Onderdanigheid

Die Boek Habakuk eindig met ‘n kragtige uitdrukking van onderdanigheid: 

Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.” (Hab. 3:17-18)

Habakuk het geweet dat dinge nie goed verloop nie. Tog het hy nie van God weggedraai nie.

Verskeie millennia vroeër, het beide Job en Dawid iets soortgelyks gedoen. God se alom karaktertrekke gee Hom enersyds die reg om beide goeie en slegte dinge op almal uit te stort. Matteus 5:45 sê: “Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.” 

Die dissipline van onderdanigheid begin met ‘n erkenning van wie God is

 William Booth het eenmaal gesê: “Die grootheid van ‘n mens se krag, is die omvang van sy oorgawe.” Jesus is ‘n voorbeeld hiervan. In die tuin van Getsemane het Hy “met sy gesig teen die grond geval en gebid: ‘My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.’” (Matt. 26:39). Hy het Homself aan sy Vader onderwerp, wat Hy geweet het, almal se beswil op die hart dra. Hy het sy vertroue in die Een geplaas wat Hy geweet het, betroubaar is.

Ons kan ons onderwerp omdat ons onder die sterk hand van ‘n God, ons Redder, is. Onderdanigheid plaas ons presies waar ons behoort te wees. Psalm 91:4 gee ons ‘n lieflike beeld hiervan: “Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.” Ons is die skape van Sy weiveld, nie andersom nie. Dit is nie nodig om Sy beheer as Koning en Herder met geweld oor te neem nie, want by Hom is ons veilig en sonder Hom is ons niks nie. 

Ons houding van onderdanigheid herinner ons dat as Koning van ons lewens, God die een is wat opdragte uitreik. Onderdanigheid lei tot evangelisasie. Ons onderwerp ons aan God en is gehoorsaam in alles wat Hy ons vra. Evangelisasie is ‘n daad van liefde, maar is gegrond op ‘n opdrag wat gegee is: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels …” (Matt. 28:19). Die gedagte mag ons vreesbevange maak, maar dit is nodig om te onthou dat wanneer ons ons aan die God van almal onderwerp, is ons nooit alleen nie. “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matt. 28:20). 

Ons evangelisasie is Sy evangelisasie. Terwyl ons oor Jesus praat, is dit eintlik Sy Gees wat die werk doen. Ons onderdanigheid, wanneer dit uitgedruk word in die toon en bewys van Jesus se liefde aan ander, is ‘n nederige daad van aanbidding wat die Gees van God toelaat om binne-in en deur ons te beweeg.

Dalk kan jy dit goedvind en bietjie oor die volgende vrae nadink:

  • Maak onderdanigheid jou senuagtig of vertroos dit jou?
  • Wanneer jy aan onderdanigheid dink, wat kom in jou gedagtes op ten opsigte van jou lewe? 
  • Wat is die verhouding tussen onderdanigheid en om ‘n dissipel van Christus te wees?