Verhoudings

Die Apostel Paulus, wat verantwoordelik is vir die skryf van die grootste gedeelte van die Nuwe Testament, het van die mees dramatiese lewensveranderinge in die Bybel ervaar. Hierdie verandering in sy lewe was so buitengewoon, dat selfs sy naam van Saulus na Paulus verander het. 

Saulus het die Christene gehaat en wou hulle doodmaak. Paulus het die Christene vir die res van sy lewe liefgehad. Saulus het Jesus se volgelinge verag en rondgereis om hulle te vervolg. Paulus het vir Jesus op die pad ontmoet en rondgereis om Hom aan mense bekend te stel. Saulus het tyd met godsdienstige mense deurgebring om sodoende sy pad na God toe oop te werk. Paulus het sy tyd by gebroke mense deurgebring, terwyl hy God toegelaat het om deur hom te werk.

As jy wil verander wie jy is, sal jy moet verander saam met wie jy is. 

Eers het Paulus vir Jesus ontmoet, wat hom die lig gewys het. Daarna ontmoet hy vir Ananias, wat hom gehelp het om nuwe krag en sy sig (letterlik) te herwin. Daarna ontmoet hy vir Barnabas, wat vir Paulus in die bresse getree en aan die kerkleiers voorgestel het, toe hulle vir hom bang was. Die lys gaan aan en aan en vandag word Paulus waarskynlik as een van die mees doeltreffende leiers in die geskiedenis gereken. 

Net soos Paulus, mag jy dalk naby die verhouding wees wat die beloop van jou lotsbestemming gaan verander. Wanneer jy tyd saam met ander deurbring, moenie net reageer op die mense wat na jou vra nie. Bring tyd deur met veeleisende mense, dié wat jou onder druk plaas en selfs hulle wat jou verwar. 

Leer by Paulus en knoop ‘n gesprek aan met iemand wat jy kritiseer.

Ons beoordeel dikwels dit wat ons nie verstaan nie. Moenie net gesprekke aanknoop met mense van jou ouderdom, in jou beroepsveld, of dié met soortgelyke ervarings nie. Voel jy vasgeval? Soek iemand wat ‘n paar treë voor jou is. As jy 30 is, maak vriende met ‘n 40-jarige en vra hulle hoe verskillend hulle nou oor dinge dink teenoor die tyd toe hulle 30 was. 

Wees voorbereid om baie te luister, belangrike vrae te vra, en goeie voorbeelde te volg. Moenie net na-aap wat ander doen nie, maar leer hoe hulle dink. 

Laastens: indien jy nog nie ‘n verhouding met Jesus begin het nie, mag jy naby ‘n verhouding wees wat die beloop van jou lotsbestemming gaan verander. Ek weet dis wat met my gebeur het. Die laaste Skrifgedeelte van vandag se oordenking is die Apostel Paulus se beskrywing van hoe dit kan wees. 

Gesels met God: God, U weet wie U my gemaak het om te wees. Kan U my help om te verstaan met wie ek moet vriende maak? Gee my die wysheid en krag om die regte verhoudings aan te knoop.

Goddelike verbindings

’n Belangrike ding om te begryp omtrent die vervulling van ’n droom, is dat daar Goddelike verbindings op jou reis sal wees. Wat bedoel ek daarmee? Om jou droom te vervul, sal God mense oor jou pad bring wat jou sal help om jou doel te bereik – mense wat jy dalk nooit verwag het om te ontmoet nie. Dit mag dalk op ’n manier gebeur wat jou verstom laat met die besef dat slegs God dit kon gereël het.

Elke mens wat jy teëkom, is ’n moontlike Goddelike verbinding; iemand se pad kruis met joune ter wille van ’n groter doel en roeping. Sekere gebeurtenisse kan ook jou afspraak met jou roeping wees. ’n Goddelike verbinding is iets wat groter as jy is ‒ daarom is dit ’n Godgegewe konneksie. Daardie Goddelike verbinding kan iemand wees wat vir jou ’n deur oopmaak om werk te vind of dit kan iemand wees wat ’n prikkelende vraag vra wanneer dit nodig is.

Dit kan onverwags en skielik gebeur, dus moet ons op die uitkyk wees daarvoor. Jy kan nie bloot passief wees nie. Moenie bang wees om daaroor te droom en te praat nie. Wanneer daardie persoon oor jou pad kom, sal jy dit in jou binneste weet. Jy sal weet dat hierdie persoon oor jou pad gekom het om jou met jou reis te help. Jy sal begin om sin in ’n gewone lewe te sien.

Daardie mense kan jou inspireer met hul stories om nuwe moontlikhede te visualiseer en jouself los te maak van ou maniere van dink en glo wat van geen waarde is nie. As jy jou roeping wil uitleef, kan jy dit nie alleen aanpak nie. Jy het ander mense nodig. Jy het Goddelike verbindings nodig wat – dalk selfs onwetend – die volgende deur op jou pad vir jou sal oopmaak sodat jy kan deurstap.

Hierdie mense wat jy teëkom, sal dalk nie eers daarvan bewus wees dat hulle ’n Goddelike verbinding in jou lewe is nie.

Drie Siwwe tot Standaard

Ek spandeer baie tyd saam met mense. Onlangs, nadat ek ‘n paar groot byeenkomste bygewoon het, het ek meer as ooit gepraat met mense rondom my. Ek tel dit as ‘n seën, omdat ek daarvan hou om met mense te praat en hulle te leer ken. Ek is lief daarvoor om te hoor hoe mense oor hul lewens en hul ervarings gesels. Mense is eindeloos fassinerend.

Maar vandag dink ek terug na sommige van die gesprekke met ‘n mate van spyt, ‘n mate van skaamte. Ek dink terug en besef hoe vinnig so baie van die gesprekke na mense gewend het – na mense wat nie daar was gedurende die gesprek nie.

Dis nie dat die gesprekke almal vol skinder was nie. Nie heeltemaal nie. Dis nie dat die doel van ons gesprek was om ander mense te bespreek nie. Nie heeltemaal nie. Maar so dikwels het ander mense se name opgekom, en soveel keer het ek weggestap om ‘n bietjie slegter van ‘n ander persoon te dink, eerder as ‘n bietjie beter – [iemand wat nie eens daar was nie]. En so baie keer vrees ek dat die persoon met wie ek gepraat het, ook weggestap en dalk dit dink van die ander persoon, die ander broer of suster in Christus. As ons nie eintlik skinder het nie, het ons ten minste op daardie lyn getik.

Ek is verantwoordelik om sekerheid oor hierdie vrae te hê. Maar dis nie net ek nie. Waar ek ookal gaan, hoor ek mense praat oor ander mense, mense grap oor mense, mense wat inmeng met ander mense se doen en lates. Dit is by groot byeenkomste waar dit plaasvind, dit vind plaas in die kerk, dit vind plaas selfs in my eie woonkamer. Ons is so hard met ander en spreek ons self so maklik vry van dit. Ons is so vinnig om moeg te word vir ander se stories en verhale en ons raak so gou oortuig dat niemand ooit moeg kan word van ons stories of dalk eers daar oor sal wil praat nie.

Ek weet dit is nie die regte ding om te oordeel nie, maar ek dink dit raak dikwels aan my: As ander van my praat, soos ek van hulle praat, sal ek verwoes word. As ek kon hoor wat mense van my sê, en as hulle kon hoor wat ek van hulle sê, weet ek nie dat ek ‘n vriend op die aarde sou oor hê nie.

Hoekom doen ons dit? Hoekom is ons so eindeloos wreed?

Ek lees gister in Iain Murray se kort biografie van Amy Carmichael, waar hy een van haar gesegdes aangehaal: “Laat niks oor iemand anders gesê word nie, tensy dit deur die drie siwwe gaan: Is dit waar? Is dit goed? Is dit nodig? ” (Hierdie vrae klink asof hulle reguit uit Efesiërs 4:29 en ‘n hele versameling van Spreuke kom.)

Praat ek die waarheid oor ander? Ja. Maar spreek ek die hele waarheid, en praat ek in goedhartig en uit noodsaaklikheid? Nee, nie al die tyd nie. En ek vra selde dat ander om my ook sal stop om te praat oor die ander mense se welbehae wanneer hulle moeg is vir hulle.

Wat is waar, wat is goed, wat is nodig: Dit moet my standaard wees. Dit moet elke Christen se standaard wees. As dit so maklik klink, hoekom is dit so moeilik?