Nederigheid bring Wysheid

Wysheid en nederigheid gaan hand-aan-hand. Wysheid en nederigheid is ineen verweef. Nederigheid bevat ‘n enorme aantal waardevolle inhoud. Wysheid is inderdaad een van die hoog-aangeskrewe hulpbronne. As jy wysheid begeer, sal jy nederig moet leef. Nederigheid bring wysheid tuis soos wat ‘n chauffeur sy kliënt by sy bestemming besorg. Wysheid en nederigheid reis saam. In sekere opsigte voer nederigheid die bo-toon oor wysheid. Nederiges begryp dat hulle die wysheid van God nodig het. Jy kan nie voorgee dat jy ‘n self-aangestelde meester is wat dink hy weet reeds alles nie. Christus se denke en nederigheid se begrip moet paaie kruis. Nederigheid is slim genoeg om te erken wat dit nie weet nie. :

Te veel dinge in die lewe is buite mense se begrip. Daar moét meer wees as wat die mens kan begryp.

Met ons beperkte verstand en begrip is ons nie objektief genoeg om te bepaal wat die beste keuses is nie. Ons het God se Wysheid nodig wat ons denke kan deurspoel en Sy Geregtigheid in ons kan agterlaat. Nederigheid plaas ons in ‘n posisie om wysheid van God en ander mense te ontvang. Dit is ‘n groeiproses. Selfs Jesus het in wysheid gegroei. (Lukas 2:52)

Trots weerhou jou daarvan om wysheid te kan ontvang.

Dit is soos ‘n krieketspeler wat veldwerk gaan doen as hy agter die paaltjies moet staan. Vanaf die oomblik wat die bal geslaan word, is hy op die verkeerde plek. Daar is niemand om die kolwer uit te vang nie. Sonder nederigheid is jy op die verkeerde plek om wysheid te ontvang. Jy mag selfs wysheid begeer, maar sonder nederigheid sal jy nie hemelse instruksies kan ontvang nie. God sal baie selde vir ‘n trotse persoon wysheid gee, want Hy weet so iemand kan nie vertrou word nie. Waarom sulke waardevolle inligting aan iemand gee wat dit gaan verkwis of alles net tot sy eie voordeel gaan aanwend? God weet dat iemand wat nederig is ‘n goeie rentmeester van wysheid is. Nederigheid laat inderdaad ‘n honger na wysheid ontstaan. Nederigheid smag na selfs die kleinste brokkies wysheid. 

As jy eers jou geestelike dieët aangepas het om wysheid te bekom, sal jy nooit weer die gemorskos van aardse wysheid wil hê nie. (1 Korintiërs 1:20-30) Die wêreld se wysheid is in trots gesetel. Dis ‘n magstryd om te sien wie is die skelmste en vinnigste om die opponent te uitoorlê. Vir ‘n trotse persoon is alles ‘n kompetisie. Hy gebruik sy eie invloed om homself in die regte posisie te kry. Daarenteen wat die nederige mens geduldig op God. Wysheid wat uit nederige vertroue in God gebore word, gaan gepaard met ywerigheid en vasberadenheid. Trots en skande is maats. Trots mag dalk help dat jy kry wat jy wil hê, maar dit laat ‘n spoor van oneer. 

Wees liewers nederig en lewe met wysheid.

Wysheid bring rus; wysheid is genadig; wysheid gee resultate sonder berou. Nooi God se genadige wysheid in jou lewe in met nederigheid.

Minderwaardigheid

Ons volgende ou is eintlik ’n anti-held. Met ander woorde, hy beskik nie oor die gewone karakter eienskappe van ’n held nie. Koning Saul se grootste fout is dat hy nie homself in lyn met God instel nie, met ander woorde homself nie op God rig nie.

Dink aan ’n motorband met foutiewe belyning. Die hele motor trek na die een kant toe en jy moet gedurig oorkompenseer om in die regte rigting te bly beweeg. Dis wat gebeur wanneer jou hart en gedagtes nie in lyn met God is nie – jy word van koers af gedwing en jy sukkel om op die regte pad te bly.

Saul se siening van homself is eerstens nie in lyn met wat God oor hom en sy toekoms sê nie. God stel Saul aan om oor Israel te heers, maar Saul weier om te glo dat hy dit werklik kan doen. Later, toe die stamme byeengekom het om te sien hoe Saul as koning bekendgestel gaan word, was hy nêrens te vinde nie, omdat hy tussen die bagasie weggekruip het.

Wanneer God ons roep om iets belangrik te doen….

Wanneer God ons roep om iets belangrik te doen, is dit nie omdat ons reeds so belangrik is nie. God kan “… dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord.” (Romeine 4:17) Dan sal God dit in ons en deur ons laat gebeur. God het vir Abraham gesê dat Hy hom die vader van baie nasies sal maak, toe Abraham nog kinderloos was en Sara al te oud was om kinders te kry. Die verskil tussen Abraham en Saul is dat Abraham “ten volle daarvan oortuig was dat God mag het om te doen wat Hy beloof het.” (Romeine 4:21)

Soms verwar ons minderwaardigheid met nederigheid.

Maar “ware nederigheid is nie om minder van jouself te dink nie, dit is om minder aan jouself te dink” (Dit is ’n aanhaling deur Rick Warren wat dikwels verkeerdelik aan CS Lewis toegeskryf word.) Koning Saul se minderwaardigheid is geheel en al op homself gerig. Hy dink altyd aan homself, selfs wanneer hy min van homself dink!

Tweedens is Saul se gedrag nie in lyn met God se planne en doelwitte nie. Saul is óf ongehoorsaam, óf slegs gedeeltelik gehoorsaam (wat eintlik dieselfde ding is). ’n Goeie voorbeeld is wanneer God spesifiek vir Saul instruksies gee om die hele nasie van die Amalekiete te vernietig – ál die mense, hul diere en hul besittings. Maar Saul en sy manne spaar Koning Agag se lewe en hou alles waarvan hulle hou, insluitend al die beste skape, bokke en beeste. Dan reis Koning Saul na Karmel om vir homself ’n gedenkteken op te rig.

Eintlik wil Saul dus God se hulp hê sonder om dinge volgens God se wil te doen.

Terwyl Saul sy oorwinning vier, sien God hom as ’n koning wat misluk het as gevolg van sy hardkoppigheid en rebelsheid. Die Here sê selfs vir Samuel, “Ek is bedroef daaroor dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My af weggedraai en nie my opdragte uitgevoer nie.” (1 Samuel 15: 10 – 11)

Saul draai nooit terug na die regte pad nie.

Toe Samuel hom konfronteer oor waarom hy nie al die Amalekiete vernietig het nie, het Saul sy manskappe blameer en gemaak asof hy beplan het om die buit aan God te offer (sien 1 Samuel 15:20 – 21). Omdat hy nooit sy belyning met God herstel nie, dwaal Koning Saul verder en verder van God se pad af.

Ek sluit gewoonlik af deur my te verbeel wat ons held vir my sou sê as hy vandag hier was. Maar kom ek sluit die keer af met iets wat God vir Samuel sê wanneer hy gaan om Koning Saul se opvolger, Dawid, te salf: “Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” (1 Samuel 16:7)

7 dinge hoekom jou kerk jou nodig het.

Nie te lank gelede het ek die geleentheid gehad om te praat met ‘n byeenkoms van jong volwassenes van verskeie kerke regoor ons dorp. Ek het gekies om te praat oor hoe enige Christen (nie net jong volwassenes nie) ‘n kerk beter en sterker kan maak. Hier is ‘n paar van die dinge waarmee ek opgekom het: 7 dinge hoekom jou kerk jou nodig het.

Jou kerk het jou nodig omdat …

…Wees nederig

Daar is geen karakterkwaliteit belangriker as nederigheid nie. Terwyl nederigheid nie vanselfsprekend by enige van ons opkom nie, kan dit geleer word, want hier is die ding:

Blog Pop-Up's

Nederigheid is nie ‘n gevoel of houding nie – dit is aksie. As jy nederigheid wil leer, moet jy nederig wees.

Hier is drie vinnige wenke om nederig te word:

  • Vind volwasse Christene wat nederigheid uitbeeld en spandeer bietjie tyd saam hulle. Leer van hulle en leer om soos hulle te wees.
  • Melt-aan as ‘n vrywilliger vir die laagste van take. Moenie vra om in die publieke oog te wees wanneer jy dien nie, maar wees tevrede om agter die skerms te bly. Vind vreugde om die taak te verrig wat niemand wil doen nie en doen hulle wanneer en waar slegs Jesus jou sal kan sien.
  • Leer Jesus ken. Dit was Jesus wat gesê het: “Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.(Mattheus 23:12). En dit was Jesus wat Homself die meeste verneder het en wat tans die hoogste verhewe word.

… Prioritiseer Kerk

Elke kerk het mense wat die openbare byeenkomste van die kerk ‘n lae prioriteit maak. Dit is die mense wat eers in die kerk kom wanneer dit gerieflik is en wat enige verskoning gebruik om dienste te mis of ‘n geleentheid te vermy. Elke kerk benodig desperaat mense wat die openbare byeenkomste hul hoogste prioriteit sal maak. Vandag is die dag om te begin prioritiseer die belangrikheid van jou kerk se aktiwiteite in jou lewe.

Laat ek jou twee redes gee hoekom:

  • Eerstens het jy jou kerk nodig. God het vir jou deel van jou kerk gemaak. Jy kan nie die lewe op jou eie doen nie. Jy is nie sterk genoeg nie, jy is nie wys genoeg nie, jy is nie volwasse nie, jy is nie godvresende genoeg nie. Sonder die pragtig gewone genademiddel wat jy in die kerk ervaar, sal jy dit nie maak nie. Sonder die ondersteuning van jou broers en susters in Christus, sal jy dit nie maak nie.
  • Tweedens, jou kerk het jou nodig. God het jou deel van jou kerk gemaak vir die goeie van ander. (1 Petrus 4:10) sê: “Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.” God het jou begaafd om deel te wees van jou kerk, en daardie gawes moet vir die goeie gebruik word, van ander mense. So prioritiseer die kerk as ‘n uitdrukking van vrygewigheid teenoor ander.

… Oorweeg om God ‘n dag te gee

Hoekom oorweeg jy nie om ‘n hele dag van die week opsy te sit en dit op ‘n spesiale manier aan die Here te gee nie? Ons glo dat die Ou Testamentiese wet in Christus vervul is, alhoewel daar ‘n mate van meningsverskil onder Christene is oor die implikasies daarvan. Maar selfs as jy glo dat die Sabbats bevel nie meer vir ons bindend is nie, is daar nog steeds waarde in wat daaruit geleer kan word.

Dit verander heeltemal jou Sondag wanneer jy die hele dag aan die Here en sy mense gee. Nou hoef jy nie te besluit of jy daardie klas moet neem of by die klub aansluit wat Sondagmiddae ontmoet nie. Jy staan nie kerk toe tydens eksamentyd nie, want jy kan altyd rondom dit studeer waneer jy nodig het om dit te doen. Wanneer jy ‘n dag aan God gee veroorsaak jy dat al daai sorge van die lewe, en selfs baie van die vreugdes van die lewe, dan ‘n hele dag kan besit waar jy tyd belê om God te aanbid, die gemeenskap en ander te dien.

… Leef soos ‘n Christen die hele week lank

Dit is maklik genoeg om ‘n Christen by die kerk te wees, maar dan kom jy huis toe, baie gaan selfs na ‘n werk toe, baie gaan dalk ook skool toe. En dan is jy omring deur mense wat goddeloos optree, en selfs erger, jy word saam met jou eie gedagtes en jou eie begeertes oorgelaat. Tog moet ons soos ons in kerk ons hele week lank soos ‘n Christen lewe.

Nederig 1Elkeen van ons staan voor verskillende uitdagings en verskillende versoekings. Maar ‘n sleutel tot die lewe van ‘n Christen is, om die hele week elke dag tyd te spandeer in God se Woord en in gebed. Maak dit ‘n prioriteit, maak nie saak hoe besig jy is nie en maak nie saak hoe mal jou  lewe mag lyk nie. Maak dit iets wat jy doen, maak nie saak hoe erg jy gesondig het en hoe min jy daarvan hou om dit te doen nie. Bid daagliks nie net vir jouself nie, maar vir jou kerk. Neem daardie lidmaatskap letterlik op en bid vir jou kerk van A tot Z en begin dan weer. Maak jou lewe ‘n toegewyde lewe, iets wat jy nie net vir die goeie van jouself doen nie, maar vir die goeie van ander.

… Leer mense ken wat nie soos jy is nie

Kerke is onwillekeurige gemeenskappe. Ons kan nie kies wie na hulle toe kom nie, God doen. Dus, wat ons moet doen, is om hierdie mense te ondersteun en saam hulle te leer om ander mense lief te hê, selfs as hulle baie anders as ons is. “Want soos in een liggaam het ons baie lede, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie, so is dit met ons, alhoewel ons soms baie is, is ons een liggaam in Christus en individuele lede van mekaar.” As jou kerk so verdeel is dat al die jong volwassenes alleen eenkant kuier en al die ouer mense op ‘n ander plek alleen saam is, dalk party mense met aksente op een plek saam drom en al die ander mense sonder daai aksente hang saamuit op ‘n ander gebied, dit spreek nie van die ware evangelie dan nie, want die ware evangelie is kragtig genoeg om mense werklik lief te hê, al is hulle anders.

So poog om mense wat nie soos jy is, beter te leer ken. Daar is geen rede dat jy nie kan sê dat sommige van jou beste en naaste verhoudings met mense is wat baie anders as jy is nie.

… Leer vrygewigheid aan

Min dinge openbaar die hart beter as geld. Geld het ‘n wonderlike manier om te wys wat jy regtig glo en wat jy regtig waardeer. Maak nie saak wie jy is of watter stadium van jou lewe jy is nie, daar is geen beter tyd as nou om te leer vrygewig te wees met jou geld nie. Hier is wat die Bybel sê: Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief. (2 Korinthiërs 9:7) Jy moet gee, en jy moet leer om dit vrolik te doen.

Hier is net twee vinnige wenke:

  • Onthou dat dit nie jou geld is nie. Die geld behoort aan God – Hy gee dit net aan jou om dit te bestuur, en Hy gee dit vir jou om dit goed te bestuur tot Sy heerlikheid.
  • Gee eerste aan die Here. Ek ken mense wat sê dat hulle nie aan die kerk kan gee nie, en tog het hulle ‘n nuwe selfoon en koop elke nou en dan ‘n nuwe motor en hou drie keer per jaar vakansies. Die somme maak nie sin nie. Leer om die eerste en beste van jou geld aan die Here te gee. Hoe moeiliker dit lyk, hoe meer moet jy dit doen.

… Wees ‘n goeie lidmaat

Maak jouself van onskatbare waarde by jou kerk, en doen dit deur ander mense te dien. Ek hou daarvan om die gedeelte in Handelinge 9 te lees van Tabita (Wildsbokkie), die vrou wat Petrus uit die dood opgewek het, wat beskryf is as “sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.” (Handelinge 9:36b). “Toe Petrus daar aangekom het, het hy saam met hulle na die bokamer gegaan waar Tabita se liggaam gelê het. ’n klompie van haar vriendinne, almal weduwees, het daar om haar gestaan. Hulle was baie hartseer. Hulle het vir Petrus van die klere gewys wat sy gemaak het toe sy nog geleef het. Tabita was ‘n groot kerkmens. Sy het mense baie liefgehad, en sy het soveel goed gedoen, dat die hele gemeenskap getreur het toe sy gesterf het.

Sal die mense van jou kerk hartseer wees as hulle jou onthou vir al die goeie wat jy aan ander gedoen het?

Sou dit jy wees? Sal die mense van jou kerk hartseer wees as hulle jou onthou vir al die goeie wat jy aan ander gedoen het? Vind die plek waar jy by jou kerk kan dien, en sonder versuim daag op sonder gebrek, met lofprysing in jou hart daag op en dien. Doen dit vir die goeie van ander en vir die heerlikheid van God.

Trots Nederigheid

Trots

Soms lyk trots so vreeslik en selfs soos ‘n duppel na nederigheid. Daar is tye dat trots ons oortuig om ‘n goeie vertoning te hou van wat vir die hele wêreld lyk soos nederigheid sodat ons deur ander gesien en erken kan word. Ons swel met trots wanneer ons hoor, “Hy is nederig.” Dit is ‘n moeilike ding, die menslike hart wat geneig is om ons sowel as ander te mislei.

Die apostel Paulus was werklik ‘n nederige man. Hy het ‘n diep bewustheid van sy eie sonde en ‘n diep gevoel van sy eie onwaardigheid voor God gehad. Toe hy aan die kerk in Philippi geskryf het, het hy grootliks geskryf om te verduidelik dat hy homself die hoof van sondaars was. Hy het met skaamte onthou dat hy die Here selfs vervolg het (Fil 3: 6; Handelinge 9: 4). Hy het hom baie verootmoedig.

En toe hy aan die kerk geskryf het, het Paulus ook vir hulle gesê: “Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.” (Fil.3: 17). Dit was dalk die trotsste woorde wat hy ooit gespreek het. Hy kon die neiging van elke hart verbaleer, dat die wêreld ‘n beter plek sou wees as almal net soos ons ‘n bietjie meer was. “Imiteer my! Ek het hierdie Christelike lewe reeds uitgepluis. Loop die pad soos wat ek wandel en jy sal “OK” wees.”

Maar was dit trots wat gepraat het? Ek dink nie so nie.

“Broers, moedig my aan en hou julle oë op diegene wat wandel volgens die voorbeeld wat julle in ons het.” Dit was dalk die nederigste woorde wat Paulus ooit gepraat het. Toe Paulus na sy lewe kyk, sien hy onmiskenbare bewyse van God se genade, en al wat hy kan doen, was wonder. As ‘n fariseër, het hy nou die skoonheid van genade gesien; As ‘n vervolger, was hy nou bereid om vervolg te word; As ‘n persoon trots op sy geslag omdat hy ‘n Jood van alle Jode was, het hy nou geweet dat dit hom geen voordeel gegee het nie. Sy lewe het bewys gegee van God se genade in elke deel daarvan. Paulus het dit geweet en Paulus was bly.

Terwyl hy na God se transformerende genade gekyk het, kon hy nederig sê: “Wees soos ek.” Hy het nie aandag gegee aan sy eie aangebore vaardighede of sy eie ywer nie. Hy het net gekyk na wat hy deur die genade van God geword het en aan die mense wat hy liefgehad het, vertel het dat hulle dieselfde genade moet vertoon.

En wat van jou?

Wat weerhou jou daarvan dat jy nie die nuwe Christen aanroep in jou lewe as voorbeeld te gebruik om Christus te volg nie? Wat hou jou van praat met die persoon wat jy liefhet en sê, “Volg my voorbeeld hier”? Kan dit nederigheid wees? Dit is moontlik, maar onwaarskynlik. Dit is baie meer waarskynlik dat trots jou terug hou, dat jy te trots is om genade te sien waar dit bestaan, om daardie genade as ‘n werk van God te erken en ander te nooi om dit na te boots.