ‘n byeenkoms, geïnspireer om Hom te soek soos nooit te vore nie. En hulle kom weer terug en bring aanbidding saam met hulle en begin die sirkel so weer van voor af. 

Die aanbiddingsirkel is voltooi. ‘n Volledige sirkel.

  • Iets om bietjie oor te dink:
  • Waarom sou God aanbidding ontwerp het om persoonlik sowel as gesamentlik te wees?
  • Hoe versterk die een die ander?

Jy Is ‘n Aanbidder

Jy, my Vriend… is ‘n aanbidder! Daar het ek dit nou gesê.

Elke dag, die hele dag lank, oral waar jy gaan, aanbid jy. Dis wat jy doen. Dit is wie jy is. Ek weet nie of jy jouself as ‘n “aanbidder” beskou of nie, maar jy kan nie anders as om iets te aanbid nie.

Dit is waarvoor jy geskape is.

Aanbidding is ons reaksie op dit wat vir ons die meeste waarde het. Aanbidding sê: “Hierdie persoon, ding of ervaring, is vir my die belangrikste in my lewe… dis wat ek eerste stel.”

Daardie “iets” mag dalk ‘n verhouding wees. ‘n Droom. Vriende. Status. Besittings. ‘n Naam. Een of ander plesier. Watter naam jy ook al daaraan koppel, hierdie ding of persoon is wat jy in jou hart besluit het die belangrikste vir jou is. En wat ook al vir jou die belangrikste is, dit aanbid jy.

Sommige mense besoek die naaste kerk, en verklaar plegtig dat hulle die Lewende God bo alles aanbid. Ander, wat selde hulle voete in die kerk sit, sal sê dat aanbidding nie deel van hulle lewens is nie, want hulle is nie eintlik “godsdienstig” nie. Maar almal het ‘n altaar. En elke altaar het ‘n troon.

Hoe weet ‘n mens wie of wat jy aanbid?

Dis maklik. Jy kyk net waaraan jy die meeste van jou tyd bestee, waarvan jy hou, waarop spits jy jou energie toe, waarop spandeer jy jou geld en wat is vir jou van hoogste waarde. Aan die einde van daardie soektog, sal jy ‘n troon vind; en wie of wat ook al op daardie troon is, is dit waaraan jy die hoogste waarde koppel. Op daardie troon sit dit wat jy aanbid.

Natuurlik loop ons nie rond en sê: “Ek aanbid my besittings. Ek aanbid my Xbox. Ek aanbid my loopbaan. Ek aanbid plesier. Ek aanbid haar. Ek aanbid my liggaam. Ek aanbid myself!” nie.

Maar die spore jok nooit. Ons mag sê dat ons hierdie of daardie ding hoër ag as iets anders, maar die meerderheid van jou dade spreek harder as woorde. Op die ou end gaan aanbidding baie meer oor wat ons doen as oor wat ons sê.

Aandbidding is dié vernaamste aktwiteit van die menslike siel. Alle mense aanbid die hele tyd. Aanbidding vind nie net op Sondae plaas nie. Dit gebeur voortdurend.

Indien ‘n vreemdeling na jou dade en woorde van die afgelope 24 uur sou kyk, watter afleiding kan hy of sy van jou aanbidding maak?