Stap Saam Met Ander

Een van die belangrikste reëls vir bergklim is: klim nooit alleen nie. Daar is net te veel dinge wat verkeerd kan gaan as jy in die veld of ruigtes gaan stap of klim. Jy het die veiligheid nodig van iemand by jou. 

Om nie jou paadjie alleen te stap nie, is ook goeie raad vir die lewe. Dit maak nie saak hoe sterk of voorbereid ons is nie, ons het altyd ander om ons op die lewensreis nodig. Koning Salomo praat hieroor in prediker: “Twee is beter as een.” Ons is nie geskape om alleen deur die lewe te gaan nie. ‘n Ou Afrika gesegde lui: “As jy vinnig êrens wil kom, gaan alleen. As jy ver wil gaan, stap saam met ander.”

Wanneer die lewe uitdagend of moeilik raak, is ons geneig om uit die gemeenskap te onttrek en onsself te isoleer.

Afsondering verloop egter nooit goed nie. ‘n Stuk steenkool wat uit die vuur gehaal word, verloor vinnig hitte. Ons is dieselfde. As ons die vuur en energie van ons lewenspaadjie met God wil behou, moet ons naby ander bly. Wanneer ons naby God se gemeenskap bly, ervaar ons ‘n tasbare uitdrukking van God se liefde.

God het ons geskape om Sy liefde nodig te hê. In ons wêreld sal die mees tasbare, sigbare uitdrukking van Sy liefde gewoonlik deur mense kom. Ons gee uitdrukking aan God se liefde deur mense lief te hê. Alles mag tussen jou en Jesus reg wees, maar die bewys lê daarin hoe jy dit teenoor ander uitleef. 

As dit daarbo eensaam voel, of jy voel dat mense jou terughou, is daar ‘n groot moontlikheid dat jy te vinnig beweeg en jy dalk jou pas ‘n bietjie moet vertraag. Die liefde vertraag gejaagdheid. Woede versnel dit weer. Jy kan nie liefde betoon as jy haastig is nie. Om jou pas te vertraag sodat jy saam met ander kan loop, is ‘n uitstekende manier om liefde te betoon. 

Wanneer die lewe besig of oorweldigend raak, is die beste ding wat ons kan doen om tyd saam met ander Christene ‘n prioriteit te maak.  Soek hulle gemeenskap op. Bly naby die warmte van verhoudings met ander. Jy sal agterkom dat jou woede en angs deur liefde vervang word. 

Stel Jou Grense

Regdeur die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes, beskryf hulle hoe baie tyd Jesus in afsondering spandeer het—weg van sy dissipels, die skares en die gewoel van sy bediening. Die feit dat Sy optrede so dikwels genoem word, dui daarop dat Jesus dit reggekry het om grense te stel wat Sy tyd aan betref. Net soos Jesus, moet ons ook grense stel en ons tyd bestuur sodat ons van hulp kan wees vir ander.

Net soos Jesus, moet ons tyd inruim vir gebed (Markus 1:35) en Bybelstudie. Die meeste van ons is gewoond daaraan om ‘n tiende van ons inkomste vir die werk van die Here te gee. Moet ons nie ook ‘n tiende van ons tyd gee nie? As ons program net aan werk en huis spandeer word en ons dan probeer om tyd in te ruim vir gebed en Bybelstudie, sal ons verseker misluk. Voordat jy verder aangaan met hierdie gedagte, neem tyd en bepaal hoeveel tyd jy daagliks uitsluitlik aan gebed en Bybelstudie gaan spandeer.

As jy eers duidelike grense gestel het vir jou geestelike roetine, sal dit help as jy ‘n soortgelyke houding inneem teenoor jou tyd by die werk en die huis.

Dit help my as ek ‘n roetine het wat werk en vrye tyd balanseer. Ek oorweeg tans om omtrent elke dag 4h45 kantoor toe en is 16h00 terug by die huis te kom. Hierdie voorspelbare roetine stel duidelike grense sodat ek op my werk kan konsentreer. Is my werk ooit klaar? Natuurlik nie. Dit sal egter dieselfde wees al begin ek op ander tye werk. Werk is nooit klaar nie. As ek ‘n duidelike streep trek wat my kantoorure aan betref, het ek genoeg tyd om saam met my vrou, kinders en kerkfamilie te spandeer.

As jy nie grense stel vir jou tydsbesteding nie, sal iemand anders dit doen.

As jy dit nie alreeds doen nie, volg Jesus se voorbeeld en stel duidelike grense oor hoeveel tyd jy waar spandeer. Dit is die eerste stap as jy begin om jou tyd en kalender goed te bestuur.