Verlore Perspektiewe en Hoop

Soos Saul se fondament verbrokkel, word hy uiteindelik onbestendig en paranoïes. Hy ontwikkel aanvanklik ‘n hegte verhouding met Dawid, net om skielik teen Dawid gekant te word toe mense dit waag om ‘n speelse lied in die strate te sing:

“Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende.”

Vir ‘n koning wat reeds ‘n wankelrige grondslag van misplaaste persoonlike selfvertroue gehad het, was hierdie lied waarskynlik soos die gevoel van ‘n klein, skerp klippie wat teen jou voet skuur gedurende ‘n lang resies en jy nie die vermoë het om jou skoen uit te trek nie. Eina!

Tog het Dawid nooit ‘n woord teen Saul gesê nie.

Die jong Dawid het ure by Saul deurgebring gedurende sy mees depressiewe oomblikke toe Saul hom nie soos ‘n koning gedra het nie. Dawid was persoonlik getuie van die foltering en las wat Saul platgedruk het as gevolg van sy ongehoorsame keuses en selfgerigtheid.

Dawid het nie gespog en deelgeneem aan die singery dat hy ‘n magtiger krygsman as Saul was nie. Later in Dawid se lewe, lank nadat Saul gesterf het, het Dawid steeds ‘n hart van eer en medelye gehad met die eerste koning van Israel wat God aangestel het.

Dit kom egter voor of die lied in die strate Saul se siening van Dawid verander het. Die seun wat eens ‘n lojale dienaar en leier van Saul was, wat alles wat aan hom toevertrou is goed gedoen het, was skielik ‘n nuwe bedreiging in die oë van iemand wat nou ten volle selfgerig was. Hoe meer Saul sy eie gang gegaan en desperaat probeer het om homself op te bou, hoe meer wantrouig het hy teenoor ander geword. 

Laat dit vir ons ‘n kragtige les wees. Wanneer ons fokus en geloof van God se krag na ons eie verskuif, sal ons uiteindelik op die een of ander manier onsself afsonder en die perspektief verloor wat ons nodig het om ander doeltreffend te lei. 

Doeltreffende leierskap vereis dat ons ‘n sterk grondslag of fondament moet hê sodat ons met selfvertroue die spanning, ​​te midde van uitdagings, kan hanteer. Sterk fondamente stel ons in staat om duidelik rigting aan te wys wanneer ander die pad begin byster raak. Saul se leierskapreis beklemtoon die belangrikheid daarvan om van die begin af ‘n sterk fondament van geloof in God te bou. Om leierskap van die grond af op te bou beteken dat ons nie passief bly of wegskram van ons roeping na nuwe terreine nie, inteendeel, ons groei sterker met elke tree — klein of groot — in gehoorsaamheid aan God.

Is daar êrens ‘n aangeleentheid waarop jy ‘n nuwe perspektief nodig het? Skryf dit neer. Skryf nou ‘n nuwe manier neer om oor die aangeleentheid te dink, of ‘n nuwe moontlike uitkoms. Wat sê God se Woord daaroor?

Die Regte Fondament

In Matteus 7:24-29 gee Jesus onderrig oor die fondament waarop ons ons lewens bou. Hy sê dat elkeen wat Sy woorde hoor en daarvolgens handel, wys is. So iemand het die fondament op rots gebou wat nie ineenstort wanneer die storms kom nie. Wie egter na Sy woorde luister en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand bou en dit heeltemal verwoes is toe die stortreën gekom en winde daarteen gewaai het.  

Ons het almal ons lewens op ‘n fondament gebou. Die vraag is egter, watter soort? 

A – Bou ons ons lewens op die hoop en drome van ander? Wanneer ons probeer om ander gelukkig te maak — selfs as dit beteken dat ons nie meer getrou aan ons oortuigings bly nie — is ons fondament op daardie mense gebou. Dit is ‘n gevaarlike plek, want mense verander en wanneer dit gebeur dan verkrummel ons fondament.

B – Plaas ons ons vertroue in die kortstondige wat gou verbygaan? Indien ons hoop in materiële genietinge en ‘n fisieke voorkoms is, dan sal ons beslis teleurgesteld wees en ons lewens ontwrig word. Dis omdat ons finansies en voorkoms kan verander. 

C – Soek ons sekuriteit en krag in die weë van die wêreld? As ons ons vertroue plaas in wat die wêreld bied, sal ons fondament altyd rondskuif. Die geloofstelsel waaraan baie in ons samelewing vashou, verander na gelang van mense se begeertes. 

D – Of het ons onsself stewig in Jesus Christus geplant? Indien ons fondament nie stewig en ferm is nie, sal ons “huis” niks hê om op te staan nie. As ons fondament op die tydelike gebou is, sal dit ineenstort sodra die “tydelike” verander. As ons egter in God se waarheid gegrondves is en daarna strewe om Jesus ons hele lewe te maak, kan swaarkry en hartseer maar kom, want ons het ‘n fondament wat nie beweeg nie. Natuurlik sal ons lewens of “huis” soms herstel nodig hê en stukke mag dalk selfs afbreek, maar omdat ons veilig in Jesus is, kan ons ons lewens herbou op die hoop wat ons in Hom het. 

Staan tyd af om te ontleed waarop jou fondament gebou is. ‘n Manier hoe jy dit kan doen, is om jouself die volgende vrae af te vra:

  • Indien iemand wat ek liefhet misluk of ‘n droom verloor, veroorsaak dit dat my wêreld verkrummel?
  • Wanneer my liggaam verander weens ouderdom, ontstel dit my of raak ek depressief?
  • As my aftree-belegging nie floreer nie, voel ek nog steeds veilig?

Indien jy ontdek dat jou fondament op enigiets anders as Jesus Christus gebou is, is dit nie te laat om te herbou nie. Solank jy asem in jou longe het, is daar altyd ‘n geleentheid om ons lewens te verander en ten volle tot sy eer te lewe. 

Hoekom het ons hoop?

Het jy al gewonder hoekom ons kersies op verjaardagkoeke sit en hulle dan doodblaas? In geen ander oomblik in ons lewens waar kos betrokke is, moedig ons iemand aan om oor ons kos te blaas nie. Ek gaan nie na ‘n restaurant toe, bestel ‘n halfgaar kruisskyf en vra die kelner om sy asem daaroor te blaas nie, né? Halfgaar met ‘n druppel spoeg.

Dit is egter die belangrike aspek van verjaardagpartytjies. Daar is iets fundamenteels verkeerd daarmee. Ek het al grootmense koek sien eet waarop hulle vierjaaroue kind geblaas het. Dink ‘n bietjie daaroor. As jy ooit ‘n klein kindjie sien kersies doodblaas het, weet jy dis nie net skoon lug wat oor die gebak sweef nie.

Daar is nog ‘n tradisie wat deel vorm van verjaardagpartytjies wat net so verwarrend is soos om kersies dood te blaas en dit is om ‘n wens te maak. Het ons dit goed deurdink?

Ek het nog nie iemand ontmoet wat beweer dat ‘n verjaardagwens hulle drome laat waar word het nie.

Almal glo in hoop, ons waardeer hoop en bevorder hoop. Daar is niks daarmee verkeerd nie— Jesus se volgelinge behoort mense met hoop te wees. Kom ons wees nou eerlik. Hoe gaan hoop ons help? Hoe is hoop enigsins beter as ‘n verjaardagwens? Hoop alleen kan nie mismoedigheid oorwin nie. Hoop kan nie omstandighede verander nie. Het hoop arms en bene wat ons kan red? Eintlik is hoop nie regtig hoop nie.

Hoop is noodsaaklik vir die mens se siel, maar ons moet seker maak dat ons hoop op iets meer as wense gebaseer is. Hoop is net so kragtig soos dit waarmee dit geassosieer word nie.

Dit is wat ons hoop in Jesus so ‘n veilige plek vir ons siele maak. Hebreërs sê: “…en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ‘n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. Hierdie hoop besit ons as ‘n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek. (Heb 6:18-20)

As volgelinge van Jesus is hierdie hoop uniek tussen alle ander hoopvolle dinge op aarde. Ons emosies, planne, verhoudings of finansies het nie ‘n invloed op ons hoop nie, omdat dit in Jesus geanker is. Ons siele het ‘n vaste onwankelbare anker waarnatoe ons kan gaan.

Sy naam is Jesus en ons hoop in Hom sal nooit beskaam nie.

Dink dalk bietjie hieroor:

  • Wat is party dinge waarvoor jy gewens het wat nie gebeur het nie?
  • Het jy al ooit sonder hoop gevoel? Hoe het dit jou siel beïnvloed, veral oor ‘n lang periode van tyd?
  • Hoekom is Jesus die beste bron van hoop vir ons siele?

Ons Swakheid

Wanneer ons met ons swakheid gekonfronteer word, kan ons saamstem met die veroordeling van die aanklaer, of met die getuienis van Jesus se bloed gegiet vir ons aan die kruis. Die apostel Paulus veg die vyand se soeke na ons eie haat en diskrediteer ons onsself met die waarheid van God se getrouheid aan ons te midde van versoeking om ons onberispelik voor te stel as Sy kinders. Om die goeie stryd te stry, lyk dikwels soos om volhardend te wees deur ons mislukkings en vas te hou aan die goedheid en getrouheid van Jesus. Dit bou ‘n blywende geloof.

In 2 Korintiërs 12:7 beskryf Paulus ‘n doring in sy vlees wat die Here nie sou verwyder nie – om die apostel in nederigheid te bind. In Romeine 7 het hy erken dat hy voortdurend dinge gedoen het wat hy nie wou doen nie. Die Here het Paulus geheilig en sy begeertes was dikwels in teenstelling met sy vlees. Paulus het sy sonde nie verskoon nie. Hy het sy sonde nie verberg nie. Paulus het sy sonde bely en die swakheid van sy vlees gevier as ‘n middel vir God se magtige genade om in hom volmaak te word. Ons wat van Jesus afhanklik is vir verlossing, heiligmaking en volwassenheid in Christus, kan nie ons dae spandeer met die aanklaer van die broeders nie. Ons moet ten volle op die integriteit van God se Woord staatmaak en aan die beloftes wat in Christus aan ons gestel word, bymekaarkom en ons verlossing met vrees en bewing bewerk (Filippense 2:12).

Die waarhede van die Evangelie moedig ons aan, bemagtig en bekagtig ons om deur beproewinge en selfs persoonlike mislukkings te volhard. Kom ons vra God om ons moed te gee om ons ongeloof te verloën en eerder elke dag op Hom in Christus te glo.

God ken jou naam…

Gunstigheid in die Bybel is ‘n diep intieme en geweldige diep persoonlike verhouding tussen twee mense.

Byvoorbeeld, Moses bid tot God om saam met die mense te gaan terwyl hulle uit die woestyn sou uitstap. God sê vir hom:Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam. (Eksodus 33:17). Het jy dit gesien? God se guns teenoor Moses beteken dat God inverhouding met Moses staan. Dit is nie ‘n koue, meganiese reservoir van seëning wie se kleppe gemonitor moet word nie. Dit is ‘n verhouding tussen twee mense wat mekaar ken.

Ek hoop dat jy hierdie punt kan sien, want dit is belangrik dat ons die guns van God in so ‘n goeie ding kan in sien. Dit is nie net dat Gog ewe skielik begin om ‘n soort goddelike goudstof op jou lewe uit te gooi sodat goeie dinge met jou begin gebeur nie en so dan mense jou met meer respek kan begin behandel nie. Om in God se guns te wees, beteken dat Hy persoonlik met jou wil praat om met jou in verhouding te staan en selfs vriendskaplik na jou te kyk. Dit is in ‘n lieflike en intieme verhouding met die God van die heelal.

As jy ‘n Christen is, het jy al ooit opgehou om daardie denkbeeldige werklikheid te oorweeg, dat? Die Skepper van die kosmos, God self,  jou naam ken! Sy gesig kyk vol in jou eie, nie met woede of teleurstelling nie, maar met ‘n stralende glimlag. Omdat jy hom vreugde bring.

O, as ons daardie waarheid net kon begryp en dit diep in die grondslag van ons siele kon inbring, sou dit alles verander! In plaas daarvan om die lewe met vrees en bewing in die gesig te staar, sal ons met vertroue wandel deurdat ons weet dat God self oor ons kyk. In plaas daarvan om met trots op ons goeie dae ons op te blaas en dan weer met skuldgevoelens op ‘n slegte dag, oor ons mede broers en susters te staan, bly ons oë vas, vas op die ewigheid – en op die glimlaggende gesig van die God wat ons elkeen by ons naam ken.

Wat is moeilik vir jou om te aanvaar:

  • Dat God jou ken en presies weet wie jy is, of
  • dat die idee dat God jou ken en nogsteeds jou vriend wil wees?

Wat doen die gedagde aan jou, gee dit jou hoop en aanmoediging?

Selfbeheersing en Dissipline

Daar is twee verskillende lewens wat ek leef. Daar is die lewe wat ek liefhet, maar dit is so moeilik om in stand te hou, en daar is die lewe wat ek haat, maar dit is die lewe waarin ek so dikwels versoek word om uit te leef. Die eerste is ‘n lewe van dissipline en selfbeheersing, terwyl die tweede ‘n lewe van disorganisering en onstabiliteit is. Ek is lief vir die eerste lewe, maar skuif voortdurend na die tweede.

Die Bybel leer ons oor selfbeheersing en dissipline. Ons word geleer dat selfbeheersing ‘n vrug van die Gees is, ‘n afdruk van God se teenwoordigheid in ons lewens. Ons word beveel om onsself te ondersoek en te onderrug tot godsvrug, ons leer dit in die skrif wat sê Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.” (1 Timoteus 4:7), ons moet ons beywer om te werk vir gewoontes en patrone wat ons sal rig na heilige gedagtes, heilige begeertes en dan na ‘n heilige lewe.

Ek beskou selfbeheersing ‘n verlore “virtue”, ‘n kwaliteit wat ons so maklik ignoreer. Ek dink ons kan ongemaklik wees met die idee van selfbeheersing, want ons hou daarvan om genade te beklemtoon. Ek sien dit daagliks in my eie lewe en so dikwels in mense om my, op een of ander manier blyk dit vir my dat genade skouer aan skouer staan met vryheid, vryheid van struktuur, met vryheid van onbuigsaamheid. Ons ontvlam in die vryheid van die evangelie, terwyl ons nie besef dat die evangelie ons nie bevry van selfbeheersing nie, maar tog dwing na selfbeheersing. Omdat ons nie meer op ons gewoontes en patrone reken om ons tot redding te dissiplineer nie, kan ons hulle met vreugde mobiliseer om ons tot heiligmaking te dissiplineer.

Selfbeheersing en dissipline is geskenke wat ons kan gebruik om sonde te beperk en heiligheid te bevorder. Hulle is geskenke wat ons kan gebruik om ons ou gewoontes te voorkom en nuwe, beter patrone te bevorder.

Ek is lief vir my lewe van dissipline en selfbeheersing. Ek haat my lewe van verwarring en onstabiliteit. En tog wink daardie lewe altyd, dit is asof dit net nie wil verdwyn nie. Die oomblik wanneer ek begin afdwaal, dwaal ek weg van selfbeheersing en stuur ek direk af op chaos. Ek dryf weg van dissipline en dobber oor na disorganisasie.

As ‘n Christen word ek beïnvloed deur ‘n ou mens en ‘n nuwe mens, die mens wat ek was en die mens wat ek geword het. Die nuwe mens is lief daarvoor om elke oomblik as ‘n geskenk van God te sien wat goed bestuur moet word; Die ou mens hou daarvan om tyd te mors en geleentheid eerder uit te stel. Die nuwe mens sien die voordeel van ‘n gedissiplineerde lewe; Die ou mens dring daarop aan dat dit net nie die moeite werd is nie. Die nuwe mens sien dat patrone en gewoontes vernuwe kan word, oms bevry en geleenthede goed gebruik kan word; die ou mens skree dat dit swakheid is, ‘n kruk vir die persoon wat nie beter motivering het nie.

Soos die winter besig is om die pad aan te wys vir die komende lente – plaas die lente alles in plek vir die kommende somer se skedule wat plek plek soos chaos kan lyk – so terwyl die seisoen aan die begin van ‘n nuwe blyk is dit ook die einde van die vorige, ek strek my dan eerder uit om my verbintenis tot ‘n lewe van selfbeheersing in hierdie nuwe seisoen, ‘n lewe wat gedissiplineer word teenoor my godsaligheid, en dit te vernuwe. Dit is tyd vir my om my verbintenis tot ‘n meer lewendiger en meer selfbeheersende lewe vol van dissipline en net blote goedheid uit te leef, en dus my gewone waardes te hernu. Daar is geen beter tyd as nou nie.

God sal jou nooit meer gee as wat jy kan dra nie.

Die uitgangspunt van hierdie spesifieke uitspraak dui daarop dat ‘n God wat ons liefhet nooit ons verby die breekpunt sal druk nie. Die werklikheid van die Skrif is egter dat Hy presies dit doen om ons te dwing na ware geloof en onderdanigheid in Hom.

Die laste waarmee ons opgesaal word, en bowendien hoe ons kies om hulle te dra, praat volumes van ons geloof in Hom asook ons toewyding om Christus te vertrou. Die Here herinner Paulus hiervan toe hy gesê het: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word volmaak in swakheid.” (2 Korintiërs 12:9). Daar is geen aanduiding hier of in enige ander Skrifgedeelte dat ons probleme en laste ‘n afsnypunt het nie.

So, wat moet ons doen as die laste van die lewe meer is as wat ons kan hanteer? Jesus beveel ons om na Hom toe te kom vir rus uit die lewe se laste – beide fisies en geestelik. (Matteus 11:28). As ware Christus-volgelinge word ons geroep om mekaar se laste in tye van stryd te dra. (Galasiërs 6:2) En die Psalmdigter herinner ons daaraan dat wanneer die laste van die lewe vir ons te veel word, ons hulle op die Here moet laai en dat Hy ons daardeur dan sal sien. (Psalm 55:22)

Die algemene goue draaitjie van hierdie drie verse is die idee dat niemand deur God of enige iemand anders verwag word om dit alleen te dra nie. Onthou ook dat God nooit in al ons beproewings en versoekings gesê het dat Hy ons nie meer sal gee as wat ons kan hanteer nie – net as ons op Hom vertrou, sal Hy ons die weg daaraan wys. (1 Korintiërs 10:13) Dankie ook aan God dat Jesus al die probleme wat hierdie wêreld bied, alreeds oorkom het natuurlik. (Johannes 16:33)

So dan moet die gesegde dan einlik gaan: “Die wêreld sal jou meer gee as wat jy kan dra, maar God sal jou help om dit te dra as jy net op Hom sal vertrou.”

Wanneer Jesus Sê, bly!

Wanneer Jesus se blyHy wou Jesus volg. Hy wou naby Jesus wees. Hy wou ‘n lewe van radikale gehoorsaamheid leef. Maar Jesus het vir hom gesê om te bly, om nie te gaan nie. Moenie my volg nie was die woorde wat hy moes aanhoor.

Die man was deur duiwels onderdruk, verdryf en uit die beleefde samelewing uitgestoot. Hy het in die grafte binne die begrafplaas gewoon, saam met die dooies huis opgesit, gehuil, homself gesny, naak, kranksinnig voorgekom.

Toe het Jesus gekom en met ‘n woord hom losgelaat, en toe was hy vry.

En toe Hy in die skuit klim, het die man wat van die duiwels besete gewees het, Hom gesmeek om by Hom te kan bly.  Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, … “(Markus 5: 18-19a).

Die man se begeerte was suiwer. Asseblief, Here, laat my gaan saam met jou. Laat ek van jou leer. Laat my naby jou bly.

Maar Jesus het ‘n beter plan gehad. Bly. “Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was. (19b).” Jy mag nie kom nie. Jy moet bly.

Hoekom? Want daar kan geen beter sendeling na sy eie dorp en sy eie mense wees nie. Hulle het geweet wat hy was en wie hy was, en hulle, van alle mense, kon die transformasie sien. Hierdie onmiskenbare transformasie het die krag van God verklaar.

Hierdie man het Jesus op ‘n lewensveranderende manier ontmoet. So het Jesus vir hom gesê om te bly. Bly waar jy is, vind jou vriende en bure, en vertel hulle wat die Here vir jou gedoen het.

My vriend, God het jou aangestel om Sy sendeling te wees waar jy is. Daar is niemand beter geskik vir die taak nie. “Gaan huis toe na jou vriende, jou familie, jou bure, jou kollegas, en vertel hulle hoeveel die Here vir jou gedoen het en hoe hy jou genadig was.”