Stap Saam Met Ander

Een van die belangrikste reëls vir bergklim is: klim nooit alleen nie. Daar is net te veel dinge wat verkeerd kan gaan as jy in die veld of ruigtes gaan stap of klim. Jy het die veiligheid nodig van iemand by jou. 

Om nie jou paadjie alleen te stap nie, is ook goeie raad vir die lewe. Dit maak nie saak hoe sterk of voorbereid ons is nie, ons het altyd ander om ons op die lewensreis nodig. Koning Salomo praat hieroor in prediker: “Twee is beter as een.” Ons is nie geskape om alleen deur die lewe te gaan nie. ‘n Ou Afrika gesegde lui: “As jy vinnig êrens wil kom, gaan alleen. As jy ver wil gaan, stap saam met ander.”

Wanneer die lewe uitdagend of moeilik raak, is ons geneig om uit die gemeenskap te onttrek en onsself te isoleer.

Afsondering verloop egter nooit goed nie. ‘n Stuk steenkool wat uit die vuur gehaal word, verloor vinnig hitte. Ons is dieselfde. As ons die vuur en energie van ons lewenspaadjie met God wil behou, moet ons naby ander bly. Wanneer ons naby God se gemeenskap bly, ervaar ons ‘n tasbare uitdrukking van God se liefde.

God het ons geskape om Sy liefde nodig te hê. In ons wêreld sal die mees tasbare, sigbare uitdrukking van Sy liefde gewoonlik deur mense kom. Ons gee uitdrukking aan God se liefde deur mense lief te hê. Alles mag tussen jou en Jesus reg wees, maar die bewys lê daarin hoe jy dit teenoor ander uitleef. 

As dit daarbo eensaam voel, of jy voel dat mense jou terughou, is daar ‘n groot moontlikheid dat jy te vinnig beweeg en jy dalk jou pas ‘n bietjie moet vertraag. Die liefde vertraag gejaagdheid. Woede versnel dit weer. Jy kan nie liefde betoon as jy haastig is nie. Om jou pas te vertraag sodat jy saam met ander kan loop, is ‘n uitstekende manier om liefde te betoon. 

Wanneer die lewe besig of oorweldigend raak, is die beste ding wat ons kan doen om tyd saam met ander Christene ‘n prioriteit te maak.  Soek hulle gemeenskap op. Bly naby die warmte van verhoudings met ander. Jy sal agterkom dat jou woede en angs deur liefde vervang word. 

In gemeenskap

Ons geloof is nie ons eie nie. In die 21ste eeuse individuele kulture, mag ons glo daar is net twee kritiese mense: God en onsself. Ons persoonlike dissipelskap word een waar ons glo, solank ons God het, het ons niemand anders nodig nie. Selfs ‘n terloopse lees van die Skrif, vernietig hierdie siening van die Christelike geloof. Die liggaam van Christus en die gesamentlike gemeenskap van geloof — of dit nou die Israeliete in die Ou Testament, die Jode in Jesus se tyd, of die heidene wat ingeënt is — almal is familie. 

Die teoloog N.T. Wright haal aan: ‘As God ons vader is, is die kerk ons moeder.‘ Hierdie woorde is dié van die Sweed, Johannes Calvyn … dit is net so onmoontlik, onnodig en ongewens om op jou eie ‘n Christen te wees, as wat dit is om alleen ‘n pasgebore baba te wees.

“Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” Prediker 4: 9-12

Die dissipline van gemeenskap begin met ‘n gewilligheid en oopheid om weerloos teenoor ander te wees.

Ons begeer almal om geliefd te wees vir wie ons is. In ‘n wêreld waar ons prestasies en toekennings geprys word, verlang ons na plekke van oorspronklikheid. As ons eerlik is, weet ons ons kan die vront lank volhou nie en het ‘n diepe begeerte om met ander wat ook so voel, kontak te maak. In gemeenskap, verbind ons ons daartoe om nie die goeie, die slegte en die lelike van dié wat saam met ons reis, weg te steek nie. 

In gemeenskap werk ons ook daartoe om ander in ons gemeenskap dikwels te ontmoet. Handelinge 2:46-47 is ons maatstaf: “Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind.” 

Elke dag! Kan jy jou dit voorstel? Waar soek ons in ons besige lewe gereeld gemeenskap om God te aanbid en te groei in ons verhouding met Hom as die liggaam van Christus? Ons moenie skuldig of skaam voel as ons nie daagliks ontmoet nie, maar ons moet gereelde gemeenskap met ander Christene opsoek, sodat dit ons kan laat groei en in ons geloof bemoedig. 

Die Skrifgedeelte in Handelinge 2 eindig nie daar nie. Daar is ‘n kragtige gevolgtrekking in vers 47: “En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.” Gemeenskap lei tot evangelisasie! Hulle aanbidding van God en opbouing van die geloof het gelei tot hulle harte wat oorgeloop het van God se goedheid op al die mense wat hulle ontmoet het! Petrus en Johannes spog hieroor in Handelinge. 4:20: “Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

Die evangelis D.L. Moody, het eenmaal gesê: “Wanneer iemand met die woord van God gevul is, kan jy die persoon nie stilmaak nie. As jy die woord het, moet jy praat of sterf.” 

Die geloof van ander inspireer ons en skuif ons om groter getuies te wees.

Die dubbele seën van gemeenskap is dat soos ons geskuif word om groter getuies te wees, sodat ons dan ‘n gemeenskap van mense wat saam met ons bly is oor wat God besig is om met ons getuienis te doen! Ware gemeenskap huil saam en is saam bly. Dit beweeg saam in ‘n eenheid met die enkele doel om God op alle moontlike maniere in ons en deur ons, bekend te maak. 

Hoe dikwels bring jy tyd met mede-Christene deur?