Stop

Een van die beste besluite wat jy kan neem, wanneer jy impulsief voel, of voor ‘n netelige probleem te staan kom, is om te stop. Roep eers halt. Bid vir leiding. Slaap daaroor. Kry goddelike wysheid van mense wat jy vertrou en kry ‘n idee van die moontlike gevolge. Vra jouself dan: “Is dit iets wat ek dalk nie moet doen nie?”

Die meeste mense het goeie bedoelings of ten minste ‘n soort regverdiging vir dit wat hulle wil doen. Nogtans blyk dit dat soveel mense verbaas is wanneer hulle uitvind dat hulle baie ver weg is van die rigting waarin hulle wou gaan. Die groot veranderinge in ons lewens — beide negatief en positief — gebeur selde sonder ‘n reeks besluite wat opeenvolgend is, soos nimmereindigende dominoes.

Kan jy insien dat, om te stop, een van die mees produktiewe dinge is wat ons kan doen? Wanneer jy stop, sodat jy ‘n voorraadopname kan doen van waar jy is en waarheen jy wil gaan, dan kan jy besluit hoe om aan te beweeg na jou bestemming toe.

Waarmee kan jy ophou, sodat jy nader aan God se goddelike bestemming kan kom?

Doen jy enigiets wat jou in ‘n rigting neem waarin jy nie wil gaan nie (of waarheen God nie wil hê jy moet gaan nie)? Waarmee behoort jy heeltemal op te hou? ‘n Verslawing aan sosiale media, drankmisbruik, pornografie, aanvaarding, of werk? ‘n Ongesonde verhouding? ‘n Veroordelende houding? Waarmee kan jy ophou sodat jy nader aan God se goddelike bestemming kan kom? Hanteer elke keuse asof dit ‘n tree nader aan jou bestemming is.

As ons weet dat ‘n sekere optrede of verhouding ons in ‘n rigting laat gaan wat ons verder wegneem van die verhaal wat ons wil vertel, is dit nodig om stil te staan, nie net om die gevolge te oorweeg nie, maar ook om die keuse te maak om nie verder in die verkeerde rigting te gaan nie. Jy het waarskynlik al die woord “bekeer” gehoor. Een van die letterlike betekenisse is om “om te draai”. Wanneer jy tot bekering kom, hou jy op om in ‘n sekere rigting te gaan en keer jy terug na God en sy pad vir jou.

In hierdie opsig beteken, om te stop, dat jy eintlik ‘n nuwe rigting inslaan. Dit mag nodig wees om ‘n tree na verantwoordelikheid, vergifnis, die regte vriende, of ‘n nuwe woonplek te gee.

Vra jouself:

1. Indien ek die keuse maak wat ek oorweeg, waarheen kan dit my neem?

2. Waarmee kan ek ophou, sodat ek nader aan God se goddelike riglyne kan beweeg?

Stille Moordenaar

Twyfel is ‘n moeilike en misrabele plek om te wees… en stadigaan vernietig dit ons gemeenskap met God.

Geestelik is twyfel ‘n ”stille moordenaar” van ons siel. Daar is vele punte van oorsprong vir twyfel. Dit kan ‘n verwerkings meganisme wees in ‘n situasie wat te moeilik is om te hanteer… ’n desperate uitroep om hulp na ‘n baie slegte ondervinding… of ‘n arrogante houding van trots wat glo dat God meer aan ons verskuldig is.

Ons kan twyfel dat God werklik in ons lewens wil werk of dat Hy ons wil bystaan in die moeilike omstandighede waarin ons onsself mag bevind… wie is ons in elk geval in vergelyking met God? En wat van die tye waar ons bygedra het tot ons moeilike omstandighede deur onwyse besluite wat ons in die verlede geneem het?

Los God ons maar om vasgevang te wees in die gevolge, sonder enige genade of vergifnis? Glad nie.

Dit is verstaanbaar dat mens na ‘n verskriklike verlies gevoelens van twyfel sal ervaar. Dit neem tyd om tot terme te kom met ‘n situasie wat jou hart gebreek het of wat ‘n enorme impak op jou lewe gehad het. Wat van die moeilike omstandighede waarin ons ‘n onregverdige verlies gely het, sonder dat ons enige iets daarmee te doen gehad het?

Dit is verstaanbaar dat mens na ‘n verskriklike verlies gevoelens van twyfel sal ervaar.

Dit neem tyd om tot terme te kom met ‘n situasie wat jou hart gebreek het of wat ‘n enorme impak op jou lewe gehad het. God werk in… en deur… elke situasie wat ons in die gesig mag staar. Niks kan vir God verras nie. Hy kan enige omstandigheid gebruik om ten goede vir ons mee te werk. Telke male wys Hy Sy genade as Hy ons toelaat om ander te help wat later soortgelyke harseer of verlies ervaar.

God vermors nooit ‘n beproewing, hartseer of seer nie… solank as wat ons ons hartseer en twyfel ten volle aan Hom oorgee. Ek het in God getwyfel na ‘n tragiese, hartverskeurende gebeurtenis in my lewe plaasgevind het. Ek kon nie begryp waarom dit toegelaat is om te gebeur nie. Twyfel het aan my geknaag en my omvou. Eers jare later het ek die doel verstaan van dit wat God toegelaat het om met my te gebeur.

In omstandighede waarin slegte dinge met ons gebeur is God so geduldig met ons.

Hy weet dat dit ‘n prys van ons gaan vra… en Hy is die antwoord op die heropbou van ons hoop en geloof. Wanneer jy by Hom skuil is Hy getrou om jou deur jou twyfel te lei sodat jy kan terugkeer na ‘n plek van volkome vertroue. In die tye wanneer ons self-versadig is en ontsteld is omdat God nie presies doen wat ons dink die beste is nie, glo ek dit is ‘n direkte uitdaging aan God. 

Ons wil hê wat ons wil hê… en is ontsteld as God nie inval by ons planne nie. Hierdie tipe twyfel is dodelik vir ons verhouding met God… en dit het telke male ook ‘n effek op ons ander verhoudings. In sulke tye moet ons onsself vinnig verootmoedig en berou toon.

Dit is belangrik om te verstaan dat God ‘n plan het met elke situasie of hartseer wat ons ervaar of waar deur ons moet gaan.

As God ons toelaat om deur ‘n situasie te gaan wat ons laat twyfel, of wat voel asof dit ons heeltemal tot breekpunt strek, kan ons vertrou dat Hy planne het om die wyses waarin Hy ons in die toekoms tot Sy eer kan gebruik te vermeerder. Dit is nooit lekker om deur moeilike lewensomstandighede te gaan nie. Hierdie moeilike tye voel soms soos ‘n uitklophou.

Lewensuitdagings kan ons versoek om verbitterd teenoor God te raak.
Ons moet die waarheid dat God werklik net die beste vir ons wil hê, besef en omhels.

Twyfel poog om ons weg te lei van God se beste af.

God sien die “groter prentjie” wat ons nie kan sien nie. Wanneer twyfel jou probeer verlei, sien dit as ‘n teken dat dit tyd is vir ‘n opregte hart-tot-hart gesprek met God. Hy laat werklikwaar elke situasie waarteen ons te staan kom uitwerk tot die beste.

Vra vandag vir God om totale beheer van jou lewe oor te neem. Gee “jou” totaal oor aan Hom. Stort jou hart voor Hom uit… deel met Hom al jou twyfel, seer, bekommernisse, teleurstellings, vrees en mislukkings. Vra Hom om vir jou wysheid te gee en om jou te help om die groter doel agter jou twyfel en omstandighede raak te sien.

Vra Hom om enige bitterheid in jou hart, teenoor Hom, ander of enige situasie weg te neem. Vertel vir Hom dat jy graag jou twyfel wil bely en dat jy Hom van vandag af wil begin vertrou. 

God het ‘n wonderlike hart gevul met liefde en genade vir jou!

Die gevolge van om kerk te “Skip”

Ons samelewing raak al hoe meer geriefliker, ons hou van personalisering, en so baie van ons voel individualisme is wat aan die orde van die dag behoort te wees. Ons het miljoen maniere aangeleer om ons lewens aan te pas om perfek by ons te pas. Wanneer dinge moeilik gaan, vergeet ons maklik van ons verantwoordelikhede, ons organiseer ons lewens om dinge wat vir ons ongerief veroorsaak maar belangrik is op die kantlyn te plaas “nie weg nie – nooit” maar wel op die kantlyn: ons dink aan dit wanneer die nood lot roep natuurlik want baie keer skep dit vir ons ‘n ongemak of is dit net “plain” nie gerieflik nie. Dit kan selfs uitbrei na iets so eenvoudig wat goed is en tog neutraal voorkom en dan ons toewyding aan die plaaslike kerk affekteer.

Kerk Skip

Almal van ons wat by plaaslike kerke betrokke is, het al mense gesien wat baie waak-saam en ronddwaal in hul toewyding. Die meeste van ons moes al op een of ander manier die oproep na iemand uitbrei om hulle terug te laat keer na deelname binne die kerk, en selfs terug te kom na die dienste toe. Wanneer ons dit doen, draai ons gereeld na ons [go-to-teks], Hebreërs 10: 24-25, en soms help dit maar baie keer is dit eenvoudig net om ons eie gewetes te sus.

“Baie van ons dring daarop aan dat diegene wat nalaat om deel te neem in die plaaslike kerk sal geestelike versoeking, geestelike afwyking, en selfs geestelike dood teëkom. En terwyl dit alles waar is, is dit nie die klem van daardie gedeelte nie. Trouens, as ons die gedeelte op hierdie manier gebruik, wys ons nie die goddelike dringendheid agter die teks nie, maar ons eie diepgewortelde individualisme.”

Hier is wat Hebreërs 10: 24-25 sê: en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. Hierdie gedeelte waarsku egter ons wel van die ernstige gevolge van die kerk, maar die fokus is nie wat ons kan verwag deur ons Westerse geïndividualiseerde oë nie. Hierdie gedeelte waarsku ons nie dat wanneer ons kerk “skip” nie, ons onsself in gevaar stel nie. Inteendeel, dit waarsku ons dat wanneer ons kerk “skip”, ons eintlik ander mense rondom ons in gevaar stel. Die eerste sonde om kerk te “skip” is die sonde om nie ander lief te hê nie.

Die eerste sonde om kerk te “skip” is die sonde om nie ander genoegsaam lief te hê nie.

Die samekoms met ander gelowes, gaan nie oor die om geseënd te voel nie, maar om eerder ‘n seën te wees vir ander. Dit gaan ook nie oor om iets te ontvang wanneer ons bymekaar kom, maar veel eerder oor om te gee. Terwyl ons op Sondagoggend voorberei om te aanbid, moet ons eerste oorweging wees “hoe om mekaar te verwek tot liefde en goeie werke.” Ons moet Sondae doelbewus benader, oor wat ander graag wil doen, om vir hulle ‘n seën te wees. In daardie tye voel ons dat ons ywer afneem. As ons die versoeking voel om uit te gaan op ‘n Sondag of geheel en al te onttrek, moet ons ons Godgegewe verantwoordelikheid oorweeg om mekaar aan te moedig, en dus nog meer soos ons die dag sien. “Hierdie teks gaan nie oor ons nie, maar oor hulle. Hierdie teks is nie vir Christelike individue nie, maar Christelike gemeenskappe.

En natuurlik, ons verbintenis tot die plaaslike kerk is veel meer as ‘n verbintenis tot Sondagoggend od selfs sondagaand dienste. Dit is ‘n verbintenis aan ander mense deur ons hele lewe. Dit is ‘n verbintenis om een of twee keer per week saam met hulle te aanbid, dan saam met hulle te dien, hulle te dien en vir die hele week vir hulle te bid. Dit is om ons saam te bind in ‘n verbond waarin ons belowe om aan hulle goed te doen, om hulle die besondere doel van ons aandag en aanmoediging te maak. Dit is om te belowe dat ons ons geestelike gawes tot hul voordeel sal identifiseer en ontplooi, sodat ons hulle kan bedien, versterk en hulle so ook dan ‘n seën voor te wees.

Elke Christen het ‘n plek binne sy of haar plaaslike kerk. Elke gelowige is nodig in ‘n plaaslike gemeente. Elke Christen het verantwoordelikhede binne ‘n plaaslike kerk. Elke Christen is verbind tot die lede van ‘n plaaslike kerk en om hulle lief te hê, hulle aan te moedig en hulle in ywer tot op die dag van Christus se wederkoms aan te moedig om nie die dienste van hom of haar gemeente mis te loop nie.