Eerlik tot God

Wanneer ons die verhouding tussen ons lyding, ons emosie en ons gedrag verstaan, is ons in die posisie om doelbewuste veranderinge aan te bring sodat ons kan groei. Hierdie pragtige gedaanteverwisseling begin met ons eerste stap: die erkenning van ons lyding. Hierdie stap maak dit makliker om ‘n wonderlike reis na vryheid en veerkragtigheid aan te pak.

Jy mag dalk dink: Dit klink wonderlik, maar hoe erken ek my lyding? Hoe lyk hierdie proses? Om jou pyn te erken beteken slegs dat jy dit by die naam noem. Moenie wegskram daarvan om die woorde te gebruik wat jou ondervinding die beste beskryf nie. As dit verkragting was, noem dit verkragting. As dit kanker is, noem dit kanker. As dit selfmoord was, noem dit selfmoord. As dit onvrugbaarheid is, noem dit onvrugbaarheid. As dit ‘n buite-egtelike verhouding was, noem dit ‘n buite-egtelike verhouding.

Erken nou jou lyding, en erken dit akkuraat.

Erken nou jou lyding, en erken dit akkuraat. Moet dit nie versag nie. Moet nie verskoning maak daarvoor nie. Moet dit nie minimaliseer nie. Moet dit nie vergroot nie. Wees eerlik. Praat oor die emosionele impak. As jy ontmoedig is, sê dit. As jy hartseer is, erken dit. As jou hart gebreek is, erken dit. As jy bang is, verbaliseer dit. Nee, dit beteken nie dat jy elke grafiese besonderheid moet herleef nie. Dit is nie ontwerp om ‘n straf te wees nie. In teendeel.

Almal is verskillend, so natuurlik sal sommige mense sekere metodes van erkenning bo ander verkies. Party verkies om hardop te praat en hulle lyding in die privaatheid van hulle eie huis of op ‘n afgesonderde bergtop uit te spreek. Sommige verkies om hulle erkenning te prosesseer deur met ‘n betroubare vriend, berader of predikant te praat. Ander verkies om hulle gedagtes neer te skryf in ‘n joernaal.

Vir erkenning om effektief te wees, moet jy dit uitpraat met jouself en God. God kan jou lei, of nie lei nie, om ook jou lyding in vertroulikheid aan ‘n ander persoon te erken. As Hy jou lei om dit te doen, vertrou dat Hy jou sal help en wees gehoorsaam aan sy leiding.

Net soos wanneer jy ‘n pleister aftrek, gaan jy die seer voel. Maar die seer sal minder raak. Die hartseer oor die erkenning sal verdof, en wanneer dit gebeur, sal dit vir jou deure oopmaak om te kan terug bons. Wanneer die pyn eers erken is, sal jy verligting en hoop ervaar. Jy het hierdie stap nodig om veerkragtigheid te begin opbou, so maak gereed om die risiko te neem.

Hoe sal jy eerlik jou lyding beskryf?

Hoekom dink jy maak dit ‘n verskil om die pyn waarin jy is te erken?