8x Maniere Om God Se Wil Te Ontdek

In ons soektog om God se wil vir ons lewens te verstaan en na te jaag, het ek hier agt maniere uiteengesit hoe die Vader ons help om Sy wil te ontdek en die planne wat Hy vir ons het. 

  1. Gemeenskap Met God Deur Die Skrif  God leer ons deur middel van Sy woord hoe die Christen se lewe behoort te lyk, wat nie meer by ons pas nie en hoe om die strikke van die lewe te vermy (2 Tim. 3:16-17). Die Bybel leer ons dus wat die Vader van ons verlang en help ons om dit te bereik. Dis Sy handleiding vir die lewe. Hy sal ons nooit na iets lei of sê om iets te doen wat Sy woord weerspreek nie.
  2. Omstandighede Van Die Lewe — God praat met ons deur die omstandighede in ons lewens — waar Hy ons plaas, die omstandighede waarin ons onsself bevind en die mense met wie Hy ons omring. Hy is heeltyd aan die werk in ons lewens, oomblik-vir-oomblik, om ons in Sy wil te lei en dit deur ons te bereik. (Rom. 8:28).
  3. Raad — God praat met ons deur die goddelike raad van ander gelowiges. Soms het ons die hulp van ander Christene nodig om te weet wat om op gebiede te doen waarmee ons nie vertroud is nie. Dis hoekom die Skrif ons vermaan om mekaar in liefde te onderrig, met ‘n skoon gewete en in opregte geloof (1 Tim. 1:5). 
  4. Gewete — Nog ‘n faktor om God se wil te onderskei, is deur ons gewete, daardie stemmetjie in ons wat as ‘n morele filter dien. Dis die waarskuwing as ons in die versoeking kom om iets te doen wat nie reg is nie, of wanneer ons die verkeerde pad wil loop (Rom. 2:14-15).
  5. Gesonde Verstand — Die Geesbeheerde gelowige behoort sy denke en gesonde verstand te gebruik om die wil van God te onderskei (Titus 2:11–12).
  6. Verpligting — Die Here gee jou die sterk begeerte of die drang om Sy wil te doen, volgens die aansporing van Sy Heilige Gees (Fil. 2:13)
  7. Tevredenheid — Ons onderskei God se wil deur die tevredenheid of kalmte wat ons voel as ons iets doen. Wanneer jy teen die Here werk, sal jy geestelike wrywing ervaar, wat jou ongemaklik laat voel; wanneer jy in die wil van God is, sal jy vrede ervaar (Fil. 4:7). 
  8. Kommunikasie Met God Deur Middel Van Gebed — Wanneer ons ons vrae en kommer in gebed na God toe bring, belowe Hy om ons te laat verstaan wat ons ervaar en Hy sal ons help om sy begeerte vir die toekoms te verstaan (Ps. 119:105).

God is deurentyd besig om Sy hulpbronne namens ons te gebruik. Hy is die Een wat al die maniere gebruik wat hier bo genoem is, om vir jou Sy wonderlike wil vir jou lewe te wys.

Moenie bang wees dat jy die Vader se wil sal misverstaan of Hom verkeerd sal verstaan nie. Hy kan baie duidelik praat en sal jou bemagtig om te doen wat Hy jou ook al vra om te doen. 

Al wat jy moet doen is om aandag te gee aan Hom, te luister en dan gehoorsaam te wees.

Ontdek jou passie

Die ontdekking van jou passie is ’n noodsaaklike bestanddeel in die proses om jou roeping uit te leef. Passie is ’n baie sterk voorliefde of begeerte. As ons passievol is oor iets, sal dit die innerlike motivering wees wat jou deursien, ongeag die situasie of omstandighede. Selfs al is jy nie bewus van wat jou passie is nie, is dit ’n pêrel wat verborge bly totdat jy dit ontdek.

Jou passie is iets wat jy baie graag doen en wat jou energiek laat voel – as dit nie jou passie is nie, sal dit jou uitgeput laat voel. In Spreuke 22:6 lees ons dat ons aan ons kinders leiding moet gee volgens hul individuele gawes.

  • Wat omtrent jou?
  • Hoe kan jy jou passie ontdek?

As jy iets doen waaroor jy sterk voel, sal jy so ’n vervulling ervaar dat lofbetuigings onnodig word. Die resultate wat jy behaal, sal jou beloning word, jou met ’n gevoel van verwondering en tevredenheid vul.

Staan tyd af om die volgende vrae te beantwoord. (Dit sal jou lei om te sien wat jou passie is:)

1. Wat is jou belangstellings? Vind eendersdenkende mense met dieselfde belangstellings en laat hulle jou inspireer.

2. Wat geniet jy om te doen – wat maak jou opgewonde?

3. Wat gee jou soveel bevrediging dat jy dit sou doen selfs al word jy nie daarvoor betaal nie?

4. Watter ervarings in jou lewe was hoogtepunte, en hoekom staan dit vir jou uit?

5. Wat, en hoe, geniet jy om te gee?

6. Watter dinge of situasies is vir jou moeilik?

7. Waarvan hou jy nie, en wat wil jy beslis nie doen nie?

8. Met watter groepe mense verkies jy om mee te werk en geniet jy om by te wees?

9. Wanneer jy na jou antwoorde kyk, sal jy jou passie te voorskyn sien kom. Som nou jou passie in twee of drie sinne op.