Volharding

In ‘n wêreld waar ons toegang tot soveel onmiddellike bevrediging het, is dit maklik om oor iets om te gee, maar moeilik om jou aan iets te verbind — of dit nou ‘n televisieprogram, ‘n saak waaroor jy omgee of selfs ‘n vriendskap is. 

Dink daaroor. Wanneer onreg gepleeg word, kan jy maklik met ‘n sosiale media plasing aan jou woede uiting gee en teen die volgende dag al daarvan vergeet het. Wanneer jy eensaam voel is dit maklik om vir ure deur kommentare te blaai in plaas daarvan om doelbewus met iemand anders in verbinding te tree.

Tog mis ons iets teen die einde van die dag en dis waar die deug van volharding ter sprake kom. 

Volharding moet egter bewys word — dit kan nie bloot verkondig word nie. Wat dit nogal uitdagend maak, is dat volharding gewoonlik die resultaat van pyn en lyding is. 

Niemand het dit beter as Paulus geweet nie. Hy was sekerlik meer as enigeen in staat om kort, kragtige praatjies te lewer oor wat dit beteken om gedurende beproewings te volhard. 

Kom ons hersien sy pyn en terugslae: 

  • Hy is herhaaldelik in gevangenis geneem. 
  • Hy het nie een keer nie, maar drie keer skipbreuk gely. 
  • Hy is nie net een keer nie, maar vyf verskillende kere uitermate geslaan. 
  • Hy is gestenig, geslaan, het gevaar oral in die gesig gestaar en die las gedra om verskeie kerke te bedien. 
  • Hy het dikwels honger gely en was sonder voldoende klere.

Enige van hierdie dinge sou geweldig baie volharding vereis het, maar almal? Dit lyk onmoontlik. 

Soms lees ons die Skrif en vergeet ons lees van regte mense met regte gevoelens, regte vrese en regte fisieke behoeftes. Paulus was nie ‘n soort superheld nie. Hy was maar net ‘n doodgewone man. 

Tog het hy nie handdoek ingegooi toe hy voor hierdie beproewinge te staan gekom het nie. Hy het nie gekla oor sy aaklige lewe nie. Hy het nie op God begin skreeu oor die onregverdigheid om alles te verloor deur Hom te volg nie. 

Hy het sy pyn in ‘n doelwit verander. Terwyl hy in die tronk was het hy hierdie woorde geskryf: 

“Ek wil hê julle moet weet broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het. Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek ‘n gevangene is.” Filippense 1:12-13

Paulus het nie die werklikheid van sy ervaringe ontken nie. Hy het erken dat dit moeilik was. Trouens, hy het al sy pynlike ervaringe en lyding in 2 Korintiërs gelys. Tog het hy besef dat hy ‘n keuse het.

Hy kon kies om na die lewe deur die pyn van sy omstandighede te kyk; of hy kon kies om God se goedheid te midde van sy lyding raak te sien. 

Ons het net soos Paulus, daagliks die keuse om te volhard. Jesus het ons mos belowe dat ons dit in hierdie lewe moeilik sal hê. Tog, op daardie moeilike dae — die dae wanneer dit swaar is om die goedheid van God raak te sien — kan ons kies om aan te gaan in die wete dat ons ewige loon meer werd is as ons tydelike pyn en lyding. 

Wanneer ons voel ons kan regtig nie meer volhou nie, ontmoet God ons met nog meer van Sy genade, krag en mag. 

Beproefde Geloof

Die Britse Premier Stanley Baldwin stel dit mooi: “Ek is een van die persone wie eerder sink met geloof as om te swem daarsonder.” Wat as jy in geloof leef maar, ten spyte daarvan, nie die vervulling van God se beloftes in jou leeftyd aanskou nie?

Kan jy waag om te glo dat God steeds Sy beloftes sal nakom, selfs al aanskou jy dit nie self gedurende jou tyd op aarde nie? Is dit moontlik dat jy in so ‘n intieme verhouding met God kan groei dat jy Hom kan aanhou liefhê en dien, ten spyte van jou teleurstellings? 

Habakuk is vir ons ‘n goeie onderwyser in hierdie les, en wel omrede dit nie voor die volgende geslag was waar God Sy belofte nagekom en die Babiloniërs gestraf het nie. 

Dit is ‘n lang tyd om te wag. Tog was die Here steeds getrou.

Habakuk gee vir ons drie woorde om aan vas te klou wanneer dit blyk dat God nie nakom wat Hy belowe het nie. Dit maak nie saak wat jy mag deurgaan nie, moet nooit hierdie woorde laat vaar nie. 

Indien jy in staat wil wees om nader aan die Here te groei ongeag omstandighede moet jy hierdie drie woorde onthou op jou reis na intimiteit en uiteindelike vertroue en geloof in Hom:

“maar die Here. . .”

Jy vind hierdie woorde in Habakuk 2:20, waar die profeet, nadat hy erken het dat hy steeds nie hou van wat aangaan nie, sê: “Maar die Here is in sy heilige tempel — swyg voor Hom, o ganse aarde!”

Die wêreld mag onderstebo wees, maar die Here is steeds in beheer en teenwoordig.

Wanneer jy nêrens het om heen te gaan nie, wanneer jou eie idees en hulpbronne weg is, wanneer jou beheer oor ‘n situasie in skerwe is, is die Here steeds daar. Wanneer jou knieë pyn van kniel in gebed, maar jy nie weet of Hy eens luister nie, weet net dat God steeds daar is. 

Ongeag wat in jou lewe gebeur, die Here is in Sy heilige tempel. 

Is dit nie dalk tyd dat jy vra: Here, sal U my toelaat om U teenwoordigheid op nuwe maniere te ervaar? Sal U my wys hoe naby U is?