Selfbeheersing en Dissipline

Daar is twee verskillende lewens wat ek leef. Daar is die lewe wat ek liefhet, maar dit is so moeilik om in stand te hou, en daar is die lewe wat ek haat, maar dit is die lewe waarin ek so dikwels versoek word om uit te leef. Die eerste is ‘n lewe van dissipline en selfbeheersing, terwyl die tweede ‘n lewe van disorganisering en onstabiliteit is. Ek is lief vir die eerste lewe, maar skuif voortdurend na die tweede.

Die Bybel leer ons oor selfbeheersing en dissipline. Ons word geleer dat selfbeheersing ‘n vrug van die Gees is, ‘n afdruk van God se teenwoordigheid in ons lewens. Ons word beveel om onsself te ondersoek en te onderrug tot godsvrug, ons leer dit in die skrif wat sê Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.” (1 Timoteus 4:7), ons moet ons beywer om te werk vir gewoontes en patrone wat ons sal rig na heilige gedagtes, heilige begeertes en dan na ‘n heilige lewe.

Ek beskou selfbeheersing ‘n verlore “virtue”, ‘n kwaliteit wat ons so maklik ignoreer. Ek dink ons kan ongemaklik wees met die idee van selfbeheersing, want ons hou daarvan om genade te beklemtoon. Ek sien dit daagliks in my eie lewe en so dikwels in mense om my, op een of ander manier blyk dit vir my dat genade skouer aan skouer staan met vryheid, vryheid van struktuur, met vryheid van onbuigsaamheid. Ons ontvlam in die vryheid van die evangelie, terwyl ons nie besef dat die evangelie ons nie bevry van selfbeheersing nie, maar tog dwing na selfbeheersing. Omdat ons nie meer op ons gewoontes en patrone reken om ons tot redding te dissiplineer nie, kan ons hulle met vreugde mobiliseer om ons tot heiligmaking te dissiplineer.

Selfbeheersing en dissipline is geskenke wat ons kan gebruik om sonde te beperk en heiligheid te bevorder. Hulle is geskenke wat ons kan gebruik om ons ou gewoontes te voorkom en nuwe, beter patrone te bevorder.

Ek is lief vir my lewe van dissipline en selfbeheersing. Ek haat my lewe van verwarring en onstabiliteit. En tog wink daardie lewe altyd, dit is asof dit net nie wil verdwyn nie. Die oomblik wanneer ek begin afdwaal, dwaal ek weg van selfbeheersing en stuur ek direk af op chaos. Ek dryf weg van dissipline en dobber oor na disorganisasie.

As ‘n Christen word ek beïnvloed deur ‘n ou mens en ‘n nuwe mens, die mens wat ek was en die mens wat ek geword het. Die nuwe mens is lief daarvoor om elke oomblik as ‘n geskenk van God te sien wat goed bestuur moet word; Die ou mens hou daarvan om tyd te mors en geleentheid eerder uit te stel. Die nuwe mens sien die voordeel van ‘n gedissiplineerde lewe; Die ou mens dring daarop aan dat dit net nie die moeite werd is nie. Die nuwe mens sien dat patrone en gewoontes vernuwe kan word, oms bevry en geleenthede goed gebruik kan word; die ou mens skree dat dit swakheid is, ‘n kruk vir die persoon wat nie beter motivering het nie.

Soos die winter besig is om die pad aan te wys vir die komende lente – plaas die lente alles in plek vir die kommende somer se skedule wat plek plek soos chaos kan lyk – so terwyl die seisoen aan die begin van ‘n nuwe blyk is dit ook die einde van die vorige, ek strek my dan eerder uit om my verbintenis tot ‘n lewe van selfbeheersing in hierdie nuwe seisoen, ‘n lewe wat gedissiplineer word teenoor my godsaligheid, en dit te vernuwe. Dit is tyd vir my om my verbintenis tot ‘n meer lewendiger en meer selfbeheersende lewe vol van dissipline en net blote goedheid uit te leef, en dus my gewone waardes te hernu. Daar is geen beter tyd as nou nie.

Ag, Almal doen dit…

As kind onthou ek hoe ek my ouers probeer oortuig het dat ek toegelaat moet word om iets te doen omdat al my ander vriende gedoen het. Hul ouers het dit dan selfs toegelaat (óf hulle het dalk net gelieg daaroor of hul ouers het nooit daarvan geweet nie); maar my ouers se reaksie was eenvouding en die gesprek het hulle gewoonlik beëindig met, “As al jou vriende van ‘n brug af spring, moet jy dit dan ook doen?” Dit was moeilik om daardie argument af dan jou saak te kon kon verdedig.

Elke jong man voel hierdie tipe spanning om in te pas in die skare of gaan dan maar net eenvoudig met die vloei van sake. Die meeste seuns voel gewoonlik gedruk om gehou (of soos die engelsman se “like”) van te word of selfs net in te pas by die “koel” kinders. So baie sal hul standaarde in gevaar stel en ophou om die regte ding te doen, veral wanneer dit kom by die gebruik van vuil of kru-taal, onbehoorlik te praat oor meisies, lag oor vuil grappies en kyk video’s wat oupa sy beld laat vashou want knappie jy kort ‘n goeie pakslae. Dit beweeg uiteindelik in die area van alkohol, dwelms en seks dan. Hierdie spanning stop nie wanneer jy ‘n man word nie.

Om die skare te volg is maklik. Ons voel onmiddellik aanvaar en deel van die groep sonder stryd of spanning. God roep ons om dinge anders te doen. Wanneer ons doen wat almal anders doen, is ons bestem vir middelmatigheid! Om saam met die vloei te gaan, lewer nooit iets merkwaardigs op nie. In die skare word geleenthede gemis, ongerealiseerde potensiaal en spyt is dan jou voorland.

Wanneer ons doen wat almal anders doen rondom ons, is ons bestem vir middelmatigheid!

Die “cool” ding is dat wanneer ons anders is, kan dit eintlik die sterkte van jou karakter bou. Om anders te wees en die hoër pad te kies, maak jou soveel sterker as die jellievisse wat net saam vloei in die stroom.

Een van die beste dinge wat ‘n vader vir sy seun kan doen, is om vir hom die model te wees hoe dit lyk om anders te wees. Moenie doen wat almal anders doen nie. Maak sleutelbesluite wat jou afsonderlik maak – soos om nie te drink nie of om te kies om eerder tyd saam met die gesin te spandeer in plaas van met die ouens te gaan nie. Belê veel eerder daardie tyd met jou seun wat tans self sy eie sterkte besig is om teen die vloei te gaan te versterk om verskillend te wees en hom dan te beloon vir wie hy as jongman besig is om te raak. Vier eerder saam hom dat jy saam hom daarin is! Die goddelike lewe vereis dat ons teen die vloei gaan.

Neem Aksie:

  1. Gaan jy saam met die vloei of teen die vloei? Op watter maniere lyk jou lewe tans, soos almal om jou? Op watter maniere is dit anders?
  2. Hoekom is dit moeilik om stroomop te swem? Watter rol speel groepsdruk in jou lewe?
  3. Wat is ‘n paar sleutelareas wat jy nodig het om rigting te verander en teen die vloei te gaan? Lys hulle hier en deel dit met mekaar. Besluit wat jy anders kan maak om jou gesinsband sterker te maak!