Die lewe is moeilik!

Die lewe is nie elke dag maanskyn en rose nie; en ons kan nie swaarkry vermy nie. In jou lewe sal jy definitief al êrens met emosies te doene gekry het. Êrens sou jy ook al gevoel het asof jy nie beheer oor jou emosies en gevoelens het nie. Om die lewe voluit te kan lewe, moet ons leer hoe om ons emosies te beheer, sodat ons emosies nie vir ons beheer nie. Kan jy jou emosies beheer of beheer jou emosies vir jou? 

Hierdeur sê ek nie dat ons nie emosies mag ervaar nie, natuurlik gaan jy. Dit gaan oor hoe jy die emosies hanteer. Ons verwys daarna as emosionele intelligensie. Die definisie is as volg: 

“Emosionele intelligensie (ook bekend as emosionele kwosiënt of EK) is die vermoë om jou eie emosies op positiewe maniere te verstaan, te gebruik en te bestuur om spanning te verlig, effektief te kommunikeer, empatie met ander te hê, uitdagings te oorkom en konflik te ontlont.”

Hoe jy jou emosies gaan hanteer (jou emosionele intelligensie beoefen), kan jou verder in die lewe bring as enige kwalifikasie.

Net soos God van ons verwag om geestelike volwassenheid na te streef, so moet ons ook leer om ons emosies te beheer. As jy jou emosies beheer, dan laat dit jou nie doen wat buite God se wil is nie. Jy moet besef jou emosies is nie ’n verskoning om sekere sonde te doen nie. Dit is waarom dit so belangrik is om te let op jou emosies. Jou emosies moet ook eer aan die Here gee.

Vra jouself die vraag: Is die manier hoe ek my emosies hanteer besig om getuienis van Jesus te bou of af te breek? 

Wanneer emosies jou oorweldig, neem jou gedagtes gevange en maak dit gehoorsaam aan Jesus Christus. Ongeag wat die lewe na jou kant toe gooi, jy kan leer om jou emosies beter onder die Heilige Gees se beheer te bring. In die wildernis van die wêreld, gaan jy soms onregverdig benadeel word. Jesus sê vir ons om te midde van ’n onregverdige wêreld, jou emosies so te verwoord en te bestuur, dat jy steeds ’n positiewe verskil in die wêreld kan maak. 

Hier is ’n paar riglyne om te beoefen hoe om jou emosies te beheer, sodat dit jou nie beheer nie: 

  • Identifiseer die emosie wat jy voel. Maak seker jy weet self wat jy voel. 
  • Gee jouself genoeg tyd om dit te ervaar. Sonder jouself af, of gaan sit op ’n stil plek. 
  • Bid oor die emosie wat jy ervaar. Gee dit oor aan Jesus en vra Hom om jou te help.
  • Haal diep asem.
  • Verbaliseer jou emosies aan iemand wat jy vertrou.

Mag jy besef dat Jesus nie wil hê jou emosies moet jou beheer nie, maar dat jy jou emosies moet beheer en dit aan die Here gehoorsaam moet maak.

Die groot moeilikheidmaker

Jakobus 3:7-8

Ek hou van Jakobus se grafiese beskrywing. Hy sê basies in hierdie verse dat die wildste dier getem kan word, maar dat geen mens dit kan regkry om die tong te tem nie. Iemand soos ek, wat geneig is om eers te praat en dan te dink, is maar alte pynlik bewus van hierdie waarheid. 

Die tong mag nou wel ‘n klein liggaamsdeeltjie wees, maar dit het groot mag. Dit word vergelyk met ‘n verterende vuur met die mag om te verwoes. Dis ‘n groot moeilikheidmaker. ‘n Brand kan met ‘n klein vonkie begin, maar dit kan groei en groot gebiede verwoes. Selfs ons klein, onbedoelde woordjies het die mag om ‘n vuur aan te steek. Besef jy wat die probleem hier is? As ‘n vuur eers begin het, kan ons dit nie beheer nie. Ons het geen idee hoeveel land gaan brand nie. 

Kom ons doen alles in ons vermoë om die woorde wat uit ons mond kom, te beheer. Om versigtig met ons woorde om te gaan, is ‘n liefdesdaad teenoor die mense wat na ons luister.  

O Here, ek wil U eer met elke enkele woord wat uit my mond kom. Help my om my tong te beheer. Beheer alles wat ek dink en sê en laat my nie toe om met my woorde te sondig nie. In Jesus se naam, amen. 

Verwerp Passiwiteit

Die grootste gevaar van om nie aan die stuur te wees nie, is die passiwiteit wat jou wil bekruip.  Ek het dit in my eie lewe en leierskap gesien.  Wanneer ek nie in beheer is nie, bestaan die gevaar om uit beheer te voel.  Wanneer ek uit beheer voel, raak ek passief. Ten einde invloed te kultiveer sonder outoriteit, het ek en jy nodig om die passiwiteit te verwerp wat so aansteeklik is in die rolle waarin ons staan.

Wanneer ek uit beheer voel, raak ek passief.

In my vroeë twintigs was ek in `n seisoen waar ek van een internskap na die volgende geskuif het.  Tydens daardie seisoen het ek in byna elke internskap deels die taak gehad om `n kas uit te sorteer.  Ek besef nou dat in elke kerk of organisasie, selfs by `n huis, is daar `n kas waarin al die gemors net opbou.  Wanneer jy nie weet wat om met iets te doen nie, gooi jy dit eenvoudig in daardie kas.  In die meeste organisasies is daar `n dag in elke jaar, skynbaar toevallig wanneer die interns daar begin werk, wat daardie kas uitgesorteer moet word.

Nou dat ek aan die anderkant van die kas-leegmaak-vergelyking staan omdat ek leiding aan interns kan gee, is ek mal daaroor as ek sien hulle neem die insiatief daarmee nog voordat hulle gevra word om dit te doen.  Elke organisasie het só `n kas. Die kas verteenwoordig alles wat gedoen moet word, maar wat niemand wil doen nie. Daar is projekte, probleme en prosesse wat net verwaarloos word.  Hulle mag dalk eens op `n tyd gewerk het, maar het oor tyd vergete of verwerp geraak.  Tydens `n krisis is sommige dinge laat val en nooit weer opgetel nie.  Hierdie dinge is dikwels die langtermyn beplanningsitems, die praktyke en gewoontes wat `n organisasie gesond maak op die lang duur.  Maar dit sal tyd neem om dit weer te gaan uitsoek en af te stof.

Wat kan jy doen om jouself te aktiveer om dié dinge op te tel wat niemand anders gewillig is om aan aandag te gee nie?