Beproewinge Is Deel Van Die Lewe

Filippense 4:6 sê: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

In sy onderrig, praat Paulus van die menslike toestand en wat ons in die alledaagse lewe deurgaan. Dit is belangrik, want ons moet die rykdom van ‘n lewe saam met Jesus Christus verstaan, maar dis ook nodig om te weet hoe om dit in moeilike tye toe te pas. In die boek Filippense, leer Paulus ons oor die bekommernisse waardeur ons leef en die sorge van die siel. Ons moet verstaan dat beproewinge deel van die lewe is. Ons kan dit nie vermy nie. Ons lewe gaan nie daaroor om in sulke omstandighede te leef nie, maar dit is deel daarvan. 

Kom ons onthou dat Jesus self vir sy dissipels gesê het: “In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Geskiedenis bewys dat volgelinge van Jesus deur tye van vervolging sou gaan. 

As kinders van God is ons nie vrygestel van beproewinge en swaarkry nie.

Ons is kinders van God wat as oorwinnaars lewe, maar, soos Paulus ons leer, beteken dit nie ons gaan moeilike tye en swaarkry vermy nie. Paulus ontken nie dat beproewinge bestaan of in ons lewens gaan voorkom nie. Hy sê ons moenie daaroor angstig wees nie. Bekommernis lei tot groter probleme, soos angstigheid. Vrees gedurende enige omstandighede veroorsaak angstigheid. Paulus sê dat ons oor niks besorg of beangs moet wees nie, maar dat vrees in jou hart en gedagtes angstigheid veroorsaak wat jou toevou in ‘n permanente plek van ellende. 

Ons almal is al deur beproewinge en sal ook weer deur moeilike oomblikke leef wat tot angs sal lei.

Paulus het nooit gesê dat ons as kinders van God nie moeilike tye sal beleef nie. Hy sê egter dat ons moeilike omstandighede nie in bekommernis moet oorgaan nie. Bekommernis is wanneer jou sorge jou gedagtes oorskadu en jou hart met vrees gevul word. Dit is dan wanneer jy die heeltyd met ‘n vreesagtige houding aan jou omstandighede dink. 

Verder leer Paulus ons ook om oor te gaan tot aksie in plaas van bekommerd te wees. Voordat die probleem in ‘n krisis ontwikkel, moet jy iets daaromtrent doen. Tog doen ons eers iets aan die einde van die moeilike situasie. Paulus leer ons die volgorde waarin ons moet optree.

Mense soek gewoonlik vir oplossings op enige moontlike manier, maar voordat ons dit doen, moet ons eers na God toe gaan. 

Die Uitdaging om te volhard

“As ons maar net na ‘n moeilike krisis kon kyk as ‘n geleentheid om namens ons die genoegsaamheid van die Goddelike genade na vore te bring, sal dit ons in staat stel om balans in ons siele te handhaaf en om God te verheerlik, selfs wanneer ons deur diep waters gaan.”— C. H. Macintosh (1820-1896).

Dit is maklik om vandag na die huidige gebeurtenisse in ons wêreld te kyk en drastiese gevolgtrekkings te maak. “Is dit die einde?” mag sommige vra. “Ons is gedoem! Hierdie wêreld is verlore!” sal ander dalk sê! “Kom laat ons gaan oorlog maak en veg!” roep nog ander uit. 

Dit is belangrik om te besef dat vandag se atmosfeer nie veel verskillend van die verlede is nie. Die politieke stryd, die rassespanning, en patriotiese gevegte is baie soos in die dae van Jesus, meer as 2000 jaar gelede. Hy is gebore te midde van ‘n atmosfeer waarin dit moeilik was om koers te hou. Hy het die slagting van onskuldige babatjies onder Herodes die Grote oorleef. Hy het grootgeword onder die tirannie van Rome, waartydens politieke en godsdienstige oproere dikwels dorpe vernietig en hartseer agtergelaat het. 

Jesus was goed bekend met moeilike tye.

Hy het sy mense se begeerte na verlossing goed verstaan; al het die verlossing wat Hy sou bring, ‘n ander vorm aangeneem as wat hulle verwag het. Hy het nie beplan om ‘n weermag van rewolusionêres op die been te bring en die Romeinse ryk omver te werp nie. Hy was nie van plan om geheime burgermagte te werf om te gaan veg en dood te maak nie. 

Wat Hy wél gesê het, is dat dinge erger gaan word. Dit klink nie na ‘n baie bemoedigende woord van die Verlosser van die wêreld nie. Tog het Jesus nie weggeskram van stryd en pyn nie, maar vol vertroue daardeur geloop. Jesus het volhard tot die einde toe. Hy het uitgehou totdat daardie einde weer nuut geword het. Hierdie soort volharding is waarna Jesus ons as sy volgelinge nooi. 

In ‘n wêreld waar die liefde van die meeste koud geword het, moedig Jesus sy dissipels aan om aan te hou om die Goeie Nuus met die wêreld te deel. Dis ons opdrag. Dis die doel wat ons aanspoor.

Die apostel Jakobus het dit verstaan toe hy geskryf het oor geduldige volharding gedurende toetse en versoekings. Die wat tot die einde toe volhard sal die kroon van ewige lewe ontvang wat God belowe het. Dis wat dit beteken om “gevegsbeproef” te wees. Ons is ‘n volk wat die toetse en beproewings van die lewe deurstaan het.

Kan ons na hierdie moeilike tye kyk en ‘n geleentheid sien om Goddelike genade, wat vir almal genoeg is, met die wêreld te deel?

In watter area van jou lewe voel jy of jy moed gaan verloor? Sal jy dit vir God gee?

Here, terwyl die wêreld my toets,help my om passievol te volhard, Hou my hartklop sterk.