Liefde bring Genesing

Jesus was die fisiese verpersoonliking van liefde, en dus maak dit sin dat Hy ook die verpersoonliking van genesing was. Oral waar Hy gegaan het, het Hy mense liefgehad en genees op twee maniere: Sy woorde en Sy aanraking.

Ons kan dieselfde doen om liefde en genesing in ons verhoudings voorop te stel.

Wees gewillig om ‘n vriendelike woord te spreek teenoor ‘n geliefde in jou lewe wat vandag bemoediging nodig het. Stuur ‘n bemoedigende boodskap, of selfs beter, tel die foon op en bel. Moenie toelaat dat jou liefde ‘n onuitgesproke aanname bly nie. Maak seker dat jou geliefdes presies weet hoe lief jy hulle het deur dit met woord en daad te wys.

Jesus het vir ons baie voorbeelde in die Bybel gegee van Sy genesende krag. Een van die beroemdste is die vrou wat vir baie jare aan bloedvloeiing gelei het. Haar toestand was nie net pynlik nie, maar weens haar kultuur is sy ook uit die samelewing verstoot. Sy het fisies gely, sowel as in verhoudings.

‘n Ontmoeting met Jesus sou dit alles vir haar verander: Jesus het die genesing gebring wat sy nodig gehad het. Hy het egter nie net haar liggaam genees nie. Sy liefde het ook haar siel genees. Hy het haar menslikheid herbevestig. Hy het haar aan haar oneindige waarde herinner. Hy het haar aangespreek as ‘n aangenome lid van sy eie familie. Hy het haar gesond gemaak met ‘n aanraking en ook met sy woorde (Markus 5:34).

Genesing vloei voort uit verhoudings.

Jesus het hierdie vrou as ‘n “dogter” aangespreek, om haar te herinner dat God nie vêr van haar af was nie. Sy was deel van God se familie. Jesus het omgegee vir haar fisiese behoefte, maar Hy het ook tyd ingeruim om haar verhoudingsbehoefte aan te spreek. Hy doen dieselfde vir jou en my.

‘n Ontmoeting met Jesus het altyd die mag om genesing te bring. Wanneer liefde teenwoordig is, is genesing ook teenwoordig. Dit sal nie altyd soos ‘n wonderwerk lyk nie, maar dit sal altyd ‘n verskil maak.

Jesus is nie ‘n towergees in ‘n bottel of ‘n slotmasjien wat jou gee wat jy dink jy nodig het nie. Hy is jou liefdevolle Verlosser, wie se planne vir jou lewe soveel beter is as jou eie. Die genesing wat liefde bring, mag dalk nie altyd lyk soos jy dink dit moet lyk nie, maar teen die omvang van die ewigheid, sal dit presies wees wat jy nodig het vir jou eie voordeel en God se heerlikheid.

Liefde Bied Genade

Jesus was die volmaakte verpersoonliking van beide liefde en waarheid. Hy het nooit ‘n leuen vertel nie, en Hy was ook nooit wreed of veroordelend met die waarheid nie. Elke woord wat Hy gesê het, was in liefde. Selfs al het die waarheid seergemaak, het Hy nooit iemand se vertroue gebreek nie.

Toe Jesus ter dood veroordeel is, het Sy volgelinge uitmekaar gespat, uit vrees dat dieselfde met hulle sou gebeur. Petrus het egter besluit om Jesus in die geheim te volg, om te sien wat met sy meester sou gebeur. Nadat verskeie mense hom egter herken het, het Petrus vurig ontken dat hy geweet het wie Jesus is.

In Jesus se mees kwesbare oomblik, het Petus hom verraai.

Petrus was so verpletter oor wat hy gedoen het, dat hy weggegaan en bitterlik gehuil het. Hy was skaam vir homself en was oortuig dat Jesus hom heel moontlik ook vir Petrus geskaam het. Jesus het die volgende dag aan ‘n kruis gesterf en Petrus was oortuig dat die verhaal geëindig het en hy vir die res van sy lewe met die skande sou moes saamleef.

Liefde sorg egter altyd vir genesing.

Jesus het die dood oorwin en na sy opstanding aan Petrus verskyn. Teen die rustige agtergrond van ‘n sonsopkoms, het Jesus op die strand ontbyt gemaak en Petrus, wat besig was vis te vang, het uit die boot gespring om by sy Verlosser uit te kom.

Toe Petrus op die strand kom, vra Jesus drie keer vir hom dieselfde vraag: “Petrus, het jy my lief?” Elke keer antwoord Petrus: “Ja, Here. U weet dat ek U liefhet.” Elke keer antwoord Jesus: “Laat my skape wei.”

Petrus het teen die derde keer al aanstoot begin neem dat Jesus dieselfde vraag vra, maar hy het nie dadelik gesien dat Jesus vir hom wou wys dat liefde die mag het om ons sondes te bedek nie. Petrus het Jesus drie keer verloën, en nou reik Jesus met genade na hom toe uit, sodat Petrus drie keer sy liefde vir Jesus kan bevestig.

Ek weet nie waardeur jy al gegaan het nie. Ek weet nie hoe jy seergekry of verraai is nie, en ek weet nie wat jy gedoen het om ander seer te maak of te verraai nie. Wat ek wel weet, is dat God jou liefhet. God bied jou Sy genade en Hy verlang dat jy dit sal neem en vryelik met ander deel.

Liefde Praat Die Waarheid

Jesus leer ons in die Skrif dat die waarheid die krag het om ons vry te maak. Sedertdien is hierdie stelling van Hom al aangehaal in howe, flieks en ontelbare ander plekke. Dit is ‘n pragtige gedagte, maar ook ‘n kragtige waarheid. Wanneer ons die moed vind om ons geheime te bely, is daar niks wat ons terughou in ons lewe en in ons liefde nie.

Ek het al telke male die waarheid van hierdie beginsel binne die verhoudings-dinamiek van die huwelik gesien. Vertroue is uiters noodsaaklik in enige gesonde verhouding, maar nog meer binne die konteks van die huwelik. Die huwelik is deur God geskep om ‘n verhouding van algehele eenheid en deursigtigheid te wees, en enige vorm van bedrog sal die fondasie van die huweliksverbond ondermyn. Ek sê gereeld aan paartjies: “Julle huwelik sal nooit sterker wees as julle vertroue in mekaar nie.”

As ‘n getroude paartjie mekaar nie kan vertrou nie, kan hulle nie volledig funksioneer nie.

Man en vrou moet saamwerk soos twee vlerke van dieselfde voël; as hulle nie in volle vennootskap saamwerk nie, sal die huwelik nooit van die grond af kom nie. Vertroue maak dit moontlik. Wanneer ons vertroue met geheimhouding vervang, stel ons onsigbare grense, wat die groei in ons huwelik inperk. Geheimhouding is die vyand van intimiteit.

Wanneer ‘n probleem weggesteek word, is daar niks wat jy kan doen om dit reg te stel nie. Wanneer dit blootgestel word, kan die genesingsproses uiteindelik begin.

Totdat ons in die spieël kan kyk en vrede kan maak met ons eie sonde en ons desperate behoefte aan God se genade, sal ons nooit in staat wees om na onsself of ander te kyk deur die lens van God se liefde nie. God wil hê ons moet ‘n hart hê wat liefde betoon aan dié mense wat onbeminlik is, want dit is wat Hy vir ons gedoen het.

God het ons meer lief as wat ons ooit kan verdien, en Hy vra ons om dieselfde vir ander te doen.

Liefde Vereis Toewyding

Liefde vereis toewyding en toewyding vereis dat jy afsien van jou ontsnappingstrategieë.

Een van my gunsteling voorbeelde van die verwydering van enige ontsnappingstrategieë, kom van die profeet Elisa. Die Ou Testamentiese boek van 1 Konings, vertel Elisa se buitengewone verhaal. God het Elisa geroep tot ‘n lewe van bediening, maar Elisa het die wysheid gehad om te verstaan dat die aanvaarding van sy roeping sou beteken dat hy sy huidige beroep moes laat vaar. Hy moes ‘n keuse maak tussen sy liefde vir God en sy behoefte aan familie en finansiële sekuriteit van sy tuiste.

Elisa was ‘n boer uit ‘n familie van boere. Sy vee en sy boerderytoerusting was ‘n teken van sy familie se beroep, sy erfenis en sy inkomste. Elisa wou nie die versoeking van ‘n gemaklike ontsnappingsroete in sy gedagtes hê op die dae wanneer sy nuwe lewe in die bediening moeilik raak nie.

Elisa wou heeltemal oorgee aan God.

Om terselfdertyd sy nuwe roeping te vier en sy toewyding aan God in die openbaar te vertoon, het Elisa vir homself ‘n baie unieke afskeidspartytjie gehou. Hy het al sy vee geslag en hulle vleis gaargemaak deur al sy boerderytoerusting te verbrand. Hy het letterlik en figuurlik sy ontsnappingsroete verbrand.

Soos wat hy daardie aand sy nuwe avontuur met vriende en familie gevier het, het hulle geweet hy sal nooit weer huis toe kom nie, omdat hy seker gemaak het dat hy niks oor het om na terug te kom nie. Hy het die versoeking verwyder. Hy het sy ontsnappingstrategie verwyder. Sy liefde vir God het hom gedring tot dramatiese toewyding.

God het Elisa se toewyding geëer.

Elisa het een van die mees betekenisvolle geestelike leiers in Israel se geskiedenis geword. Sy liefde, geloof en toewyding aan God, inspireer vandag nog mense regoor die wêreld.

Liefde floreer wanneer dit in toewyding geanker is. Maak seker dat jou geliefdes weet dat jou liefde nie net ‘n verbygaande gevoel is nie; dit is ‘n belofte van julle gedeelde toekoms. Koester ‘n dieper sin van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid teenoor jou geliefdes. Deur dit te doen skep jy vrugbare grond waar ewigdurende liefde kan wortel skiet.

Geestelike Toutrekkery…

In die warrelwind van jou nuwe lewe saam met Jesus, mag die volgende ontwaking soos ‘n stap terug eerder as ‘n stap vorentoe voel. God bied aan jou iets wat jy wil hê en nodig het—’n welkome tuiste. Iets binne-in jou mag dit egter teenstaan. Dit mag totaal en al onwerklik voel vir iemand wat so vêr en lank verdwaal was om deur sy Hemelse Vader verwelkom te word in Sy gesin—sonder om vrae te vra.

Hierdie deel in jou reis word die ontwaking tot liefde genoem. Teen hierdie tyd sê jy: “Ek verdien dit nie.” God se aanvaarding is net te ongelooflik. Wat God sê en doen is so teenoorgesteld van wat ons dink ons verdien. Ons kom tot die besef:

“God het my werklik baie lief.”

Jy kom seker nou agter hoekom ons van ‘n geestelike toutrekkery praat by jou tuiskoms. Ons het een stel oortuigings oor onsself en God het ‘n ander een. Ons kyk na ons verlede, een gevul met mislukking en skande en Hy kyk met liefde en deernis na wie ons is.

Daarom is hierdie ontwaking ‘n groot deurbraak. Ons besef miskien vir die eerste keer dat ons nie ‘n tweede kans verdien nie. Ons verdien nie om vergewe te word nie en ons verdien regtig nie dat God ons onvoorwaardelik liefhet nie.

Maar ons is! Jy is! Jy verdien dit nie, maar God gee dit in elk geval vir jou.

As jy soos die meeste mense is, ken jy die wysie van skaamte. Skaamte fluister: “Jy beteken eintlik niks” en “Jy verdien nie iemand se liefde nie” Skaamte skree: “Geen kanse meer vir jou nie!” Skaamte bring self-veroordeling. Wanneer ons vir die eerste keer genade ontvang, sê ons vir onsself: “Ek verdien dit nie.”

Moenie toelaat dat jou foute en mislukkings jou definieer nie. Dit is skaamte se stem. Jy is nie wat jy gedoen of nie gedoen het nie. Jy is nie wat aan jou gedoen is nie. Jy is wie God sê jy is. Sy kind.

Voel jy ‘n geestelike toutrekkery wat binne-in jou aan die gang is? Indien dit so is, hoe sal jy dit beskryf?

Watter soort doelwitte dra se God seën?

Nie elke doelwit wat jy vir jouself stel, is ‘n goeie doel en een wat God sal seën nie.

So, hoe weet jy watter doelwit God sal seën? Vra jouself die volgende vrae:

Sal my doelwitte God eer?

Watter soort doelwit bring eer aan God? Enige doel wat veroorsaak dat jy Hom meer moet vertrou, meer van Hom moet afhanklik wees, meer lief vir Hom sal word, om ander mense meer lief te hê, God ten volle te dien, ander te dien, om meer onselfsugtig te wees.

Die Bybel sê in 1 Korintiërs 10:31, “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.“. Alles kan gedoen word om God te eer. Jy kan die vullis uitneem om God te eer. Jy kan skottelgoed was om eer aan God te bring. Jy kan self leer vir ‘n toets om God te eer. Maar Hoe? Deur dit met die regte motief te doen: dankbaarheid. Indien jy wil hê dat jou lewe eer aan God moet bring, sodat jou doelwitte jou moet help om die beste te wees wat jy vir God se glorie kan wees.

Is my doelwitte gemotiveerd deur liefde?

God sal nie doelwitte wat word deur gierigheid, afguns, skuld, vrees of trots, seën nie. Maar Hy eer jou doelwit wat gemotiveer word deur ‘n begeerte om liefde aan Hom en ander te bewys, want die lewe gaan alles oor hoe om lief te hê.

Hoekom is dit belangrik vir jou om doelwitte te hê wat op liefde gebaseer is? Want as jy liefdelose doelwitte stel, gaan jy mense as projekte behandel. Jy gaan heeltemal oor hulle hardloop om jou doel te bereik. Jy gaan oor jou huwelik, jou vriende en ander mense hardloop terwyl jy op die leer van sukses klim. God sê, “Nee. Jy het dit alles verkeerd. Dit gaan nie oor prestasies nie. Dit gaan oor verhoudings. Dit gaan oor hoe om lief te hê.”

“Laat alles by julle in liefde geskied.” (1 Korintiërs 16:14). Die eerste doel in jou lewe moet wees om te leer om regtig lief te hê – jou familie, bure, onaangename mense, en diegene wat moeilik is om lief te hê.

Dit maak jou meer soos God, want God is liefde.

Selfbeheersing en Dissipline

Daar is twee verskillende lewens wat ek leef. Daar is die lewe wat ek liefhet, maar dit is so moeilik om in stand te hou, en daar is die lewe wat ek haat, maar dit is die lewe waarin ek so dikwels versoek word om uit te leef. Die eerste is ‘n lewe van dissipline en selfbeheersing, terwyl die tweede ‘n lewe van disorganisering en onstabiliteit is. Ek is lief vir die eerste lewe, maar skuif voortdurend na die tweede.

Die Bybel leer ons oor selfbeheersing en dissipline. Ons word geleer dat selfbeheersing ‘n vrug van die Gees is, ‘n afdruk van God se teenwoordigheid in ons lewens. Ons word beveel om onsself te ondersoek en te onderrug tot godsvrug, ons leer dit in die skrif wat sê Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.” (1 Timoteus 4:7), ons moet ons beywer om te werk vir gewoontes en patrone wat ons sal rig na heilige gedagtes, heilige begeertes en dan na ‘n heilige lewe.

Ek beskou selfbeheersing ‘n verlore “virtue”, ‘n kwaliteit wat ons so maklik ignoreer. Ek dink ons kan ongemaklik wees met die idee van selfbeheersing, want ons hou daarvan om genade te beklemtoon. Ek sien dit daagliks in my eie lewe en so dikwels in mense om my, op een of ander manier blyk dit vir my dat genade skouer aan skouer staan met vryheid, vryheid van struktuur, met vryheid van onbuigsaamheid. Ons ontvlam in die vryheid van die evangelie, terwyl ons nie besef dat die evangelie ons nie bevry van selfbeheersing nie, maar tog dwing na selfbeheersing. Omdat ons nie meer op ons gewoontes en patrone reken om ons tot redding te dissiplineer nie, kan ons hulle met vreugde mobiliseer om ons tot heiligmaking te dissiplineer.

Selfbeheersing en dissipline is geskenke wat ons kan gebruik om sonde te beperk en heiligheid te bevorder. Hulle is geskenke wat ons kan gebruik om ons ou gewoontes te voorkom en nuwe, beter patrone te bevorder.

Ek is lief vir my lewe van dissipline en selfbeheersing. Ek haat my lewe van verwarring en onstabiliteit. En tog wink daardie lewe altyd, dit is asof dit net nie wil verdwyn nie. Die oomblik wanneer ek begin afdwaal, dwaal ek weg van selfbeheersing en stuur ek direk af op chaos. Ek dryf weg van dissipline en dobber oor na disorganisasie.

As ‘n Christen word ek beïnvloed deur ‘n ou mens en ‘n nuwe mens, die mens wat ek was en die mens wat ek geword het. Die nuwe mens is lief daarvoor om elke oomblik as ‘n geskenk van God te sien wat goed bestuur moet word; Die ou mens hou daarvan om tyd te mors en geleentheid eerder uit te stel. Die nuwe mens sien die voordeel van ‘n gedissiplineerde lewe; Die ou mens dring daarop aan dat dit net nie die moeite werd is nie. Die nuwe mens sien dat patrone en gewoontes vernuwe kan word, oms bevry en geleenthede goed gebruik kan word; die ou mens skree dat dit swakheid is, ‘n kruk vir die persoon wat nie beter motivering het nie.

Soos die winter besig is om die pad aan te wys vir die komende lente – plaas die lente alles in plek vir die kommende somer se skedule wat plek plek soos chaos kan lyk – so terwyl die seisoen aan die begin van ‘n nuwe blyk is dit ook die einde van die vorige, ek strek my dan eerder uit om my verbintenis tot ‘n lewe van selfbeheersing in hierdie nuwe seisoen, ‘n lewe wat gedissiplineer word teenoor my godsaligheid, en dit te vernuwe. Dit is tyd vir my om my verbintenis tot ‘n meer lewendiger en meer selfbeheersende lewe vol van dissipline en net blote goedheid uit te leef, en dus my gewone waardes te hernu. Daar is geen beter tyd as nou nie.

Drie Siwwe tot Standaard

Ek spandeer baie tyd saam met mense. Onlangs, nadat ek ‘n paar groot byeenkomste bygewoon het, het ek meer as ooit gepraat met mense rondom my. Ek tel dit as ‘n seën, omdat ek daarvan hou om met mense te praat en hulle te leer ken. Ek is lief daarvoor om te hoor hoe mense oor hul lewens en hul ervarings gesels. Mense is eindeloos fassinerend.

Maar vandag dink ek terug na sommige van die gesprekke met ‘n mate van spyt, ‘n mate van skaamte. Ek dink terug en besef hoe vinnig so baie van die gesprekke na mense gewend het – na mense wat nie daar was gedurende die gesprek nie.

Dis nie dat die gesprekke almal vol skinder was nie. Nie heeltemaal nie. Dis nie dat die doel van ons gesprek was om ander mense te bespreek nie. Nie heeltemaal nie. Maar so dikwels het ander mense se name opgekom, en soveel keer het ek weggestap om ‘n bietjie slegter van ‘n ander persoon te dink, eerder as ‘n bietjie beter – [iemand wat nie eens daar was nie]. En so baie keer vrees ek dat die persoon met wie ek gepraat het, ook weggestap en dalk dit dink van die ander persoon, die ander broer of suster in Christus. As ons nie eintlik skinder het nie, het ons ten minste op daardie lyn getik.

Ek is verantwoordelik om sekerheid oor hierdie vrae te hê. Maar dis nie net ek nie. Waar ek ookal gaan, hoor ek mense praat oor ander mense, mense grap oor mense, mense wat inmeng met ander mense se doen en lates. Dit is by groot byeenkomste waar dit plaasvind, dit vind plaas in die kerk, dit vind plaas selfs in my eie woonkamer. Ons is so hard met ander en spreek ons self so maklik vry van dit. Ons is so vinnig om moeg te word vir ander se stories en verhale en ons raak so gou oortuig dat niemand ooit moeg kan word van ons stories of dalk eers daar oor sal wil praat nie.

Ek weet dit is nie die regte ding om te oordeel nie, maar ek dink dit raak dikwels aan my: As ander van my praat, soos ek van hulle praat, sal ek verwoes word. As ek kon hoor wat mense van my sê, en as hulle kon hoor wat ek van hulle sê, weet ek nie dat ek ‘n vriend op die aarde sou oor hê nie.

Hoekom doen ons dit? Hoekom is ons so eindeloos wreed?

Ek lees gister in Iain Murray se kort biografie van Amy Carmichael, waar hy een van haar gesegdes aangehaal: “Laat niks oor iemand anders gesê word nie, tensy dit deur die drie siwwe gaan: Is dit waar? Is dit goed? Is dit nodig? ” (Hierdie vrae klink asof hulle reguit uit Efesiërs 4:29 en ‘n hele versameling van Spreuke kom.)

Praat ek die waarheid oor ander? Ja. Maar spreek ek die hele waarheid, en praat ek in goedhartig en uit noodsaaklikheid? Nee, nie al die tyd nie. En ek vra selde dat ander om my ook sal stop om te praat oor die ander mense se welbehae wanneer hulle moeg is vir hulle.

Wat is waar, wat is goed, wat is nodig: Dit moet my standaard wees. Dit moet elke Christen se standaard wees. As dit so maklik klink, hoekom is dit so moeilik?

Die gevolge van om kerk te “Skip”

Ons samelewing raak al hoe meer geriefliker, ons hou van personalisering, en so baie van ons voel individualisme is wat aan die orde van die dag behoort te wees. Ons het miljoen maniere aangeleer om ons lewens aan te pas om perfek by ons te pas. Wanneer dinge moeilik gaan, vergeet ons maklik van ons verantwoordelikhede, ons organiseer ons lewens om dinge wat vir ons ongerief veroorsaak maar belangrik is op die kantlyn te plaas “nie weg nie – nooit” maar wel op die kantlyn: ons dink aan dit wanneer die nood lot roep natuurlik want baie keer skep dit vir ons ‘n ongemak of is dit net “plain” nie gerieflik nie. Dit kan selfs uitbrei na iets so eenvoudig wat goed is en tog neutraal voorkom en dan ons toewyding aan die plaaslike kerk affekteer.

Kerk Skip

Almal van ons wat by plaaslike kerke betrokke is, het al mense gesien wat baie waak-saam en ronddwaal in hul toewyding. Die meeste van ons moes al op een of ander manier die oproep na iemand uitbrei om hulle terug te laat keer na deelname binne die kerk, en selfs terug te kom na die dienste toe. Wanneer ons dit doen, draai ons gereeld na ons [go-to-teks], Hebreërs 10: 24-25, en soms help dit maar baie keer is dit eenvoudig net om ons eie gewetes te sus.

“Baie van ons dring daarop aan dat diegene wat nalaat om deel te neem in die plaaslike kerk sal geestelike versoeking, geestelike afwyking, en selfs geestelike dood teëkom. En terwyl dit alles waar is, is dit nie die klem van daardie gedeelte nie. Trouens, as ons die gedeelte op hierdie manier gebruik, wys ons nie die goddelike dringendheid agter die teks nie, maar ons eie diepgewortelde individualisme.”

Hier is wat Hebreërs 10: 24-25 sê: en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. Hierdie gedeelte waarsku egter ons wel van die ernstige gevolge van die kerk, maar die fokus is nie wat ons kan verwag deur ons Westerse geïndividualiseerde oë nie. Hierdie gedeelte waarsku ons nie dat wanneer ons kerk “skip” nie, ons onsself in gevaar stel nie. Inteendeel, dit waarsku ons dat wanneer ons kerk “skip”, ons eintlik ander mense rondom ons in gevaar stel. Die eerste sonde om kerk te “skip” is die sonde om nie ander lief te hê nie.

Die eerste sonde om kerk te “skip” is die sonde om nie ander genoegsaam lief te hê nie.

Die samekoms met ander gelowes, gaan nie oor die om geseënd te voel nie, maar om eerder ‘n seën te wees vir ander. Dit gaan ook nie oor om iets te ontvang wanneer ons bymekaar kom, maar veel eerder oor om te gee. Terwyl ons op Sondagoggend voorberei om te aanbid, moet ons eerste oorweging wees “hoe om mekaar te verwek tot liefde en goeie werke.” Ons moet Sondae doelbewus benader, oor wat ander graag wil doen, om vir hulle ‘n seën te wees. In daardie tye voel ons dat ons ywer afneem. As ons die versoeking voel om uit te gaan op ‘n Sondag of geheel en al te onttrek, moet ons ons Godgegewe verantwoordelikheid oorweeg om mekaar aan te moedig, en dus nog meer soos ons die dag sien. “Hierdie teks gaan nie oor ons nie, maar oor hulle. Hierdie teks is nie vir Christelike individue nie, maar Christelike gemeenskappe.

En natuurlik, ons verbintenis tot die plaaslike kerk is veel meer as ‘n verbintenis tot Sondagoggend od selfs sondagaand dienste. Dit is ‘n verbintenis aan ander mense deur ons hele lewe. Dit is ‘n verbintenis om een of twee keer per week saam met hulle te aanbid, dan saam met hulle te dien, hulle te dien en vir die hele week vir hulle te bid. Dit is om ons saam te bind in ‘n verbond waarin ons belowe om aan hulle goed te doen, om hulle die besondere doel van ons aandag en aanmoediging te maak. Dit is om te belowe dat ons ons geestelike gawes tot hul voordeel sal identifiseer en ontplooi, sodat ons hulle kan bedien, versterk en hulle so ook dan ‘n seën voor te wees.

Elke Christen het ‘n plek binne sy of haar plaaslike kerk. Elke gelowige is nodig in ‘n plaaslike gemeente. Elke Christen het verantwoordelikhede binne ‘n plaaslike kerk. Elke Christen is verbind tot die lede van ‘n plaaslike kerk en om hulle lief te hê, hulle aan te moedig en hulle in ywer tot op die dag van Christus se wederkoms aan te moedig om nie die dienste van hom of haar gemeente mis te loop nie.