Dagboek jou Twyfel

‘n Kragtige eerste stap om te neem wanneer twyfel toeslaan, is om heeltemal eerlik te wees, met jouself en met God.

Toe God aan my uitgewys het dat twyfel besig was om ‘n wig tussen Hom en my te veroorsaak, het ek geweet dat ek iets daaraan moes doen. Ek het ‘n lys begin maak van elke situasie waarin ek God betwyfel het, soos wat ek opreg ‘n voorraadopname van my lewe, situasies en twyfel begin neem het, het ek gesien dat die problem veel groter is as wat ek besef het.

Raak vandag stil voor God en neem ‘n opregte voorraadopname van jou hart.

Vra God om elke twyfel waaraan jy vashou aan jou te ontbloot. Sluit dinge in van die verlede wat jou vertroue in God skade berokken het, huidige omstandighede en ook toekomstige dinge wat jou bekommerd maak. Gaan deur jou lys met God… een vir een… en na elke item wat jy genoem het, vra God om jou te vergewe en om jou te help. Gee elke item of omstandigheid oor aan God en vra Hom om elkeen te laat uitwerk volgens sy doel.

Skeur dan jou lys stukkend en vra God om jou ten volle vry te maak van enige twyfel, bekommernis of vrees. Wanneer twyfel, bekommernisse of vrees in die toekoms kop uitsteek, bid onmiddellik en vra God om in te tree. Gee onmiddellik jou vrees, bekommernisse en twyfel vir Hom en kies om te vertrou in sy goedheid, sy liefde en sy doel.

Ontwikkel ‘n nabye, liefdevolle verhouding en vriendskap met die Here. Soos jou liefde vir Hom ontwikkel, groei vertroue as ‘n natuurlike byproduk. Hoe groter die liefde, hoe groter die vertroue… en hoe groter die vertroue, hoe groter die dankbaarheid in ons harte teenoor God.

Vertroue, dankbaarheid en liefde is inderwaarheid geestelike spiere. Hulle moet elke dag versterk word. Ons kan God vertrou… Hy is meer as betroubaar.

Ons kan dankbaar wees teenoor God… Hy is so goed vir ons. Ons kan ‘n dinamiese liefdesverhouding met God hê… Sy liefde is ‘n waardevolle skat. Hy wil die heel beste hê vir elkeen van ons!

God IS goed. Hy is ‘n waardevolle skat!

Spandeer elke dag tyd met God en lees Sy Woord. Ontwikkel ‘n opregte liefdesverhouding en vriendskap met Hom. Dank God vir elke goeie ding in jou lewe. Soos wat jy dieper in God in delf, sal opregte vertroue die skat wees wat jy vind.

Onthou dit: God is instaat om onmeetbaar meer te doen as wat ons ooit kan vra, dink of voorstel! Hy is nog nie klaar met jou of met jou situasie nie! Vra Hom om jou deur jou twyfel te help… Hy is werklik in beheer daarvan!

Eerlik tot God

Wanneer ons die verhouding tussen ons lyding, ons emosie en ons gedrag verstaan, is ons in die posisie om doelbewuste veranderinge aan te bring sodat ons kan groei. Hierdie pragtige gedaanteverwisseling begin met ons eerste stap: die erkenning van ons lyding. Hierdie stap maak dit makliker om ‘n wonderlike reis na vryheid en veerkragtigheid aan te pak.

Jy mag dalk dink: Dit klink wonderlik, maar hoe erken ek my lyding? Hoe lyk hierdie proses? Om jou pyn te erken beteken slegs dat jy dit by die naam noem. Moenie wegskram daarvan om die woorde te gebruik wat jou ondervinding die beste beskryf nie. As dit verkragting was, noem dit verkragting. As dit kanker is, noem dit kanker. As dit selfmoord was, noem dit selfmoord. As dit onvrugbaarheid is, noem dit onvrugbaarheid. As dit ‘n buite-egtelike verhouding was, noem dit ‘n buite-egtelike verhouding.

Erken nou jou lyding, en erken dit akkuraat.

Erken nou jou lyding, en erken dit akkuraat. Moet dit nie versag nie. Moet nie verskoning maak daarvoor nie. Moet dit nie minimaliseer nie. Moet dit nie vergroot nie. Wees eerlik. Praat oor die emosionele impak. As jy ontmoedig is, sê dit. As jy hartseer is, erken dit. As jou hart gebreek is, erken dit. As jy bang is, verbaliseer dit. Nee, dit beteken nie dat jy elke grafiese besonderheid moet herleef nie. Dit is nie ontwerp om ‘n straf te wees nie. In teendeel.

Almal is verskillend, so natuurlik sal sommige mense sekere metodes van erkenning bo ander verkies. Party verkies om hardop te praat en hulle lyding in die privaatheid van hulle eie huis of op ‘n afgesonderde bergtop uit te spreek. Sommige verkies om hulle erkenning te prosesseer deur met ‘n betroubare vriend, berader of predikant te praat. Ander verkies om hulle gedagtes neer te skryf in ‘n joernaal.

Vir erkenning om effektief te wees, moet jy dit uitpraat met jouself en God. God kan jou lei, of nie lei nie, om ook jou lyding in vertroulikheid aan ‘n ander persoon te erken. As Hy jou lei om dit te doen, vertrou dat Hy jou sal help en wees gehoorsaam aan sy leiding.

Net soos wanneer jy ‘n pleister aftrek, gaan jy die seer voel. Maar die seer sal minder raak. Die hartseer oor die erkenning sal verdof, en wanneer dit gebeur, sal dit vir jou deure oopmaak om te kan terug bons. Wanneer die pyn eers erken is, sal jy verligting en hoop ervaar. Jy het hierdie stap nodig om veerkragtigheid te begin opbou, so maak gereed om die risiko te neem.

Hoe sal jy eerlik jou lyding beskryf?

Hoekom dink jy maak dit ‘n verskil om die pyn waarin jy is te erken?